Mike & Lex se troue by Blue Bay Lodge

Mike en Lex se troue is een van daardie troues wat ʼn deurlopende ‘wow’ gevoel in jou sal aanwakker.  Oor sekere aspekte van die troue was hulle 100% seker, maar met ander aspekte het hul egter hulp gekort.  Aangesien vier ander familielede by Blue Bay Lodge getrou het, het hulle dié venue gesien as die perfekte plek om ewige liefde voor hul familie en vriende te verklaar.  Hul was dus seker oor die venue, maar het ʼn trou-koördineerder aangestel om hulle te help met die kleiner details en om al die legkaart stukkies van hul troue bymekaar te sit.  Hul troubeplanner het dié legkaart behoorlik bestudeer en elke stukkie strategies bymekaargesit om ʼn merkwaardige eindresultaat te lewer.

Kyk deur dié paartjie se pragtige foto’s en daag jouself uit om die kleiner details wat bydra tot die groter prentjie, te identifiseer.  Die kleiner legkaart stukkies is dikwels die belangrikste om die eindresultaat te verseker.

Troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag


Ons het in Maart 2019 getrou.  Ons albei was 30 jaar oud.

Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?


Ons het deur gemeenskaplike vriende in ‘n kroeg in Kaapstad ontmoet.  Aangesien al ons vriende mekaar vantevore geken het, is Mike steeds oortuig dat ons mekaar al voor daardie dag ontmoet het.

Mike het my op 25 Augustus 2018 in Dullstroom, na ‘n week in die Kruger, gevra om te trou.  Hy het heeltyd my ring saam hom gedra en tot op die heel laaste dag gewag om my te vra.  Dit was totaal en al ‘n verrassing vir my!  Hy het alles met behulp van die personeel by die hotel waar ons gebly het, gereël.  Hulle het ‘n privaat kamer vir ons opgestel met sjampanje, rose en kerse oral!

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?


Ons vermaak, Me and Mr Green was briljant!  Hulle het elke liewe gas op die dansvloer gekry!  Ons gaste was baie beïndruk.  Almal het hulle na die tyd gekomplimenteer.

Ons sal nie een enkele ding van ons troudag verander nie – die hele dag was perfek.

Vertel ons meer van jul ringe.


Ons ringe is deur die talentvolle span by Daniel Diamonds in Stellenbosch ontwerp.  Mike het met lid van die span, Peter, ontmoet wat hom in die regte rigting gestuur het.  Met geen raad en advies van familie en vriende nie, het hy die perfekte verloofring vir my ontwerp.

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou? Hoeveel gaste het julle onthaal?


Ons het nie ‘n vaste begroting gehad nie, maar wel riglyne in terme van hoeveel ons bereid is om op sekere aspekte te spandeer.  Ons het kostes te alle tye minimaal probeer hou.  Die behulpsame diensverskaffers wat ons gekies het, het ons gehelp om nie té veel te spandeer nie. Daar was 150 gaste by ons troue.

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.


Jenni Elizabeth was ons fotograaf.  Jenni is die gaafste vrou.  Sy is ongelooflik talentvol en het ons spesiale dag so mooi vasgevang.  Ons is mal oor ons foto’s!

Aletta Francina was ons videograaf.  Aletta was ongelooflik diskreet en nooit in die pad nie.  Sy het al ons mooiste oomblikke vasgevang sonder om heeltyd gesien te word.  Ons weet ons trouvideo gaan pragtig wees.

Vertel ons meer van jul Wittebrood.


Ons het vir 10 weke in Europa gaan toer.  Ons het in Nederland begin en na Frankryk, Portugal, Spanje, Italië en Engeland gereis.  Dit was ‘n ongelooflike ervaring! Ons sal die spesiale herinneringe vir altyd koester.

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Die venue is baie spesiaal vir my omdat dit ‘n familie huis is waar my pa grootgeword het.  My oom en my nefie is tans die bestuurders van die venue.  Ek en Mike het ongelooflik baie naweke by ons vakansiehuis spandeer, so dit was glad nie moeilik om die keuse vir ons venue te maak nie.  Ek is die 5de familielid wat op hierdie einste erf trou.

Ons wou die dekor eenvoudig en elegant hou.  Met die pragtige hout tafels en stoele het ons ‘n skoon omgewing gehad om mee te werk.  Ons wou ‘n gevoel van hoogte skep, maar wou nie hê die blomme moet veroorsaak dat die gaste nie mekaar kan sien nie.  Josie van Fabulous Flowers Designed het swart metaal strukture ontwerp en gebou waarop die blomme kon staan.  Dit het pragtig by die swart kandelare wat ons gekies het, gepas.

Ons wou graag gehad het die blomme moet in seisoen wees, met die fokus op baie groenigheid asook wit blomme hier en daar.  Ek was ongelooflik tevrede met hoe die blomme en dekor uitgedraai het.

Vertel ons meer oor die inspirasie vir julle troukoek.


Ek is mal oor die kaal koek mode.  Ons troukoek was ook deel van ons nagereg, dus wou ons gehad het dit moet regtig smaaklik wees.  Die koek was drie lae en elke laag was ‘n verskillende geur:  Vanielje met gesoute karamel vulsel, wortelkoek met roomkaas versiersel en sjokolade koek met sjokolade ‘ganache.’

Gay van Cake Story het met ons bloemis, Josie, saamgewerk om die finale produk te maak.

Vertel ons meer oor jul eerste dans


Ons eerste dans liedjie was Ho Hey van The Lumineers.  Me and Mr Green het die liedjie gesingso dit was vir ons baie spesiaal en iets anders vir ons gaste.

‘n Goeie vriendin van ons is ‘n ballroom danseres.  Sy het vir ons ‘n dans geleer. Dit was soveel pret vir ons albei.

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Die beplanning van die troue moet prettig en ‘n spanpoging wees.  Dis ‘n goeie idee om ‘n paar aande in ‘n week te neem om deur lysies te gaan en take af te merk watter take alreeds voltooi is.  Dit sal verseker dat julle albei dan ‘n aandeel in die sukses van die groot dag het.

Moenie jouself oor enige iets op die dag bekommer nie. Vertrou jou diensverskaffers en fokus daarop om die dag te geniet, eerder as om te fokus of alles perfek is.

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: