Renier & Alet se vliegveld verlowing

Vir ‘n jaar lank het Alet die aantreklike man op die Lanseria lughawe bewonder wanneer hy verby haar stap. Toe hulle uiteindelik met mekaar begin praat hou hulle nie weer op nie.

Op ‘n koue wintersoggend ontvoer Renier haar tot bo-op Tafelberg. Hy is ‘n man wat veilig voel op hoogtes daarom vra hy haar die groot vraag net daar.  Vreemdes help gretig deur fotos te neem van die paartjies om die groot oomblik vas te lê.

Fotograwe vang die verliefde paartjie se interaksie met mekaar baie mooi vas.  In al die fotos is daar ‘n natuurlike speelsheid tussen die twee. Dit fotos vertel ‘n storie van twee mense wat deur die liefde vlerke gekry het om weg te vlieg na ‘n toekoms van ewige liefde en saamwees.

airport engagement shootairport engagement shoot airport engagement shoot

Hoe het julle die eerste keer ontmoet?


By Lanseria lughawe. Hy het by die pad afgestap gekom en ek kon nie my oë van hom af hou nie. Ons het mekaar vir omtrent ‘n jaar lank in die verby loop gesien maar nooit regtig gepraat nie tot op een goeie dag toe hou ons nie op praat nie.

airport engagement shoot airport engagement shoot

airport engagement shoot9 airport engagement shoot

Wanneer beplan julle om te trou?


15 April 2016.  Ek weet nie hoekom nie maar April was nog altyd in my kop vir trou.

airport engagement shoot airport engagement shoot Renier en Alet se verlowing_0011 airport engagement shoot airport engagement shoot airport engagement shoot

Hoe het julle verloof geraak?


Hy het my baie skelm Kaap toe gevlieg vroeg op ‘n baie koue wintersoggend. Ons het bo-op Tafelberg gestaan en ek kon nie verstaan hoekom hy heeltyd vir mense vra om van ons fotos te neem nie. Natuurlik, toe ek nou omdraai en vra hoekom hy heeltyd vra toe staan hy op sy knieë.

airport engagement shoot airport engagement shoot airport engagement shoot airport engagement shoot airport engagement shoot airport engagement shoot airport engagement shoot

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: