Louis & Helena se Selfdoen Troue met Handgemaakte Besonderhede

Louis en Helena se selfdoen troue, vol handgemaakte besonderhede, is ’n pragtige voorbeeld van ware kreatiwiteit. Vir Helena was die pad na die kansel nie bloot ’n beplanningsreis nie, maar ’n kunsprojek van ’n leeftyd.

As ontwerper het Helena nie net haar eie trourok en dansrok ontwerp en gemaak nie, maar ook die uitrustings vir haar vier strooimeisies en vier blommemeisies met die hand vervaardig. Haar trourok was ’n droom van Chantilly-kant, versier met fyn sequins wat ’n subtiele glinstering geskep het. Sy het natuurlike elemente ingewerk met kant wat soos boomwortels vleg, bo-oor ’n pienk-vlees voering wat die delikate patrone laat lewe kry het. Met lae sagte net aan die onderkant het sy die dromerige voorkoms wat sy voor oë gehad het, perfek vasgevang.

Die dekor het die romantiese atmosfeer van die venue pragtig weerspieël, met ’n kleurskema van pienk, groen en vars wit. Elke detail van hierdie selfdoen-troue het ’n visie uitgebeeld wat met sorg en liefde uitgevoer is. Van die fyn materiaal besonderhede tot die algehele atmosfeer van die onthaal, was Louis en Helena se troudag ’n unieke viering wat bewys dat handewerk en persoonlike kreatiwiteit die mooiste stories vertel.

Beplan jy jou eie unieke selfdoen troue? Besoek Mooi Troues se aanlyn trougids vir die beste advies en inspirasie om jou kreatiewe drome ’n werklikheid te maak.

Trourok:


Ek het my eie trourok, my dansrok, en my gevolg se rokke ontwerp en gemaak, vir my vier strooimeisies en vier blommemeisies ook!

Aanvanklik het ek glad nie geweet wat ek wou hê nie, hoe kies ’n mens jou eie droomrok wanneer jy al die moontlikhede ken? Maar ná ’n paar pas sessies het my visie begin vorm. Toe kom die lekkerste deel, die materiale koop! Ek het verlief geraak op Chantilly-kant met sagte sequins vir net ’n sproetjie glinstering… maar ek het geweet daar kort nog iets.

Ook is ek mal oor natuur-elemente en fyn detail in my werk, en toe ek die perfekte kant kry wat soos boomwortels vleg, het ek geweet dit is wat kort. Ek het dit gekombineer met ’n pink/nude voering sodat die kant-patrone beter kan uitstaan, en dan lae sagte net aan die onderkant gevoeg vir daardie dromerige, sprokies gevoel.

Om jou eie rok te maak, is moeilik … maar om dit perfek te laat pas, is nóg moeiliker. Ek is só dankbaar vir Ernst Schütz wat my gehelp het met patrone en passings.

Paartjie se Verlowing:


Die verlowingsnaweek het heel eenvoudig begin, met KFC Zinger Wings wat Louis gekoop het. Ek het my deel geëet en hy syne, en die res van die vlerkies het oorgebly vir later. Niks vreemds, net ’n gewone dag saam.

Maar die volgende dag het ek wakker geword baie siek, iets wat in vier jaar nog nooit gebeur het nie. Wat ek nie geweet het nie, was dat Louis daardie dag alles reg beplan het om my te vra. Ek het natuurlik niks vermoed nie.

Later die dag het ons plaas toe gery. Sy ma het gesê ons moet gou help met beeste wat uitgekom het voordat ons na die braai by haar huis sou gaan. Louis het stil, bietjie senuweeagtig gelyk, ek het gedink dis net oor ek nie lekker voel nie, maar daar was duidelik meer agter die storie.

Toe ons by die spesiale boom op die plaas aankom, die een wat al jare deel is van sy familie, het ek skielik iets anders begin voel. Daar was feëliggies, ’n mooi gedekte spasie met komberse, sjokolade, kaas, bederfgoed en sjampanje. Al kon ek nie veel eet nie, kon ek elke detail voel.

En daar het Louis, met sy hart vol rustig-senuweeagtige, op sy knee gegaan. Dit was nie perfek op papier nie, maar dit was perfek vir ons.

Verloof- en Trouringe:


Verloofring: 9 ct geelgoud met ’n 1,62 ct diamant van D-graad.
Helderheidsgraad: VS1 (baie ligte, fyn insluitings).
Slypstyl: Style Cut Cornered Rectangular Modified Brilliant.

Helena Troupant: 9ct geelgoud, met blaar detail op.

Louis Troupant: Tungsten met goue detail op.

Trou Dekor en Styl:


My kleurskema was pink, groen en wit, ek wou graag by die romantiese gevoel hou van die venue. Die algehele styl sou ek sê was romanties.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: