Jeandré & Chantel se strand verlowing foto’s

Ons deel graag met Mooi Troues se lesers die mooi strand verlowing foto’s van Jeandré en Chantel.  Mosselbaai is hou spesiale herinneringe vir die paartjie en dus het hul besluit om hul verlowing foto’s op die stand van Pinnicale Point te hou.

Hulle sê ook dat hul die foto’s wil gebruik vir hul trou uitnodigings.

Ons by Mooi Troues hou baie van die strand verlowing foto’s veral dié foto’s waar Jeandré en Chantel in die water sit.  So mooi en ons is bly ons kan die verlowing foto’s met ons lesers deel.

verlowing fotos verlowing fotos verlowing fotos verlowing fotos

Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?


Ek en Jeandré het mekaar in Julie 2010 by ‘n kuierplek ontmoet deur gesamentlike vriende van ons, waarna ek vir Jeandré op BBM uitgenooi het. Vandaar af het ons verhouding begin.

Chantel –  Die eerste ding wat my onmiddellik aangetrek het tot Jeandré en wat vir my uitgestaan het, was sy fisiese bou, sy hare en oë, maar veral sy lengte.

Jeandré  – Die eerste ding wat ek van Chantel onthou en wat  my opgeval het was haar blonde hare en haar pragtige blou oë.  Ek het nog nooit sulke pragtige blou oë gesien nie en dit was veral die vorm wat vir my “wow” was. “SY HET ONMIDDELIK MY HARTSNARE GEROER”

verlowing fotos verlowing fotos verlowing fotos verlowing fotos verlowing fotos verlowing fotos verlowing fotos verlowing fotos

Vertel ons wie het wie gevra om te trou?


Jeandré het vir ons ‘n vakansie in Bali gereël.  Na ‘n onvergeetlike avontuurlustige-dag van jet-ski, parasailing en ander water aktiwiteite het hy my na Jamie Oliver se restaurant gevat.  Dit is ons albei se  gunsteling restaurant en my gevra om met hom te trou.

verlowing fotos verlowing fotos verlowing fotos verlowing fotos verlowing fotos verlowing fotos verlowing fotos verlowing fotos verlowing fotos

Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?


Ons verhouding is vir ons baie uniek.  Vanaf ons eerste jaar van ons verhouding het ons elke Desember in Mosselbaai vakansie gehou.  Ons het baie mooi herinneringe daarvan en wou ons dit saamvat in ‘n unieke fotosessie wat dit weerspieël.

verlowing fotos verlowing fotos verlowing fotos verlowing fotos verlowing fotos verlowing fotos verlowing fotos

Wat het jul laat besluit oor die verlowing fotosessie?


Ons het die fotosessie as ‘n spesiale geskenk vanaf Caroline,  wie ook Jeandré se tweeling broer se verloofde is, ontvang.   Die foto’s moet graag ons verlowing as herinneringe vasvang.  Ook om van die foto’s te gebruik in ons trou-skryfbehoeftes.

verlowing fotos verlowing fotos verlowing fotos verlowing fotos

Vertel ons meer wat het jul ingedagte vir jul droom troue?


Ons droom troue sal wees waar omgee-herinneringe vir ewig gemaak sal word.  Saam met die mense wat vir ons spesiaal is, ons hartsmense dit sal geniet en die belangrikste waar ‘n ewigheidsband met God se teenwoordigheid geseël sal word.

verlowing fotos verlowing fotos verlowing fotos verlowing fotos verlowing fotos verlowing fotos

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: