Hans & Jean-Mari se rustieke plaastroue

Hans en Jean-Mari se rustieke plaastroue was ʼn gesellige viering van hul bruilof saam met familie en vriende.  Hulle troue het ʼn baie aarde en natuurlike gevoel tot dit.  Van die heerlike kaas vingerhappies tot die dekor, alles het so ʼn aarde gesellige gevoel tot dit.  Die paartjie was ses maande verloof en het hulle troue self beplan.

Die gebruik van proteas, Jean-Mari se gunsteling blom het perfek ingepas by hul trou dekor.  Met die rou hout tafels, rou baksteen mure en dan die fyn dekor elemente soos die blom ontwerpe en swart kerse is dit ʼn wen kombinasie.

Vir hul wittebrood het hulle besluit op Bali.  Vir die wat nog nie in Bali is nis, jy mis uit.  Dit is die perfekte wittebrood plek vir Suid-Afrikaners.  Dit was Hans en Jean-Mari se eerste buiteland toer – so daar was baie opgewondenheid.  Hulle het by drie verskillende plekke gebly gedurende hul wittebrood.   Geniet die paartjie se liefdes storie en rustieke plaastroue hieronder.

bride getting ready photos bride getting ready photos bride getting ready photos bride getting ready photos bride getting ready photos bride getting ready photos bride getting ready photos bride getting ready photos bride getting ready photos bride getting ready photos bride getting ready photos bride getting ready photos bride getting ready photos bride getting ready photos bride getting ready photos

Paartjie se Liefdesreis:


Vriende het ons aan mekaar voorgestel en toevallig het Hans regs langs my woonplek gewerk.  Ek het een oggend daar verbygestap en hy het my toe vir koffie na werk genooi, 3 ure later was ons steeds aan die gesels en die res soos hul sê is geskiedenis.

Hans het my 2 jaar later op my verjaarsdag op Swartvlei se strand gevra om te trou, dit is ‘n plek baie na aan my hart en ons het die oomblik toe saam met ons naaste vriende en familie gevier.

groom getting ready photos groom getting ready photos groom getting ready photos groom getting ready photos groom getting ready photos groom getting ready photos groom getting ready photos groom getting ready photos groom getting ready photos groom getting ready photos groom getting ready photos groom getting ready photos groom getting ready photos

Merkwaardigste Oomblikke:


Jean-Mari: Die oomblik wat ek Hans vir my sien wag het voor in die paadjie het alles net reg gevoel.  Daarna was dit net een groot viering en dit was so spesiaal om te weet almal het so ver gekom om die dag saam ons te vier.

Hans: Die samesyn, dans, toesprake, kos, die weer en haar rok!

wedding ceremony photos wedding ceremony photos wedding ceremony photos wedding ceremony photos wedding ceremony photos wedding ceremony photos wedding ceremony photos wedding ceremony photos wedding ceremony photos wedding ceremony photos wedding ceremony photos wedding ceremony photos wedding ceremony photos wedding ceremony photos wedding ceremony photos wedding ceremony photos wedding ceremony photos wedding ceremony photos wedding ceremony photos wedding ceremony photos wedding ceremony photos

Finansiële Aspekte:


Ons was bevoorreg gewees dat albei ons ouers kon bydra en ons het ook reeds gespaar vir die troue so dit het die begroting en beplanning vergemaklik.  Sommige goed was goedkoper as wat ons gedink het en ander weer duurder.

Ons het van die begin af besluit wat vir ons die belangrikste is soos my rok, die musiek, kos en die fotograaf, daarna het ons gekyk op wat ons kan sny soos dekor wat ons eerder self kan doen en die troukoek wat ek self kon bak.  Mens spaar regtig baie deur goed self te doen.

Daar was so 160 gaste.

Bridal Party Bridal Party Bridal Party Bridal Party Bridal Party Bridal Party Bridal Party Bridal PartyBridal Party Bridal Party Bridal Party Bridal Party Bridal Party

Paartjie se styl:


Dit was vir my belangrik om ‘n gemaklike rok te hê waarin ek kon sit en dans maar ek wou ook ‘n lang sleep hê vir die instap en foto’s so ek het ‘n rok laat maak met ‘n chiffon romp wat ek maklik kon afhaal vir die onthaal.

Hans wou ‘n tydlose pak hê en het besluit om te gaan vir n gewone swart pak.

Hans met my verloofring ontwerp met ʼn protea (my gunsteling blom) as inspirasie.  Ons trouringe is albei net ‘n eenvoudige goue ring.

South African Weddings South African Weddings South African Weddings South African Weddings South African Weddings South African Weddings South African Weddings South African WeddingsSouth African Weddings South African Weddings South African Weddings South African Weddings South African Weddings

Die Besluitnemingsproses:


Vriende en familie was nie baie betrokke by ons keuses nie behalwe waar dit hul sou affekteer. Ons het byna al die besluite saam geneem veral die groot goed soos fotograwe, kos en venue maar het ook mekaar vryheid gegee en vertrou om kleiner goed self te kies, op die ou end het ons baie dieselfde idees gehad of het gehou van die ander een se idee so dit was ‘n goeie balans van ons elkeen se idees en styl.  Ons was ook elkeen verantwoordelik vir ons eie gevolg en hoe hulle lyk.

South African Weddings South African Weddings South African Weddings South African Weddings South African Weddings South African Weddings South African Weddings South African Weddings South African Weddings

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Dit was werklik ʼn perfekte dag gewees, daar het klein goed verkeerd gegaan soos ‘n toespraak wat by die huis vergeet was of ons een liedjie wat misplaas was toe ons moes uitstap, maar ons sou niks wou verander nie, elke oomblik was deel van ons dag en op die ou end word dit alles deel van mens se herinneringe.

South African Weddings South African Weddings South African Weddings South African Weddings South African Weddings South African WeddingsSouth African Weddings South African Weddings South African Weddings South African Weddings

Venue & Dekor:


Ons wou aanvanklik op Hans hul se plaas trou maar dit sou te moeilik wees om alles daar gereed te kry en het toe besluit om op vriende van hul se gasteplaas wat n venue het te trou. Ons dekor was minimaal en ons wou alles so natuurlik as moontlik hou deur items wat maklik tot ons beskikking was te gebruik.

rustic farmstyle wedding rustic farmstyle wedding rustic farmstyle wedding rustic farmstyle wedding rustic farmstyle wedding rustic farmstyle wedding rustic farmstyle wedding rustic farmstyle wedding

Wittebrood:


Ons het saam besluit om na Bali te gaan. Dit was ons eerste keer oorsee en wou graag ‘n plek besoek waar mens die wittebrood eiland gevoel kon kry maar ons wou ook bietjie van ‘n ander kultuur kon leer en ervaar so ons het besluit om in 3 verkillende plekke te bly terwyl ons daar is.  Ubud, Nusa Dua en Kuta.

Dit was ongelooflik gewees en die perfekte balans van plekke verken en ontspan.

Wedding vibes Wedding vibes Wedding vibes Wedding vibes Wedding vibes Wedding vibes

Eerste Dans:


Ons het gedans op Adam Tas en Stella se: Ek Is Ryk. Lank voor die troue of selfs voor ons verloof was het ons reeds van die liedjie gehou en die woorde is vir ons albei so mooi, ons het dadelik geweet dit gaan ons liedjie wees.

Ons het glad nie n roetine gehad of vir lesse gegaan nie. Ons het besluit om net die oomblik so natuurlik en gemaklik as moontlik vir ons te hou.

Wedding vibes Wedding vibes Wedding vibes Wedding vibes Wedding vibes Wedding vibes

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

[endsection]