Este & Andries se verlowing

Mooi Troues deel graag fotosessies, veral as dié sessies uniek is. Vandag deel ons Este en Andries se pragtige verlowings foto’s wat eksklusief in die Groenpunt Stadion in Kaapstad afgeneem is.

Dié paartjie het slegs ‘n halfuur gehad om voor die kamera te pronk, en hul fotograaf Aglow Photography het daarin geslaag om die tyd uitstekend te benut.

Ná die sessie in die stadion het hulle die fotosessie voortgesit in De Waal Park. Die ver teenwoordigheid van ‘n sonsondergang skep altyd ‘n romantiese atmosfeer, soos dié in die foto’s.

Ons hoop julle geniet die foto’s.

este en andries verloof_0001

este en andries verloof_0002este en andries verloof_0003este en andries verloof_0004este en andries verloof_0005este en andries verloof_0006

Die verlowing


Ons het vakansie in Plettenbergbaai gehou saam met my familie. 31 Desember 2012 was ‘n bewolkte dag en ons het besluit om bietjie in Knysna te gaan rondry vir die dag, sonder die wete dat dít lankal beplan is. Na die hele dag se rondry het ons gaan piekniek hou op Noetzie se strand. Ons was die enigste twee op die strand wat dit soveel meer spesiaal gemaak het. Dit was nie lank nie toe Andries my vra om sy vrou te wees, en natuurlik het ek “ja” gesê! Die sjampanje bottel was skaars oop toe die hemele bo ons oopmaak en begin te reën. Ons feesviering was kortgeknip op die strand waar ons terug gery het en die aand saam met my ouers gevier het. ‘n Oujaar wat ek nie gou sal vergeet.

este en andries verloof_0007este en andries verloof_0008este en andries verloof_0009este en andries verloof_0010este en andries verloof_0011este en andries verloof_0012este en andries verloof_0013este en andries verloof_0014

Die troudatum


Ons trou 30 November 2013 te Kronenburg Paarl

este en andries verloof_0015este en andries verloof_0016este en andries verloof_0017este en andries verloof_0018este en andries verloof_0019este en andries verloof_0020este en andries verloof_0021este en andries verloof_0022este en andries verloof_0023este en andries verloof_0024este en andries verloof_0025este en andries verloof_0026este en andries verloof_0027este en andries verloof_0028

Wat is jou droom troue?


My droom troue kan ek in drie woorde opsom: skoon, wit(en bietjie pastel kleure) en elegant met my beste vriend langs my.

este en andries verloof_0029

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: