Francois & Yolandi se bloeisel verlowing

Daar is min goed so mooi so ‘n boord vol perskebloeisels in die Ceres vallei. Francois en Yolandi se verlowings fotos wat deur die fotograaf, Nelani van Zyl geneem is, spreek daarvan. Die verliefde paartjie het mekaar juis in die beeldskone dorpie wat net deur 3 bergpasse bereik kan word, ontmoet. Yolandi was dadelik verlief op die aantreklike jongman van die platteland. Hy het ook nie die bloeisels kans gegee om klaar te bot voordat hy by haar in Kaapstad gaan kuier het nie.

Tydens ‘n vakansie in Mauritius vra hy haar een aand op ‘n spierwit strand om sy vrou te word. Die oomblik laat albei so ongemaklik voel dat hulle eers net skaam kan lag. Eers later die aand bel hulle familie en vriende om hul verlowing bekend te maak.

Terwyl hulle in ‘n boord vol pienk en wit bloeisels vir die kamera poseer kan Francois nie sy oë van sy toekomstige vrou af hou nie. In haar lang donker hare dra Yolandi ‘n blomkrans wat saamsmelt met die ander bloeisels in die boord. Haar wit kant rokkie beklemtoon haar mooi figuur en bene. Hierdie mooi fotos sal nog baie jare gekoester kan word om die begin van hul liefde vir mekaar te vier.

Francois en Yolandi verlowing_0001

Francois en Yolandi verlowing_0004 Francois en Yolandi verlowing_0005 Francois en Yolandi verlowing_0006

 

Francois en Yolandi verlowing_0007

Francois en Yolandi verlowing_0009

Hoe het julle die eerste keer ontmoet?


2011 Ek was in Ceres vir Kersfees by familie. My suster het my voorgestel aan een van haar mansvriende wie ook in Ceres bly. In die Platteland is hier minder as niks om te doen en jong mens geselskap is baie skaars. Ek ‘t toe saam my suster by dié vriend van haar gaan kuier op Kersaand. Hy sou binne die volgende dag of 2 Johannesburg toe trek en toe besluit 2 van sy vriende, wie ook in Ceres bly, om hom te kom groet Kersaand. Francois was toe een van die vriende. My aandag was toe nou nie meer op die vriend aan wie my suster my probeer afsmeer het nie, maar op Francois. Ons het mekaar die volgende dag op Facebook gevind en so kontak gehou totdat ons uiteindelik nommers uit geruil het. Omtrent 2 weke later het hy besluit om Kaap toe te kom en my te verras by n liefdadigheid kar was projek waar ek betrokke was. Ons eers offisiële afspraak was by Mc’Donalds en die res is geskiedenis.

Francois en Yolandi verlowing_0010Francois en Yolandi verlowing_0011

 

Francois en Yolandi verlowing_0012Francois en Yolandi verlowing_0013

Hoe het julle verloof geraak?


In Mauritius en omdat ek so nuuskierig is en Francois skaam is, is ons storie nie rêrig so romanties nie. Ek ‘t geweet ons gaan verloof raak in Mauritius want Francois het altyd gesê eendag gaan hy my soontoe neem en n ring aan my vinger steek. Toe ons die vakansie beplan, toe weet ek. Maar meer as dit het ek nie geweet nie. Voor ons op vakansie gegaan het was daar vir my gesê die ring gaan nie betyds klaar wees nie maar dat ons dan verloof raak wanneer ons terugkom. Ek ‘t die storie gekoop en niks verder daarvan gedink nie. So is ons Mauritius toe en het die lekkerste vakansie gehad. Francois kon sy opgewondenheid later nie meer vir homself hou nie, en het vir my gesê hy het n ring en het die boksie vir my gewys. Maar ek ‘t steeds nie die ring gesien nie. Die 2de laaste aand in Mauritius het ons na een van die restaurante by Le Victoria gaan eet en op pad soontoe het hy my op die strand gevra om te trou. Ons was al twee baie ongemaklik en skaam en het gelag omdat ons so ongemaklik is. Toe het ons gaan eet en later aan ons familie bekend gemaak (toe ons weer selfoon opvangs het). En toe die gelukwensings instroom, toe tref dit ons. Ons is uiteindelik verloof!

Francois en Yolandi verlowing_0014Francois en Yolandi verlowing_0015Francois en Yolandi verlowing_0016Francois en Yolandi verlowing_0017Francois en Yolandi verlowing_0019Francois en Yolandi verlowing_0021Francois en Yolandi verlowing_0022Francois en Yolandi verlowing_0023Francois en Yolandi verlowing_0024Francois en Yolandi verlowing_0025Francois en Yolandi verlowing_0026Francois en Yolandi verlowing_0027Francois en Yolandi verlowing_0028Francois en Yolandi verlowing_0029Francois en Yolandi verlowing_0030Francois en Yolandi verlowing_0031Francois en Yolandi verlowing_0032

 Wanneer beplan julle om te trou?


Ons trou by Olive Rock, 26 November 2016.

Francois en Yolandi verlowing_0033Francois en Yolandi verlowing_0034Francois en Yolandi verlowing_0035Francois en Yolandi verlowing_0036Francois en Yolandi verlowing_0037

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: