Danie & Rozane se strand wegbreek troue

Danie en Rozane se troudag mag dalk in ‘n vreemde land gewees het, maar vir die twee het dit glad nie vreemd gevoel nie want al wat hulle werklik daar nodig gehad het was mekaar. Lees onder meer oor hoekom hulle saam besluit het, dat dit die beste sou wees om ‘n wegbreek troue te hê asook hoe hulle hul ouers, familie en vriende in gedagte gehou het tydens hierdie besluit.  Die fotos op die wit strande is asemrowend en sal beslis nog vir baie lank teen die nuwe paartjie se mure tuis kan hang. Maak ook seker om heel onder aan die artikel hul wegbreek troue video te kyk, dis beslis iets wat jou hartsnare sal roer!

Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle aangetrek tot mekaar?

Ons eerste ontmoeting was gereel deur ‘n gesamentlike vriendin in 2010, sy het gedink ons kan goed bymekaar pas.  Ons was nie alleen nie, en was stil in gesprek met mekaar.  Ons het natuurlik gehou waarvan ons sien van die eerste oomblik af voor ons mekaar werklik leer ken het.  Rozane se oë en die manier hoe sy met Danie gepraat het was vir hom so mooi en ook haar ‘liggaams bou’.  Danie se perfekte voorkoms en mooi gesiggie was wat Rozane se kneë geknak het, en die feit dat hy sportief is.

Wat was die tema van die troue en waar het jul julle inspirasie gevind?


Die styl wat ons gekies het vir ons groot dag, was ‘n wegbreek troue.  Dit het afgespeel op die strand by die Lux Resort in Le Morne, Mauritius. Die inspirasie om ‘n wegbreek troue te hou, het gekom van hoe tydsaam en stresvol dit kan wees om ‘n tradisionele troue te reël en dan gaan die groot dag so vinnig verby. ‘n Vriendin het die venue aan ons voorgestel en na baie oorweging en vergelykings was dit voorwaardelik die mooiste, natuurskoon venue wat ons kon kry.  Die vyf-ster Oord het beslis elke oomblik spesiaal vir ons gemaak.

Was julle met wittebrood?


Ons het na die wegbreek troue aangebly by Riu Le Morne in Mauritius.  Ons was in totaal vir agt dae in Mauritius en dit was werklik ‘n besonderse ervaring.  Die standaard van diens lewering is besonders goed, en elke oomblik van die blou skoon water, seil op ‘n catamaran, swem saam met dolfyne in die see se ooptes, mooi wit strande en die diverse kulture rondom jou, vat jou werklik uit jou tuiste. Ons was bederf met geskenkies en sjampanje en kon eet soveel as wat ons wil.  Dit het ingesluit soveel mengeldrankies as wat ons wou!

Wat sou jul verander het as jul kon?


Daar is absoluut niks wat ons sal verander nie.  Die trou styl het min stress veroorsaak, en die stress wat voorgekom het, was nie oor ons groot dag nie. Ons het meestal gestres oor die gedeeltes wat traditioneel was en die uitsluiting van familie en vriende – en ons het nie een familielid of vriend verloor deur die prosess nie.  Ons sal wel langer wou aanbly!

Advies wat julle aan ander paartjies kan gee wat binnekort trou?


Vir ons was die moeilikste om ons ouers nie te na te kom nie, en het hulle geraadpleeg oor die hele proses. Die trou dag is so groot en spesiaal dat die hoeveelheid moeite wat daarin gesit word, kan vinnig die fokus wegneem van die paartjie se belofte voor God.  Ons leuse vir ons troudag was: Ons beste dag ooit, gaan oor ons liefde en belofte voor God.  In Mauritius is waar Hy ons Liefde geseën het, Net God die Vader, en ons alleen.

Wat was julle trou begroting en hoeveel het julle troue op die einde gekos?


Ons begroting was aanvanklik R70 000 gewees.  Ons troue het ons in totaal R90 000 gekos op die einde, nadat ons besluit het om nie ons kleredrag af te skeep nie.  Ons het vir Rozane ‘n trourok laat maak en vir Danie ‘n pak gekoop. Ons het ook meer spandeer op die seremonie self en ook fotograwe saamgeneem om die seremonie af te neem dat ons dit met ons geliefdes by die huis kan deel.


Diensverskaffers: