Morné & Cindy se Laventel troue

5 Jaar nadat Morné  en Cindy saam is trou hulle in die uitgestrekte Swartland landskap. Trane loop vrylik oor die bruidegom se wange toe sy bruid aan haar pa se arm te voorskyn kom.  Nooit in sy drome sou hy kon dink dat dié Mej kollege finalis wat sy hart gesteel het nog mooier kon lyk nie. Geklee in ‘n rok van IIse Roux Bridal slaan sy hoorbaar asems weg. ‘n Sagte briesie pluk aan haar los blonde hare waarin ‘n kroontjie met die sonstrale speel. Die diamante in die blommetjies wat op haar trourok vasgewerk is skep ‘n euforie van lig wat die bruid omring.

Al die fotos van Nadia Basson Fotografie is baie besonders. Wat uitstaan is egter waar die paartjie en hul gevolg poseer in ‘n veld vol laventel struike.  As mens daarna kyk kan jy jou amper verbeel jy voel die wind wat die geur van laventel in jou neus laat op stuif.

Later stap die bruidspaar op ‘n foto hand aan hand op ‘n grondpad tussen boorde olyfbome.  Dit pas mooi by die paartjie se geloof om hul huweliks pad nie alleen nie maar saam met God te stap.

Morne en Cindy se troue_0001Morne en Cindy se troue_0002 Morne en Cindy se troue_0003

Hoe het julle die eerste keer ontmoet?


Dit was met ons eerste jaar van Kollege. Ons ouers het saam met ons gegaan met die inskrywings ens. en ons het n tipe van ‘n span bou oggend gehad. Ons het met aankoms na die area gegaan waar ons bymekaar moes kom. Ek het nie veel notisie van Morné geneem nie omdat ek op daardie stadium ‘n kêrel gehad het. My ma het opgemerk, ”DAAR IS JOU VOLGENDE KêREL” Ons  eintlike ontmoeting was met die Mnr en Mej Kollege oefening. Dit was ‘n warm middag in Februarie.  Ek sou Indië toe gaan maar dit het toe nie gerealiseer nie.  Ek is weer terug kollege toe om uit te vind dat ek in my afwesigheid vir Mej. Kollege genomineer is. Ons moes almal in ‘n half maan staan.  Skielik het ek en hy oog kontak gemaak en my bene het “jelly” geraak. Ek wens ek kan daardie gevoel beskryf. Tot op ons troudag toe ek na hom stap was daar net “MAGIC”!!!

Morne en Cindy se troue_0004 Morne en Cindy se troue_0005Morne en Cindy se troue_0006 Morne en Cindy se troue_0007

Hoe het julle verloof geraak?


Ons was op vakansie in Johannesburg besig om sy oom en tannie te help met al hulle trou reëlings.  Liefie sou eers kersdag vir my gevra het, maar toe kon hy nie langer wag en vra toe sommer op hulle troue!!

Morne en Cindy se troue_0008 Morne en Cindy se troue_0009

Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?


Ons was 5 jaar saam voor ons getrou het.

Morne en Cindy se troue_0011 Morne en Cindy se troue_0012 Morne en Cindy se troue_0013 Morne en Cindy se troue_0014Morne en Cindy se troue_0015

Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?


Kommunikeer en vertrou altyd op mekaar. Werk altyd aan julle verhouding. Dis nie ‘n kwessie van sy of hy is nou joune en klaar nie. Bid saam !!!! Hoe nader julle aan God is hoe absoluut meer fantasties en sterker word jul liefde vir mekaar.  Wees altyd lief vir mekaar!

Morne en Cindy se troue_0017 Morne en Cindy se troue_0018 Morne en Cindy se troue_0019Morne en Cindy se troue_0021 Morne en Cindy se troue_0022 Morne en Cindy se troue_0023 Morne en Cindy se troue_0025 Morne en Cindy se troue_0026Morne en Cindy se troue_0027 Morne en Cindy se troue_0028 Morne en Cindy se troue_0029 Morne en Cindy se troue_0030Morne en Cindy se troue_0031 Morne en Cindy se troue_0032 Morne en Cindy se troue_0033 Morne en Cindy se troue_0034 Morne en Cindy se troue_0035Morne en Cindy se troue_0036 Morne en Cindy se troue_0037 Morne en Cindy se troue_0038 Morne en Cindy se troue_0039Morne en Cindy se troue_0041 Morne en Cindy se troue_0042 Morne en Cindy se troue_0043 Morne en Cindy se troue_0044

Diensverskaffers