Shaun & Simoné se fraai troue in Bloemfontein het ʼn baie stylvolle en sagte gevoel tot dit. Die paartjie se advies is om die klien goedjies wat tyd vat eers uit die pad te kry. Ons stem heeltemal saam, probeer die klein goedjies vinnig uit die pad kry om jou trou beplanning proses te vergemaklik.
Ons is ook mal oor die pragtige peervormige trouring van Simoné. Dit is so tydloos, fyn en baie elegant. Hulle trou dekor was baie simplisties. Roosgoud elemente was ook gebruik in die vorm van die kers houertjies en kandelare. Verder was daar sagte pienk servette op die deurskynende glas borde. Dit is nou regtig ʼn prentjie mooi troue.
Simoné het pragtig gelyk in haar kant trourok en Shaun in sy vlootblou pak. Al die verskillende elemente van hul troue het so mooi bymekaar gepas. Geniet Shaun & Simoné se fraai troue in Bloemfontein hieronder.
Paartjie se Liefdesreis:
Ek en Shaun het mekaar op skool ontmoet by ʼn lieflike skool in die Vrystaat, jonk en onskuldig het ons verlief geraak op mekaar. Shaun was in Amerika vir twee jaar en hy het kort daarna my gevra om sy vrou te word. Hy het dit spesiaal gemaak met die bederf van rose ,kerse en natuurlik die ring van my drome.
Paartjie se styl:
Ek dink ons styl was modern gewees, ek het ʼn pragtige kant rok aan gehad en was mal daaroor, en Shaun ʼn vlootblou pak. Eenvoudig, maar tog elegant. My ring is ʼn peervorm wat ons by Carlo Huyes laat maak het. Shaun se ring is ʼn plein pant hy hou nie van te veel krulletjies en dingetjies nie.
Die Verlowing Tydperk:
Ons was presies ʼn jaar verloof. Die jaar het ons genoeg tyd gegee om alles te beplan. Ons het by Peppertree in Bloemfontein getrou. Die dame wat daar was het ons baie gehelp met beplanning en idees waar dit nodig was. E k en Shaun het verder alles self beplan. Dit was lekker om idees aanmekaar te sit volgens ons eie styl en smaak.
Finansiële Aspekte:
Ons het ʼn begroting gehad van R150 000 en het streng daarby gehou deur ʼn begroting op te stel. Ons gaste was 80 mense gewees, net genoeg vir ʼn intieme troue. Advies wat ons kan gee is, ontspan en geniet die dag, onthou dit gaan oor julle twee en niemand anders nie. Doen al die klein goedjies soos dankie geskenkies vroegtydig, want dit is die klein goedjies wat baie tyd vat. Moet nie afskeep op jou man se pak en jou rok nie. Onthou jy trou net eenkeer!!
Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:
Ek sou eerlikwaar niks verander het van die dag nie. Ons was gelukkig om ʼn perfekte trou te hê, as daar iets verkeerd geloop het, het die gevolg dit mooi hanteer, want dit het nooit die bruid en bruidegom se ore bereik nie.
Merkwaardigste Oomblikke:
Elke oomblik van die dag was merkwaardig. Ek en my man het van die begin af ooreengekom om regtig elke oomblik in te neem ,omdat so ʼn dag vinnig verby gaan. Dit was spesiaal toe shaun my die eerste keer sien toe ek in die kapel inloop. Om tyd saam met familie en vriende deur te bring. Die eerste pa en dogter dans. Die lekker kuier en lag en om net so ʼn sprokies aand te geniet ,was merkwaardige oomblikke wat nooit vergeet sal word nie.
Venue & Dekor:
Ons was letterlik by al die venues in Bloemfontein. Peppertree het uitgestaan, alles was op een plek van die kapel tot die kamers waar ons by klaar gemaak het. Dit het ʼn warm gevoel agter gelaat in ons harte en ons het geweet dat dit die venue is waar ons by wil trou. Hulle vriendelikheid en behulpsaamheid was ook merkwaardig.
Eerste Dans:
Ons het ʼn eerste dans gehad. Dit het alles so natuurlik gekom, ons het al van skool af saam ge-sokkie en gedans. Dit was darem nie nodig vir danslesse nie. Oorspronklik was ek nie mal oor die liedjie nie, maar Shaun het geantwoord dit is die een. Chad Brownlee, “Forever’s Gotta Start Somewhere”. Op die dag van die troue was dit perfek en intiem. Ek is vandag mal oor die liedjie.
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
Bruid: Ek was op die dag baie rustig, ek voel jy as bruid moet onthou dat dit oor jou en jou man gaan daardie dag en niemand anders nie. Soms stres meer oor ander mense as jouself, geniet dit, neem elke oomblik in, lag, dans, soen en wees sommer laf saam met jou vriende en familie. In ʼn oogwink is jou spesiale dag verby so maak dit die moeite werd.
Bruidegom: Geniet die dag, neem elke oomblik in. As iets nie volgens plan beloop nie, onthou dit is nie die einde van die dag nie.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
- Fotograaf: MM photography
- Blomme: Flowers BLOM wedding
- Bruidegom-pak: Bride&co
- Dekor: Peppertree
- Gaste Geskenke: Simone
- Grimering: MAU Monafique Beauty salon
- Hare: Hair Bae Salon
- Huurdienste: Lightning Lighticle
- Trouring: Carlo Hayes
- Troukoek: Arista Steyn
- Musiek: DJ Margaret Whitfield
- Trourok: Bridal Empordium
- Venue: Peppertree
- Paartjie se verblyf: Peppertree