Bottomless Coffee Onderhoud

Ons gesels vandag met Lourens en Esté Rab van Bottomless Coffee ‘n multi-instrumentaliste wat “folk” musiek saam maak vir jou troue. Ons geniet Bottomless Coffee se musiek verskriklik baie asook die gevoel en net die algehele atmosfeer wat hulle skep by jou troue. Lourens en Esté sal beslis jou gaste besig hou tydens jou fotosessie en vóór of na jou seremonie. Ons deel vandag Bottomless Coffee se onderhoud met jou en ‘n spesiale dankie aan Andre van Vivid Blue vir die pragtige foto’s.

Bottomless Coffee soos op www.mooitroues.co.za_0009

Bottomless Coffee soos op www.mooitroues.co.za_0001

Watter dienste bied Bottomless Coffee Band?


Bottomless Coffee Band is vier jaar gelede gestig en bestaan uit twee multi-instrumentaliste wat “folk” musiek saam maak (dink Johnny Cash en Bob Dylan). Nie net is ons musiek vennote nie, maar ook mekaar se beter helfdes in die huwelik. Alhoewel ons net uit twee lede bestaan klink ons soos ‘n vol orkes, omdat ons so baie instrumente gelyktydig speel. Ons musiek is vars, interessant en baie opwindend. Ons speel graag by troues, feeste, maatskappy funksies, privaat funksies en ons eie vertonings.

Bottomless Coffee soos op www.mooitroues.co.za_0002 Bottomless Coffee soos op www.mooitroues.co.za_0003 Bottomless Coffee soos op www.mooitroues.co.za_0004

Hoe lank duur julle optrede by ‘n troue?


Ons spesialiseer graag in die voor-drankies (fotosessie) gedeelte van ‘n troue wat gewoonlik ‘n twee ure sessie is. In sommige gevalle vermaak ons ook die gaste tydens die voorgereg en hoofmaal by die onthaal (as ‘n vertoning), waarna ‘n DJ by ons sal oorneem vir die dans gedeelte en die res van die aand.  Ongelukkig lewer ons geen seremonie of DJ (dans) dienste nie.

Bottomless Coffee soos op www.mooitroues.co.za_0005 Bottomless Coffee soos op www.mooitroues.co.za_0006 Bottomless Coffee soos op www.mooitroues.co.za_0007 Bottomless Coffee soos op www.mooitroues.co.za_0008 Bottomless Coffee soos op www.mooitroues.co.za_0009 Bottomless Coffee soos op www.mooitroues.co.za_0010 Bottomless Coffee soos op www.mooitroues.co.za_0011 Bottomless Coffee soos op www.mooitroues.co.za_0012 Bottomless Coffee soos op www.mooitroues.co.za_0013 Bottomless Coffee soos op www.mooitroues.co.za_0014

Doen julle slegs troues in die Kaap?


Nee, ons doen funksies, troues en feeste so ver as wat ons kan ry. Omdat ons so baie toerusting het is dit vir ons baie moeilik en geensins koste effektief om te vlieg nie. Ons beplan egter om vlugte vir die volgende seisoen meer doenbaar te maak sodat ons sommer in ‘n japtrap by die funksies wat verder weg is kan wees.

Bottomless Coffee soos op www.mooitroues.co.za_0015 Bottomless Coffee soos op www.mooitroues.co.za_0016 Bottomless Coffee soos op www.mooitroues.co.za_0017 Bottomless Coffee soos op www.mooitroues.co.za_0018 Bottomless Coffee soos op www.mooitroues.co.za_0019 Bottomless Coffee soos op www.mooitroues.co.za_0020

Brokkie interessante nuus:


Ons het pas ons eerste vol album opgeneem. Die album bestaan uit 9 van ons oorspronklike liedjies en 2 van ons “covers”. Ons stel die album einde Oktober 2014 vry. Buiten dit is Lourens ‘n voltydse beleggings analis gedurende die week en ek ‘n vryskut skrywer, aktrise, model en regisseur, asook die bestuurder van die Bottomless Coffee Band.

Bottomless Coffee soos op www.mooitroues.co.za_0021

Kontak Bottomless Coffee:


Stuur hulle gerus ‘n e-pos na info@bottomlesscoffeeband.com of besoek hulle webtuiste by www.bottomlesscoffeeband.com

Bottomless Coffee soos op www.mooitroues.co.za_0022

Artikel Krediet: