Stephan & Wenette se Old Hollywood Troue in Limpopo

Stephan en Wenette se troudag in Limpopo was ’n sprokie van elegansie en sjieke styl, waar Old Hollywood verfyning en ’n speelse, moderne vintage gevoel moeiteloos saamgesmelt het. Te midde van die Bosveld se natuurskoon het die paartjie ’n glansryke, feestelike atmosfeer geskep met ’n unieke troukonsep wat tegelykertyd stylvol en heerlik ontspanne gevoel het.

Wenette se droomrok het behoorlik die aandag getrek. Die korsetlyfie met sy sweetheart-halslyn was oorgetrek met sagte, spierwit tulle en versier met kunstig geplaasde goue en pêrelknope. Die noupassende meerminsilhoeët, twee fyn satynbandjies en 30 pragtige pêrelknope wat langs die rug tot op die sleep afgestrek het, het gesorg vir ’n asemrowende bruidsvoorkoms. Stephan het ewe stylvol vertoon in ’n ligblou geruite baadjie met ’n bypassende onderbaadjie, donkerblou broek en klassieke donkerblou das. Sy voorkoms het perfek by die dag se kleurpalet aangesluit.

Die besonderse trou dekor het ’n tikkie gesofistikeerde glans na die hartjie van die Bosveld gebring. Die kleurpalet het bestaan uit sagte skakerings van poeierblou, vlootblou en roesbruin-oranje, aangevul deur neutrale taupe-tone. Lang tafels, gedrapeer met natuurlike linne tafeldoeke, is gestileer met klei- en klip elemente, Delft-keramiekpotte, goue lampies en geriffelde kerse in beige, wit en ligblou. Roesbruin servette, goue eetgerei en deurskynende stoele het die romantiese vintage estetika pragtig afgerond.

Hierdie besonderse troudag bied volop trou inspirasie en kreatiewe idees vir bruide wat droom van ’n elegante, onvergeetlike geleentheid waar tydlose romanse, moderne glans en unieke besonderhede hand aan hand gaan.

Trourok:


My trourok is ontwerp en gemaak deur Carike Nel. Die inspirasie vir die rok was ‘‘old-Hollywood meets modern vintage”. Die bostuk besorg oor ‘n korset met ‘n natuurlike ”sweetheart” hals, wat oorgetrek is met ”off-white” tulle. Details in die vorm van goue en pêrel knope is willekeurig gerangskik en vasgewerk. Die rok beskik oor twee dun satyn bandjies. Die wit rok se silhoeët is nousluitend met ‘n effense meermin-sleep. 30 Pêrel knope is aan die agterkant van die rok vasgewerk van die rug tot teen die sleep af.

Verloof- en Trouringe:


Stephan se ring:

Stephan se trouring is gemaak van 9 karaat geelgoud met ‘n breedte van 6 mm. Die ring is vervaardig uit familiegoud en spog met ‘n unieke, handgesmede (“forged”) afwerking wat dit ‘n besonderse karakter gee.

Wenette se ring:

Wenette se ring is ewe besonders. Die 2,3 mm breë band van 9 karaat geelgoud spog met ’n sentrale smarag geslypte diamant van 1,20 karaat, met ’n H-kleurgraad en VVS1-suiwerheidsgraad. In ’n verhewe setting met elegante traandruppelkloue geset, word die sentrale diamant omring deur 14 kleiner diamante van 1 mm elk. Ses kenmerkende diamante van 2,3 mm elk versier die band verder. Die bykomende diamante het ’n gesamentlike gewig van 0,35 karaat en ’n GH-kleurgraad.

Om die stel af te rond, het Wenette ook ‘n eenvoudige, 2,3 mm breë troupand van 9 karaat geelgoud. Dié ring is uit dieselfde familiegoud as Stephan se trouring vervaardig, wat die twee ringe op ‘n besonder betekenisvolle manier met mekaar verbind.

Paartjie se Verlowing:


Ons verlowing het plaasgevind in Porto, Portugal. Stephan se haarfyn beplanning het gesorg vir n verassings-verlowing.

Die middag was gevul met’n uitstappie na die plaaslike mark waar ons die wonderlikste presunto (amper soos Prosciutto), vars brood en pesto, asook ‘n bottel Rosé (wat goedkoper as water was) gekoop het. Hierdie was ons idee vir die ideale piekniek bo op die berg by die Miradouro da Serra do Pilar, langs die Douro Rivier. Ons sou die fantasties sonsak gaan kyk het! Met ‘n ou swaar kombers wat ons by die Airbnb geleen het en al ons bestanddele vir ‘n self-doen charcuterie-bord, is ons by die berg op en was ewe vroeg genoeg om ‘n plekkie heel vooraan teen die reëling te kry. ‘n ”Straat-kunstenaar” (street-artist) op ‘n viool het gesorg vir agtergrond musiek.

Ewe skielik het Stephan ‘n vreemdeling gevra om vir ons ‘n foto te neem. Dit is toe dat hy op sy knie gegaan het.

Trou Dekor en Styl:


Vir die kleurskema en dekor het ons gehou by die ”old-Hollywood meets modern vintage” tema- met ‘n tikkie bosveld.

Twee lang tafels vir die onthaal was gevul met verskeie dekor-items en ons gaste het saam gekuier aan die feesmaal wat bedien was. Ons het baie elegante elemente in gebring en die troue stylvol gehou, sonder dat dit “styf” gevoel het.

Vir die kleurskema het ons met skakerings van poeier-blou en navy gewerk, asook roesbruin-oranje en neutrale kleure soos taupe. Beide Juanè en Lu-Ann het rond gespeel met patrone en tekstuur deur elemente van neutrale klip en klei, Delft-keramiek potte en vase, sowel as goue “fluted glass” lampies. “Fluted” kerse in verskillende hoogtes asook diktes in beige, wit en lig blou het gesorg vir sagtheid. Roes servette en goue eetgerei het by gedra tot die effense ”vintage” gevoel. ‘n Natuurlike linne tafeldoek, wit borde, kristal glase en deurskynende stoele het gepas by die Bosveld se natuurskoon.

Trou Begroting en Beplanning:


Stephan en Wenette het hul troudag self oor ’n tydperk van een jaar en ses maande beplan, met ’n begroting van R450 000 en 110 gaste wat die besondere geleentheid saam met hulle gevier het.

    Besoek Mooi Troues vir idees vir julle verlowing en troue. Op Mooi Troues vind jy regte verlowings, regte troues, trou inspirasie, skryfbehoefte idees en ook trou advies.  Vir trou diensverskaffers, rol af onder elke artikel na die artikel krediet waar jy al die diensverskaffers sal sien wat deel was van daardie spesifieke artikel. Mooi Troues kan besoek word vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.

    Artikel Krediet: