Rudi en Judy het nie terug gehou met die styl en dekor van hul outentieke troudag nie. Hulle het pragtige blommerangskikkings en unieke dekor elemente bymekaargevoeg om die rustieke venue op te helder. Hierdie troue het fyn beplanning en goeie kommunikasie tussen diensverskaffers geverg. Al die elemente het mekaar pragtig gekomplimenteer om ‘n spesifieke styl te handhaaf.
Rol af vir unieke en outentieke trou-inspirasie.
Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?
Ons het op 26 Januarie 2019 getrou. Rudi was 30 en Judy was 29 jaar oud.
Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?
Ons het een aand in Stellenbosch ontmoet. ‘n Paar wonderlike jare later het Rudi besluit dit is tyd om die groot vraag te vra.
Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?
Vir Rudi was die oomblik toe hy sy bruid vir die eerste keer sien, by ver die mees spesiaalste. Vir my was die wonderlikste oomblik toe ons ons trou beloftes deel. Die hele dag was ongelooflik spesiaal vir ons albei.
Vertel ons meer van jul ringe
Ons goeie vriendin, Anna Rosholt van Anna Rosholt Jewellery Design, het ons ringe gemaak. Rudi wou graag ‘n weerspieëling van sy oupa se ring hê. Anna het die roosgoud skakering ontwerp bemeester. Vir my het sy die perfekte platinum ‘oop’ troupand geskep wat beeldskoon by die platinum solitêre verloofring pas wat sy en Rudi ontwerp het.
Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.
Lee van Striped Fox Photography was ongelooflik! Sy en Anne Gray het ons mooiste herinneringe moeiteloos vasgevang. Ons het van die begin af besluit ons wil nie ‘n videograaf hê nie, maar as ons nou terugkyk sou ons ons besluit verander. Ons sal ‘n videograaf verseker voorstel aan ander paartjies.
Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?
Ek het die Robyn Roberts Studio besoek. Robyn was baie vriendelik en behulpsaam. Ek het ‘n paar rokke aangepas en het dadelik verlief geraak toe ek my rok aanpas!
Vertel ons meer van jul Wittebrood
Ons was vir ‘n kort tydjie by Grootbos in Gansbaai. Dit was ‘n belewenis! Ons beplan wel ‘n behoorlike wittebrood in die nabye toekoms, sodra ons skedules dit sal toelaat.
Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?
Ons is albei is groot natuurliefhebbers en wou nog altyd in die buitelug trou. Dit het nie lank gevat om verlief te raak op De Uijlenes Old Barn se pragtige ligging en groot akkerboom nie. Ons wou ‘n outentieke troudag hê en baie groenigheid en liggies van die dak af hang. Christien en Nel van Husband Wife Team het vir ons alles en meer gegee! Ons was mal oor ons dekor en styl van die venue.
Hoeveel gaste het julle onthaal?
Ons het net onder 200 gaste onthaal.
Vertel ons meer oor jul eerste dans
Ons het op ‘Simply the Best’ van Noah Reid gedans. Vir die eerste helfte van die liedjie het ek met my pa gedans. Daarna het ek en Rudi ons spesiale eerste dans gedeel. Ons het nie voorberei nie, maar dit sou dalk ‘n goeie idee wees!
Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?
Vie die dames: My raad sal wees om seker te maak jou rok sit reg en gemaklik. Beweeg rond daarin en kyk of dit ook gemaklik sal wees as jy sit.
Vir die manne: Neem alles in, gesels met almal en maak seker om jou vrou te komplimenteer!
Diensverskaffers:
- Venue: Uiljenes Forest & Barn Venue
- Trourok: Robyn Roberts
- Troupak: Hugo Boss
- Ringe en strooi meisie geskenke: Anna Rosholt
- Fotograaf: Striped Fox Photography
- Blomme en Dekor: Husband Wife Team
- Strooijonker geskenke: Silaseliot
- Platejoggie: Michael Dickinson
- Vermaak: Cocolo
- Hare en grimering: Leandré van Rooyen
- Gin & Rum: Floating Dutchman Rum
- Trou geskenke: MaMére
- Troukoek: Baked Sugar Cape Town