Tarkquin & Lorichen se Robertson Vallei troue

Tarkquin en Lorichen se Robertson Vallei troue is te mooi vir woorde.  Hierdie is ‘n selfdoen troue met die mooiste elemente.  Die Robertson Vallei is ‘n populêre trou bestemming vir paartjies wat plaaslik wil trou.  Hierdie paartjie se troue is die perfekte voorbeeld van ‘n lekker naweek troue saam met vriende en familie.  Die talentvolle trou fotograaf, Helene Viljoen het seker gemaak om elke oomblik van die paartjie se troue verewig vas te vang in die mooiste foto’s.

Tarkquin en Lorichen se gaste geskenkies was te oulik gewees.  Dit was ook sommer gebruik as plek naam kaartjies, wat ‘n fantastiese idee is.  Alles kom so mooi bymekaar.  Die pragtige neutrale kleurskakerings van die trou dekor elemente soos die plek matjies, die goue eetgerei en dan die sand kleurige as ook sagte pienk trou dekor elemente.  Vars blomme gemeng met uitgedroogde blomme skep die gevoel van ou wêreldse gemeng met modern en ons is mal hieroor.

Die trou skryfbehoeftes se simplistiese gevoel skakel so mooi in by die res van die tafel dekor.  Stuck On You Favours and Design het ‘n fantastiese werk gedoen met die gaste geskenke en die skryfbehoefte ontwerpe.

Hierdie troue is een wat jy nie moet mis nie, rol af om meer te lees oor Tarkquin en Lorichen se prentjie mooi Robertson Vallei troue.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het deur Facebook ontmoet en daarna begin gesels van sonsopkoms tot sonsak elke dag.  Toe het ons besluit om in persoon te ontmoet en niemand kon ons van mekaar hou nie!

Na ‘n paar maande het Tarkquin in geheim my ma gevra of hy met my kan uitgaan en of ons ‘n paartjie kan wees.  Hy het my toe gevra of ek sy meisie sal wees op Seinheuwel gedurende sonsak.  Na twee jaar van uitgaan, was ek uitgenooi om saam met sy familie op hul jaarlikse familie vakansie te gaan.  Ons het na Hong Kong gereis en toe gevlieg na Bali vir 7 dae.  Die laaste nag in Bali het ons besluit om aandete op die strand te eet.  Dit was pragtig gewees en die sonsak was perfek.

Ek het toe ‘n selfie neem met hom en dit is toe hy besluit het om vir sy familie te die sein te gee.  Sy familie het ons gevolg en ek het die nie eens agter gekom nie!  Hy het toe begin praat oor hoe baie hy my waardeer en dat sy familie so bly is dat ek so gelukkig is.  Eerste het ek na hom gekyk en gewonder. “Wat sê jy dan nou ooit?”.  LOL.  Hy het my toe gesê om bietjie agtertoe te beweeg sodat hy die sonsak kan inkry in my foto.

Intussen het hy die hele tyd ‘n video opgeneem!  Hy gaan toe op een knie en ek vra hom aanhoudend “Wat doen jy?”.  Dis toe dat ek opkyk en sien dat sy familie en sy ma trane in haar oë het.  Ek besef toe wat gebeur!!

Dit was die mees onverwagte en mooiste verrassing van my lewe.  En natuurlik het ek nie geskroom om JA te sê nie!

Die Verlowing Tydperk:


Omdat ons tydens die pandemie ons troue begin beplan het.  Het ons ‘n ogie gehou oor wat regoor die wêreld gebeur.  Toe het ons besluit om nog ‘n jaar by te voeg om veilig te wees, want ons wou nie die spanning van kansellasies en uitstel hê nie.  So die aanvanklike plan was om net vir 1 jaar verloof te wees, maar dit was uiteindelik net meer as 2 jaar wat ‘n goeie besluit was.

Ons het nie ‘n troubeplanner gehad nie. Die bruid het funksie bestuur studeer en het ondervinding met die beplanning van funksies.  Sy het dit baie geniet om elke detail te beplan.  Maar as jy ‘n bruid is wat nie besonder goed is om dinge te beplan nie, is dit die beste om ‘n troubeplanner en ‘n troukoördineerder te huur.

Trou Begroting:


Ons het omtrent 110 gaste onthaal.  Die troue was ‘n naweek troue waarvan 80 van die gaste van die Vrydag tot die Sondag op die perseel gebly het.  Die Vrydagaand het ons ‘n “Meet & Greet” bring-‘n-braai gehad en ons seremonie het eers om 16h00 die Saterdag begin, wat ons gaste tyd gegee het om die manjifieke venue en die skoonheid van Robertson te geniet.

Ons raad aan ander paartjies, veral bruide, is om voor enigiets anders navorsing te doen en te doen wat jy wil!.   Tradisionele dinge het ons uitgelaat soos strooimeisies, -jonkers, blommemeisies ens.  Daar is soveel klein dingetjies wat jy kan doen om geld te spaar.  Die bruid het ‘n paar selfdoen dinge gedoen wat gehelp het om by die begroting te hou.  Ons moeders het ons gehelp om ons droomtroue ‘n werklikheid te maak.  So oor die algemeen, as jy en jou verloofde self vir die troue betaal, hou by jou begroting en waarvoor jy toelaat.

Merkwaardigste Oomblikke:


Lorichen:

Dit was beslis om sy reaksie te sien toe hy die eerste keer sy oë op my gesit het toe ek in die trougang afkom.  Hy het trane in sy oë gehad en dit was so ‘n pragtige gebaar.  Ek het nie my oë op daardie oomblik van hom afgehaal nie.

Tarkquin:

Om te sien hoe my vrou se visie van ons groot dag realiteit word.  En haar harde werk te sien wat sy ingesit het om op die beste manier moontlik ons albei se gesinne bymekaar te bring.  Dit was vir my die beste deel van dié hele naweek.

Om haar in die paadjie te sien stap, wag vir haar om my by die kansel te kry, was letterlik ‘n visie wat waar geword het.  Toe ek haar oorspronklik ontmoet het, het ek vir haar gesê “Ek gaan nog eendag met jou trou!” en sy het gedink ek maak ‘n grap.  Só om te sien dat dit werklikheid word, was ongelooflik.

Die hoogtepunt van ons troudag was dat sy my verras het met die sing van ‘n liedjie van Adele tydens die onthaal.  Sy het nog nooit voorheen ‘n volle liedjie vir my gesing nie, so dit was werklik betowerend.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Niks ernstig het verkeerd geloop op ons troudag nie. Dit was so ‘n geseënde dag.  Net twee klein oopsies …

My nefie sy hele broek vuilgemaak het net voor die “first look” foto van ons, só my suster het daardie oomblik gemis, maar ons het op die ou end daaroor gelag.

Ons verwelkomingsdrankies by die onthaal wat veronderstel was om ‘n aarbei pons te wees, maar my familie kon dit nie kry nie en die gaste het met “shots” tequila en gin op geëindig!. Wat ‘n manier om die partytjie te begin!

Paartjie se styl:


Lorichen se styl:

Ons wou ‘n styl hê wat by ons albei pas wat persoonlikhede betref.  Albei van ons is baie selfbewus van wat ons hou. Die bruide se styl is ‘n mengsel van boheems gemeng met ‘n romantiese en prettige styl.  Lorichen wou ‘n trourok hê wat dit alles kombineer en ons kleremaker het dit perfek getrek.  Die element van verrassing was beslis die trourok se moue wat kon afhaal. Dit het twee verskillende voorkomste vir die seremonie en onthaal geskep.

Tarkquin se styl:

Die bruidegom se troupak is ongelooflik goed pasgemaak deur The Tux Tailor.  Hy wou iets blou (sy gunsteling kleur) hê, maar terselfdertyd iets baie manlik en ook stylvol.  Die wye geruite patroon van die materiaal is baie modern,  maar terselfdertyd outyds, wat die bruid se trourok perfek gekomplimenteer het.

Trouringe:

Ons trouringe was niks buitengewoons nie, want ons is albei nie ‘n groot aanhanger van juweliersware nie, maar ons wou terselfdertyd eenvoudige, tog elegante ringe hê.  Die bruidegom se trouring is ‘n sirkonium-tekstuur diep houtskool ring, terwyl die bruid ‘n witgoud- en diamant-halo-stel het.  Ons dra tans silikoon ringe om by ons leefstyl te pas.

Die Besluitnemingsproses:


Dit was die bruid wat meer van die besluite geneem het, veral met blomme en dekor!  Die bruidegom se bekende woorde gedurende die beplannings periode was “Yes baby, no problem. Whatever you want baby.” Maar hy is nie uit alles uitgelaat nie.

Ons het saam die spyskaart disse gekies.  Hy was in beheer van die platejoggie, die klank en ook die organisering van die tent en beligting. Wat alles anders betref, was alles die bruid se besluite.

Ons het besluit om geen familie by besluitneming te betrek nie, aangesien ons wou hê hulle moet verras word en ook ons trou naweek ten volle geniet. Hulle het egter die oggend van die troue gehelp met die opstel van klein goedjies. Wat ‘n groot hulp was!

Vermaak:


Ons het twee platejoggies gehad.  Albei is vriende van ons.  Ons het ook ‘n sanger (ook ‘n talentvolle vriend) vir ons voor-drankies gehad wat lieflike romantiese liedjies gesing het. Ons het die liedjies vir die dag gekies, maar ons het hulle ook vryheid gegee om hul professionaliteit en diskresie met musiek keuses te gebruik.

Venue & Dekor:


Ons het middel 2020 begin om na trouvenues te kyk.  Toe ons Pat Busch Mountain Reserve vir die eerste keer besoek het, het ons gesê dit is die een!  Daarna het ons nie eers die moeite gedoen om ons soektog voort te sit nie.

Tarkquin is ‘n baie buitelug-ou wat lief is vir die natuur, die see en stap en Lorichen het ook van daardie dinge begin hou en geniet.  Dié trouvenue en wat hulle bied, het gepas waarvoor ons albei lief was!

Ons wou ‘n boho-sjiek atmosfeer skep met ‘n paar romantiese elemente.  Die bruid se Pinterest-bord het beslis lewendig geword en ons het die beste diensverskaffers gehad om seker te maak dit word ‘n realiseer.  Al die kleure het pragtige natuurlike en sagte pienk kleure gehad wat die trouvenue baie mooi gekomplimenteer het.

Gunsteling Diensverskaffers:


Dit is so moeilik om te kies. Al ons diensverskaffers was ongelooflik.

Helene Viljoen, die fotograaf, het ons so gemaklik laat voel en sy is so ‘n plat op die aarde mens.

Lizl van Flamboijant het absoluut ongelooflike werk gedoen met die dekor en blomme.

Ons kon nie ‘n gunsteling kies nie, hulle is regtig almal uitstekende diensverskaffers.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Die beste raad is om nie jou troue oor “dinge” te maak nie.  Hulle kom en dan gaan hulle.  Jou fokus moet op jou maat wees en om werklik in die oomblik saam met mekaar te leef.

Wittebrood:


Ons het eintlik ons wittebrood gewen deur die wonderlike kompetisies wat Pink Book Weddings gehad het. Dit was ‘n verblyf van 2 nagte by die asemrowende Angala in Franschhoek. Die prys was R20,000 werd en het al die bederf ingesluit. Die ligging is asemrowend en só ook die hotel!

Eerste Dans:


Ons eerste dans was na ons gunsteling liedjie, “By your side – Sade“. Die woorde van die liedjie gaan daaroor om nooit jou maat se kant te verlaat nie, selfs deur die hartseer tye en om hulle te verseker van jou teenwoordigheid. Ons het geen danslesse gehad nie, ons het net in die oomblik gedans.

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: