Jaundré & Shanoné-Lee se Old Hollywood Glamour Troue in die Vrystaat

Jaundré en Shanoné-Lee se troue in die Vrystaat was ’n toonbeeld van Old Hollywood-glans, met ’n gesofistikeerde, moderne aanslag. Met ’n opvallende kleurskema van swart, wit en goud het die paartjie ’n tydlose en elegante atmosfeer geskep wat herinner aan ’n klassieke bal uit ’n vervloë era.

Shanoné-Lee het die koppe laat draai in ’n couture trourok. Die figuur vormende silhoeët is verryk met fyn, hand versierde kralewerk wat subtiel in die lig geskitter het, terwyl die diep illusie-halslyn en sagte off-shoulder-detail ’n verfynde, vroulike elegansie uitgestraal het. Vir ’n ekstra tikkie drama tydens die seremonie het ’n afneembare tulle-overskirt vir ’n veelsydige voorkoms gesorg. Dit is later vir die onthaal verwyder om ’n slanker silhoeët te skep. Jaundré het perfek by die estetika ingepas in ’n stylvolle swart-op-swart-troupak.

Die stylvolle troudekor het ’n ikoniese black-tie-gevoel na die venue gebring. Dramatiese wit draperings, lang kerse, goue detail en swart aksente het ’n diep, luukse en verfynde atmosfeer geskep. Die kontras tussen die swart detail werk en sagte wit blomme en groenigheid het ’n gebalanseerde, romantiese voorkoms op die tafels geskep.

Hierdie luukse liefdesviering is ’n bron van inspirasie vir paartjies wat droom van ’n dramatiese, tydlose troue vol onvergeetlike oomblikke. Rol af om meer van Jaundré en Shanoné-Lee se Old Hollywood glamour troue te sien en ontdek unieke idees vir jou eie groot dag.

Trourok:


My trourok, ontwerp deur Tienie Boshoff Couture, was ’n couture-meesterstuk wat moderne elegansie met tydlose romantiek gekombineer het. Die ontwerp het ’n figuurv ormende silhoeët gehad met ’n volledig handversierde kralewerk-afwerking wat subtiel geskitter het in die lig. Die rok se diep illusie-halslyn en sagte off-shoulder detail het ’n verfynde, vroulike gevoel geskep, terwyl die fyn kralewerk elke deel van die ontwerp na vore gebring het.

Vir ekstra drama en veelsydigheid het die rok ’n sagte afneembare tulle overskirt gehad, wat ’n meer dramatiese seremonie voorkoms geskep het en later verwyder kon word vir ’n slanker onthaal styl. Die algehele gevoel van die rok was luuks, elegant en onvergeetlik — presies die perfekte weerspieëling van hoe ek op my troudag wou voel.

Verloof- en Trouringe:


My verloofring is ’n 3K ovaalgesnyde moissanietring met ’n verborge halo. Die hoofsteen is 8 x 11 mm en die ring het ’n delikate 1,5 mm bandwydte in 9k geelgoud. Ek het dit saam met ’n halfgeplaveide moissaniet-ewigheidsband in 9k geelgoud gedra, wat die verloofring mooi aangevul het.

My man se trouring is ’n eenvoudige 8 mm goue ring. Ons het albei gekies vir tydlose ontwerpe wat mooi by ons persoonlike styl pas.

Paartjie se Verlowing:


Ons verlowing was alles behalwe voorspelbaar en ALGEMEEN en dit maak dit so besonders en uniek. 12 Oktober 2024. Op pad na ’n verjaarsdag, terwyl ek reeds bekommerd was om laat te wees, het hy skielik gesê ons moet terughaas plaas toe omdat een van die koeie in die lande besig was om te kalf en die kalf vasgesit het. Sonder om twee keer te dink, het ons omgedraai en plaas toe gejaag.

Toe ons daar aankom, het die koei rustig gelê asof sy deel van die plan was. Ek het nader gestap om te kyk wat aangaan, nog heeltemal onbewus van wat werklik wag. Die oomblik toe ek omdraai, was hy daar — op een knie, tussen die oop lande en ons beeste, met die mooiste vraag van my lewe. Dit was eg, onverwags en perfek “ons” — ’n plaasverhaal vol liefde, verrassing en ’n herinnering wat ek vir altyd sal koester.

Wat is onderskeidelik julle gunsteling eienskappe van mekaar?* My gunsteling eienskappe van hom is sy lojale hart, sy kalm geaardheid en die manier waarop hy my altyd veilig en geliefd laat voel. Hy is hardwerkend, betroubaar en iemand op wie ek altyd kan staatmaak.

Sy gunsteling eienskappe van my is my sterk persoonlikheid, my liefdevolle hart en die manier waarop ek altyd vir die mense vir wie ek lief is opstaan en sorg. Hy bewonder ook my dryfkrag en die energie waarmee ek die lewe aanpak.

Trou Dekor en Styl:


Ons kleurskema het bestaan uit swart, wit en goud, met sagte neutrale kleure en groen elemente in die blomme en dekor. Ons wou iets skep wat tydloos, elegant en luuks voel. Die swart en wit het ’n klassieke, dramatiese basis gevorm, terwyl die goud warmte en ’n verfynde glans bygevoeg het.

Die dekorstyl was sterk geïnspireer deur Old Hollywood glamour met ’n subtiele black-tie James Bond gevoel. Elemente soos pêrels, goud-detail, sagte teksture, dramatiese draperings, lang kerse en elegante tafeldekking het daardie gesofistikeerde en ikoniese atmosfeer geskep. Die swart detailwerk het diepte en karakter ingebring, terwyl die wit blomme en sagte beligting alles romanties en stylvol gehou het. Ons algehele troustyl was luuks, dramaties en tydloos — ’n kombinasie van klassieke glamour en moderne elegansie.

Ons wou hê dit moes voel soos ’n stylvolle aand uit ’n ou film, maar steeds persoonlik, warm en onvergeetlik vir ons en ons gaste.

Trou Begroting en Beplanning:


Met 130 gaste en ’n troue wat binne ’n begroting van R200 000 tot R250 000 beplan is, het Jaundré en Shanoné-Lee vir ’n jaar en twee maande aan hul groot dag gewerk en die troue heeltemal self beplan.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: