Ettiene & Izanne se strandtroue

Ons deel vandag met julle die pragtige strandtroue van Izanne & Ettiene.  Hulle het die mooiste sagte pastel kleure gebruik vir hulle troue.  Soos voorheen genoem, pas fynbos altyd perfek in by sagte kleure.  Dit is asof die twee teenoorgestelde elemente vir mekaar bedoel is.

Izanne en Ettienne het die pragtigste fotosessie gehad tussen fynbos met die mooiste uitsig van berg en see.  Maar laat ons ophou praat en laat jy die trou foto’s geniet. Vir meer oor Izanne en Ettiene se strandtroue, sien die vrae en antwoord seksie onder die foto’s.

Indien Mooi Troues se lesers hul eie strandtroue graag wil beplan sal hierdie paartjie se foto’s baie inspirasie bied.  As jul hierna nogsteeds meer inspirasie benodig, gaan gerus na Mooi Troues se webtuise en besoek die Troues kategorie.  Daar sal lesers talle trou inspirasie vind.

Izanne & Ettienne Artikel (2)

Izanne & Ettienne Artikel (3)

Izanne & Ettienne Artikel (4)

Izanne & Ettienne Artikel (5)

Izanne & Ettienne Artikel (6)

Izanne & Ettienne Artikel (7)

Izanne & Ettienne Artikel (8)

Hoe het julle ontmoet, en hoe was die verlowing?


Ons het ontmoet op universiteit (Potchefstroom), ons het ʼn paar klasse saam gehad.  Ons eerste uitgaan was roomys by McDonalds en toe piekniek by Parys 🙂 .  Paar weke later was dit Desember vakansie.  Ek het in George by my ouers gekuier en hy het strand diens by Heroldsbaai gedoen.  Ons het heerlik saam gekuier en nuwe jaar saam op Heroldsbaai se strand deurgebring.  Vier jaar (2 van hulle lang afstand) later het hy my by ons spesiale plek op Heroldsbaai se strand, gevra om met hom te trou.

Izanne & Ettienne Artikel (9)

Izanne & Ettienne Artikel (10)

Izanne & Ettienne Artikel (11)

Izanne & Ettienne Artikel (12)

Izanne & Ettienne Artikel (13)

Izanne & Ettienne Artikel (14)

Izanne & Ettienne Artikel (15)

Hoekom het julle besluit op die trou onthaal?


ʼn Groot deel van ons gaste sou van Gauteng af kom, so ons het besluit om die natuurskoon van die Kaap ʼn groot deel van ons strandtroue te maak.  Ons wou vir hulle ʼn mini-vakansie gee :-D.  Ons het die gaste laat ry oor Chapmans peak Drive.  Al die pad van die Tokai kerkie na die onthaal in Simonstad. Ons het ʼn wonderlike onthaal plek gevind (Blue Horizon Estate) wat uitkyk oor Simonstad en Valsbaai.  Die uitsig is asemrowend en was ʼn groot gesprekspunte by die onthaal van ons strandtroue.

Izanne & Ettienne Artikel (16)

Izanne & Ettienne Artikel (17)

Izanne & Ettienne Artikel (18)

Izanne & Ettienne Artikel (19)

Izanne & Ettienne Artikel (20)

Izanne & Ettienne Artikel (21)

Izanne & Ettienne Artikel (22)

Izanne & Ettienne Artikel (23)

Izanne & Ettienne Artikel (24)

Izanne & Ettienne Artikel (25)

Izanne & Ettienne Artikel (26)

Izanne & Ettienne Artikel (27)

Izanne & Ettienne Artikel (28)

Izanne & Ettienne Artikel (29)

Izanne & Ettienne Artikel (30)

Izanne & Ettienne Artikel (31)

Izanne & Ettienne Artikel (32)

Izanne & Ettienne Artikel (33)

Izanne & Ettienne Artikel (34)

Wat het julle gedoen vir julle wittebrood?


Ons het besluit om die tradisie te volg dat ek nie vooraf geweet het waarheen ons sou gaan vir ons wittebrood nie.  My wonderlike man het alles self gereël!  Toe ons die aand by die strandtroue wegry, het ek uitgevind ons gaan na die Shandrani Hotel en Spa in Mauritius.  Dit was ongelooflik lekker!

Izanne & Ettienne Artikel (35)

Izanne & Ettienne Artikel (36)

Izanne & Ettienne Artikel (37)

Izanne & Ettienne Artikel (38)

Izanne & Ettienne Artikel (39)

Izanne & Ettienne Artikel (40)

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: