Shane & Abby se piekniek troue

Paartjies wat besig is om hul trou te beplan en iets buitengewoon en ontspanne wil doen, sal beslis inspirasie by Shane en Abby se piekniek troue vind.  Ons by Mooi Troues voel dit is vreeslik romanties dat hul feesvieringe op presies dieselfde plek waar Shane vir Abby die Ja-woord gevra het, was.  In die foto’s hieronder kan gesien word hoe gelukkig die paartjie is.

Rol af en kyk na die foto’s terwyl jul Shane en Abby se antwoorde noukeurig deurlees.

Wat was jul troudatum en hoe oud was julle albei op dié dag?


24 Maart 2018 – Ek was 29 jaar oud en my man was 28.  Shane hou my jonk!

Vertel ons hoe het julle ontmoet?


Ons het ontmoet toe Shane ʼn onderhoud met my gevoer het vir ʼn werk posisie.  Ek het hom in die kollig gesit gedurende die onderhoud.  Ek was dadelik aangestel en so het ʼn wilde romanse begin. Ons het wel dinge professioneel gehou gedurende kantoorure.  Ek het later besluit om ʼn ander werk te kry en hy het ʼn goeie woordjie ingesit by ons baas dat ek liefs die maatskappy moet verlaat – so het ons verhouding meer openlik geraak.  Ek was regtig verbaas met sy koffie maak vaardighede!

Hoe het julle verloof geraak?


Shane het die ring vroeër gekoop as wat hy self verwag het en die ring het ʼn gat in sy sak gebrand!  Hy het oorspronklik ʼn hele plan gehad hoe hy my sou vra om te trou, maar kon nie wag nie. Ons het Spier Wynlandgoed toe gegaan vir ʼn piekniek onder die Wilgerbome.  By die dam het hy op een knie gegaan en die groot vraag gevra.

Vertel ons meer oor julle ringe.


Toe ek en Shane oorspronklik gegaan het sodat ek ring kan uitkies het ek baie enkel steen ringe aangepas, maar niks het op my hand gepas nie.  So het ek toe eintlik ʼn paar “Trilogie-Ringe” probeer en dit het perfek gelyk.  Ek het altyd geweet ek wil ʼn Roosgoud ring hê en was onseker oor die stene.  Shane het ʼn ongelooflike mooi diamant ring geërf van sy ouma.  Ons besluit om met dié stene te werk om die erfenis aan die lewe te hou.

My verloofring is ʼn dun Roosgoud ring met ʼn groter ronde diamant in die middel met twee kleiner diamante aan elke kant.  Shane het ʼn fantastiese werk gedoen met die ontwerp van die ring.  Ek was in ekstase toe ek die finale produk gesien het!

 

Wat was vir jul die mees merkwaardigste oomblik van dié dag?


Die oomblik toe ek om die draai kom en my toekomstige man se gesig sien.  Genade, ek kon myself nie bymekaar hou nie.  Ons het albei baie hard probeer om die trane van blydskap terug te hou, sonder enige sukses.  Dit was net die mees besonderse oomblik met al ons geliefdes om ons wat die betekenis van ons toewyding aan mekaar verstaan.

Vertel ons meer oor jul Fotograaf en Videograaf


Ons fotograaf was Katherine Lawrence en videograwe was Brad en Nathalie van Red Popped Balloon.  Almal se diens was uitstekend en ek sal hul hoogs aanbeveel aan enige iemand wat beplan om te trou.

Katherine het ons baie gemaklik laat voel en het alles vlot laat verloop met die neem van die foto’s.  Dit was verbasend wat sy alles kon vasvang met so beperkte tyd.  Ons is vreeslik tevrede met die eind produk van ons spesiale dag.  Sy moes nogal werk met ʼn besige groep en sy het dit reggekry met gemak.

Brad en Nathalie het ook net gemaklik deel geraak en die ongelooflike trou video geproduseer.  Dit het nie eens vir ons gevoel om ons afgeneem word deur die dag nie.  Hulle was so versteek, maar wow elke keer as ek na die beeldmateriaal kyk word ek so emosioneel.  Hulle werk so vlot saam as ʼn span en die kwaliteit van hul werk is uitstekend!

Hoekom het jul besluit op die venue?


Na die soektog na ʼn venue en vele kwotasies het ons met die idee op gekom om ʼn ontspanne chic piekniek in die opelug te hou om die presiese plek waar ons verloof geraak het.  Ons moes net vreeslik hard bid dat dit nie reën nie,  en gelukkig vir ons het dit eers later die aand gereën.  Die weer was ongelooflik en ons het ons perfekte dag gekry.

Wat was die inspirasie vir jul dekor?


Ek hou baie van Roosgoud, albei my verloof- en Trouring is Roosgoud, so wou definitief elemente in bring.  Bloos-Pienk gaan so goed saam Roosgoud, so dit was ingebring met die mengsel van helder kleure met ʼn tikseltjie Vintage om die ontspanne buitelug gevoel te kry waarna ons gestreef het.

Wat sou jul verander indien moontlik?


Ons het besluit om alles die oggend van die troue self op te stel.  Ons het genoeg tyd gehad en die opstel het heel goed verloop.  Ek wens egter ons het mense gehuur om met die opstel te help, maar meer om te help met die op pak na die geleentheid.  Sodra die feesvieringe verby is wil jy nie regtig nog aanbly om op te pak nie.

Ons was geseënd dat vriende en familie ons gehelp het daarmee,  dit sou net beter gewees het as ons mense gehuur het om dit te doen.  Boonop het ons druk gekry toe dit begin reën so ons almal was nat en moeg na die lang dag.  Groot wenk is om eerder geld te spandeer op hulp, dit is definitief die moeite werd!

Advies wat julle aan ander paartjies kan gee wat besig is om hul troue te beplan?


Ons eerste plek waar ons begin het was om ʼn Pinterest-bord te maak war ons al ons idees op geplaas het vir alles van sitplek dekor, blomme, klere vir die bruid-  en bruidegom gevolg (natuurlik nie my trourok idees nie) en geskenke.  Toe die Pinterest bord begin groei het, het ons van die idees geskrap waarvan ons nie gehou het nie en was oorgelaat die idees waarvan ons albei hou en so het ons verbeelding begin werk met die beplanning van ons groot dag.

Ek was regtig geseën met ʼn baie behulpsame verloofde en hy het gedeel met die werklading van ʼn trou beplan.  Ek het van die diensverskaffers gekontak en Shane weer ander.  Die einde van die dag was dit heeltemal ʼn spanpoging

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou?


Ons begroting was aanvanklik R80 000 toe ons gekyk het na ʼn woud op vriende van ons se plaas – daar was geen venue huur nie.  Die plan het nie uitgewerk nie, maar aan die einde van die dag het alles uitgewerk soos dit moes.   Ons het R124 000 in totaal te spandeer.   Ons het besluit op wat die mees belangrikste elemente vir ons albei was en het sodoende ons begroting daarop gefokus.  Die dekor nie uitspattig nie en ons het dit eenvoudig, tog elegant gehou.

Alhoewel dit ʼn baie belangrike dag vir ons was, wou ons nie skuld maak nie.  Ons het skuld-vry gebly deur die hele trou beplanning.

Wittebrood


Wow, Shane het die hele wittebrood self beplan en hy het sy taak uitstekend gedoen.  Hy het selfs ‘n volledige reisplan vir die reis met verskillende avonture beplan.

Ons het na die Filippyne vir so 2 weke gegaan vir ons Wittebrood.  Die Filippyne is so ‘n pragtige, onaangeraakte land met soveel skoonheid oral.  Ons het by die wonderlike oord, Liquid Devine,  in die middel van ʼn tropiese landskap gebly. Ons het soveel nuwe dinge ervaar; Van Walvishaai duik by Oslob, snorkel met see skilpaaie by Apo Island, toer deur grotte en watervalle, asook bromponie ry rondom die eiland Siquijor.  Dit was ʼn avontuur van ʼn leeftyd!  Ons het plaaslike mense ontmoet en plaaslike etes ervaar.  Die kos by die oord is fantasties.

Elke dag was ons gemasseer deur hul talentvolle masseer terapeut en skemerkelkies om die dag af te eindig.  Dit was verseker die beste ervaring wat ons tot hede ervaar het.


    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: