Lourens & Judith se elegante troue

Judith en Lourens het hul elegante troue by Diamand Hill gehou, ʼn pragtige plattelandse trou onthaal net buitekant Pretoria.  Diamand Hill het ʼn oulike klein kerkie.

Mense vra altyd waar neem mens dan nou trou foto’s as jy in Gauteng trou?  Gauteng het net sulke mooi trou plekke soos enige ander provinsie in Suid-Afrika.  Diamond Hill is definitief een van daardie boomryke plekke. Indien lesers meer plekke in Gauteng soek, besoek gerus Mooi Troues se trougids.

Judith en Lourens se antieke trou motor het die foto’s nog meer sprokies mooi laat lyk.  Spesiale dankie aan Sulene Badenhorst vir die pragtige foto’s.

Rol af om meer van Lourens en Judith se elegante troue te sien.

34567891011121314151617181920www.sulenebadenhorst.com22www.sulenebadenhorst.com2425

Hoe het julle verloof geraak?


Dit was ‘n romantiese wegbreek vir ons vier jaar herdenking. Ons het vroeg die oggend  begin met ʼn heerlike ontbyt in die wildtuin. Later die dag het ons na Elephant Whispers toe gegaan, dit was baie interessant, na klas het ons geleentheid gekry om op die olifante te ry. Daarna het ons middag ete op die hout dek geniet. Toe volg die GROOT vraag, al wat ek kan onthou is , ons is vier jaar en vier dae saam …. en toe sien ek die ring en huil … Met ‘n GROOT glimlag tussen die trane sê ek toe JA !!!

262728293031www.sulenebadenhorst.com3334

Watse advies kan jy vir paartjies gee wat gaan trou?


Reël jou troue soos jou hart begeer en geniet die beplanning.  Maak die beste daarvan, dis net julle twee se GROOT dag. Moenie te veel met almal deel nie … Soms steel mense jou idees al is dit jou vriendinne!!!

3536373839404142434445www.sulenebadenhorst.com474849www.sulenebadenhorst.com51525354555657585960

Wat sou julle verander?


Ons sou NIKS verander nie. Ons elegante troue was presies hoe ek daarvan gedroom het en nog meer!  Alles was PERFEK en so Spesiaal … My man se ek het my beroep gemis.

626364

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: