Lourens & Helanie se heerlike verlowing fotosessie

Ons by Mooi Troues sien al hoe meer die tendens dat paartjies hul fotograaf in nooi in hul tuiste om hul verlowing fotosessie te hou.  Paartjies maak hulself baie oop deur iemand in hul spasie toe te laat en boonop die foto’s met duisende mense te deel.  Ons is bevoorreg om dus die verlowing fotosessie van Lourens en Helanie met ons lesers te kan deel.  Deur net na die foto’s onder te kyk kan ons sien die paartjie is baie gemaklik om saam te kook en die pizza wat hul voorberei het maak ons omtrent honger.  Nou toe, rol af en geniet die Lourens en Helanie se verlowing fotosessie.

Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?

Ons het 4 en ‘n half jaar terug ontmoet toe ons saam met ‘n groep vriende Mosambiek toe gegaan het.  Ons liefde het geblom nadat ons ons eerste soen in die see gehad het.  Ek het verlief geraak op Lourens se se groot, mooi glimlag en sy sin vir humor wat ons kan deel.

Vertel ons meer van julle verlowing?


Ek het op daardie stadium tydelik in Londen gebly terwyl Lourens in Suid Afrika gebly het.  Hy het oor die Desember vakansie vir my kom kuier toe ons ‘n heerlike reis Ysland toe beplan het.  Min het ek geweet my lewe gaan in Reykjavik verander.  Hy het my asem weg geslaan om my daar te vra om te trou terwyl ‘n gereëlde fotograaf dit alles af geneem het.  Dit was die koudste dag wat ons al beleef het, maar ons harte was warm.  Vol liefde.

Vertel ons die inspirasie van die verlowing fotosessie?


Ons het ‘n fotosessie gereël met die wonderlike Bronwyn Taljaard.  Ons wou iets gedoen het wat vir ons baie natuurlik is, Pizza maak.  Ons geniet dit baie om saam kos te maak en nuwe resepte te probeer.  Pizza is gewoonlik ons staatmaker gereg.  Dit was vir ons baie spesiaal en gemaklik, en dit is presies wat ons wou vasvang.  Alles natuurlik met ‘n heerlike G&T.

Vertel ons wat is jul droom troue?


Ons troue is einde Oktober by die pragtige White Light in Lanseria.  Ons geniet dit so baie om na troues toe te gaan (ons was ook al by ‘n hele paar saam gewees).  Ons geniet die kos, dans en natuurlik die groot partytjie tot laat die aand saam met vriende.  Ons droom troue is waar ons gaste dit net soveel soos ons geniet.

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: