1970’s Veldblom gestileerde fotosessie

Baie paartjies gaan nog vir die vintage gevoel wanneer dit kom by hul troue se dekor en daarom dink ons by Mooi Troues hierdie 1970’s Veldblom gestileerde fotosessie sal propvol inspirasie wees wees vir paartjies wat beplan om te trou.  Gaan vir iets uniek terwyl die vintage tema voortkom.  Kies byvoorbeeld ʼn dekade en werk daarmee van trourok, haar en dekor modes.

Die 197o’s vas vloeiende trourokke omdat die “hippie fase” nie heeltemal uit gesterf het nie.  Dit was ook die begin van buite seremonies wat ons tot vandag nog sien.  Die bruid se hare was ook versier met blomkrone, juwele en selfs hoede, dié dekade se grimering was ook minimaal en was die mode om so veel moontlik natuurlik te lyk.

Casablanca Manor is ʼn klassieke en ʼn gesogte trou venue in die Ooste van Pretoria.  Dié trou venue is omsingel deur ʼn pragtige agtergrond van skouspelagtige sonsondergange, tydlose styl en karakter.  Die gashere, Kobus en Lynn, streef om jul groot dag met energie en entoesiasme aan te pak, en om dit ʼn onvergeetlike ervaring te maak.

Rol gerus af, geniet die foto’s en word geïnspireer.

Wie het die fotosessie gereël?


Living Lovely is n nuwe komende stilis vir troues, gestileerde fotosessies en enige ander geleenthede wat n talentvolle oog nodig het.  Melanie, die stigter van Living Lovely, het haar kreatiewe visie en talent vir beplanning oortref met hierdie romantiese en tendens gedrewe gestileerde fotosessie!

Inspirasie vir die fotosessie?


Is daar nie net iets omtrent die 1970’s wat n mens dadelik nostalgies laat voel nie?  Dit was n era van so unieke mode tendens, dat ons dit tot vandag toe nog probeer herskep!  Of jy nou kies om jou ouma se trourok te dra of net haar ou handsak te gebruik op jou troudag, kan jy nogsteeds n klein stukkie van haar saam met jou hê op hierdie spesiale dag!  Hierdie is veral geldig as jy iemand na aan jou hart afgeskei het aan die dood en wil hulle nogsteeds eer in jou groot dag!

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Suid-Afrikaanse diensverskaffers is ware meesters van hulle kuns!  Hierdie gestileerde fotosessie is ʼn vertoonvenster van wat ons verskaffers kan skep as hulle totale kreatiewe vryheid gegee word.  Ons is trots op ons wêreldklas Suid-Afrikaanse kunstenare wat oorloop met besonderse talente!

Agter die skerms inligting


Agter die skerms van n fotosessie is altyd absolute chaos en hierdie keer was nie ʼn uitsondering nie!  Orals waar ons nie fotos geneem het nie was dit ʼn gemors van papiere, blare wat afgesny is, bokse en borrel-plastiek!  Ons was verskriklik geseënd om Leriche van Nouvelle se klein meisiekind daar te hê, Lukke het haarself gate uit geniet saam met al die nuwe tannies en ooms wat met haar speel, terwyl haar mamma lekker hard werk!

Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?


Ons trou paartjie is eintlik klaar verloof en trou in hierdie jaar!  Dit was so spesiaal om te sien hoe ondersteunend Ruvandu is teenoor Maryke! Ruvandu het ekstra vroeg opgedaag sodat hy tyd saam met sy toekomstige vrou kan spandeer terwyl sy haar hare en grimering gedoen kry vir die fotosessie.  Die egpaar se fotosessie kom reguit uit ʼn sprokiesverhaal!  Die ware liefde wat hulle vir mekaar het, straal uit in die fotos!  Dit was ‘n droom!

Advies wat aan paartjies gegee kan word wat die inspirasie wil volg?


Die persoon wie ons vandag is, was gevorm deur al die familie en vriende in ons lewens.  Dit is deur ons band met die mense naaste aan ons, wat vir ons ware geluk bring.  Maak jou trou dag ekstra persoonlik deur simboliese elemente in jou troudag te inkorporeer!  Die items wat jy op besluit hoef nie noodwendig jou ouma se trourok te wees nie, maar kan enige item wees! Jou geliefde se gunsteling borsspeld, haarknip, das of hoed, enige item sal werk! Wie weet, miskien dra jou kleinkinders een van jou gunsteling mode items op hulle trou dag ook!

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: