Jacques & Leentjie se pragtige troudag

“Eenvoudig, stylvol, klassiek tog modern” was die inspirasie vir Jacques en Leentjie se pragtige troudag en wanneer ons na die fotos onder kyk sien ons dat die troue baie stylvol saam gestel was.   Die gesegde “Minder-is-meer” sien ons gereeld in bruide se antwoorde as ons hul in Mooi Troues se artikels vra oor die inspirasie vir die trou dekor.  Dié paartjie se tafel dekor was minimalisties, tog het die strepe van die tafeldoeke ʼn baie warm en romantiese atmosfeer geskep.

Leentjie het elegant gelyk in ʼn “Eenvoudig, stylvol, klassiek tog modern” styl trourok en het soos ʼn koninklike gelyk.  Ons weet sommer Jacques het na sy asem gesnak toe hy sy bruid sien afloop in die padjie.

Die skemer foto’s met Paarl se berge in die agtergrond het die dag as geheel perfek afgerond so geniet dit.

Wat was jul troudatum en hoe oud was jul albei op dié dag?


26 Januarie 2018 – Jacques was 40 en Leentjie 26

Hoe het julle mekaar ontmoet?


Die einde na ʼn lekker somers dag, 2010, het Jacques by sy vriend Rudi gekuier, Ek het met my kort broekie (sy woorde) ingestap en daar was hy hierdie aantreklike man waarvan ek al so baie gehoor het.  “Uiteindelik” ontmoet ons, en in die oomblik so verlore in sy bruin oë.   Hy sê dit was liefde op eerste oogopslag, ek sê dit was liefde vandat ek hom die eerste keer in die verte gesien het twee jaar gelede.  God het ʼn plan vir ons gehad.  En so het ons geskiedenis begin.

Hoe het julle verloof geraak?


Oe!!! Waar begin ek!  Jacques het my weg gevat vir ʼn langnaweek na Umngazi River Bungalows op die Wildekus.  Hierdie ongelooflike mooi, natuurskone, unieke, ontspanne stukkie hemel op aarde.  Sonder sein en sonder tegnologie het ons die naweek begin wat geëindig het in vele pret. Vrydag môre na ʼn lang stappie langs die see het Jacques my vlugtig ingelig oor ʼn piekniek op die strand waar hy neergesak het op sy een knieg en die groot vraag gevra het.  Later het ons ʼn sonsondergang bootrit geniet en die vis arende gevoer, daarna ʼn romantiese ete in ʼn private bungalow bo-op die rivier met ʼn uitstekende drie gang maaltyd.

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.


Ons kon nie vir beter vra nie.  ʼn Inspirerende getroude paartjie wat liefde uitstraal vir mekaar, die lewe en alles wat mooi is in dit.  Hulle was regtig wonderlik!

Vertel ons meer van jul ringe.


Marcel, Jacques se broer het ʼn goeie vriend wat ʼn ring ontwerper is by Fulgeo Diamante in Johannesburg.  Hy het Jacques mooi gehelp om albei ons Oumas, en my Ma Marietjie se ringe te omskep in my meesterstuk.

Wat sou julle verander indien moontlik?


Ons dag was perfek.  Maar ek sou minder stres en beheer verloor oor sekere goed voor die troue en eerder die oomblikke meer geniet.

Wat was die merkwaardigste oomblik van die aand?


Die oomblik wat ons uit die seremonie uitgestap het en jy besef  “jy is nou getroud”. En in daardie oomblik sien jy elke vriend en familie lid wat hierdie kosbare oomblik saam jou deel.

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Dit is en sal verewig die gelukkige paartjie se dag wees wat hul eie idees en drome in realiteit sal sit.  So ons raad aan julle; jul is net een keer verloof. Geniet dit net so veel soos jy die trou dag sal geniet.  Dit is ʼn kosbare tydperk vol vreugde, opwinding en betrokkenheid van al jou vriende en familie.  Besef dit en waardeer dit.  Jou troue duur ʼn paar uur, die verlowing ʼn paar maande en jou huwelik is vir altyd.  Geen teleurstelling of klein dingetjie behoort jou vreugde te steel vir ʼn paar uur se geluk nie.

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou?


R200 000 – R250 000.  Ons het goed binne die begroting gebly.  Dit raak wel moeiliker aan die einde as die kleiner goedjies by kom wat nie regtig in jou begroting in bereken is nie.  Stel ʼn begroting op en deel dit in sekere seksies voordat jy enige iets betaal,  maak ook vol betalings soos jy kan en moet nie als los tot die laaste twee maande voor die tyd nie.

Hoe het julle die venue gekies?


Na weke se gesoek van die Oos-Kus tot die Wes-Kus het ons op Ashanti af gekom wat net ʼn warm plekkie in ons harte gesteel het.  Venue soek is deel van die opwinding maar omdat Ashanti alles en meer was waarvoor ons gesoek het, het ons slegs net tyd gemaak om hul te besoek.  Dit was definitief die maklikste keuse.  Dit was net vir ons perfek.

Wat was die inspirasie agter jul dekor?


Eenvoudig, stylvol, klassiek tog modern, maar meer belangriker “ONS”! Die wonderlike troue beplanner het my gevra wat is ons tema en Twilight was my eerste gedagte.

Vertel ons meer van jul Wittebrood


Jacques was in beheer van die wittebrood, ek was omtrent bederf.  Dit het begin met ʼn week in Phuket, Thailand vol inkopies en eksotiese aktiwiteite, son en skemerkelkies.  Daarna het ons gevlieg na ʼn klein eiland genaamd Koh Samui.  Die mooiste eiland met die mooiste strande, Tempels en +- 12m-hoog Boeddha Standbeelde.  Ons het ʼn bromponie gehuur en die eiland vol gery en elke waterval, standbeeld en tempel gaan sien tussen deur al die masserings en lekker eet.  Een ongelooflike mooi toeriste-aantreklikheid was die Secret Buddha Garden.  Ons het die wittebrood afgesluit in Singapoer.  Dit was nou die kersie op die koek.  Ongelooflike mooi stad so skoon en kleurvol.

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: