Llewellyn & Sunette se Hartebeespoortdam troue

Ons is deel graag die troue van Llewellyn en Sunette met ons lesers, want wat vir ons uitstaan by dié troue is dat dit wel by ʼn oord naby die Hartebeespoortdam was maar die dekor was meer aan die fyner kant.  Paartjies hoef nie altyd die plaas en/of rustieke tema regdeur te gebruik nie.  Bring ʼn sagte en elegante kontras van dekor na vore teen die ruwe agtergrond wat so ʼn omgewing bring.  Die fotosessie laat ons baie dink aan ʼn plaas, so paartjies wat beplan om op ʼn plaas te trou sal ook sommer baie inspirasie in die artikel en fotos onder vind.

Wat was jul trou datum en hoe oud was jul albei op dié dag?


27 April 2018; Llewellyn 34 en Sunette 26

Hoe het julle mekaar ontmoet?


Ons het albei ʼn sosiale geleentheid by gewoon in Junie 2012, een van sy vriende het na my toe gekom en gesê dat Llewellyn ogies maak vir my. Ek het na hom toe gestap en begin gesels, ons het dadelik gekliek, die volgende week op ons eerste afspraak gegaan. En soos my Pa op ons troue gesê het vir al die jare verder het ons net ogies vir mekaar.

Hoe het julle verloof geraak?


Ons was op vakansie in die kaap Augustus 2017, op Llewellyn se verjaarsdag was ons op kaap punt.  By die uit kyk punt was ek besig om fotos te neem terwyl hy my vas hou en die volgende oomblik toe vra hy my om te trou.  Ek het eers gesê ‘wat?!’ Was stom geslaan, en toe vra hy my weer..  En toe sê ek Ja..

Wat was die merkwaardigste oomblik van die dag?


Die hele dag was merkwaardig, daar was nie net een oomblik gewees nie.

 

Vertel ons meer van jul ringe.


Llewellyn het my eers gevra om te trou en toe die volgende week gevat om ʼn ring te kies.  Hy het ʼn ring uit gewys, ek was mal oor dit en toe is dit my ring.  Ek het sy ring gekies en bestel van Unbreakable man af.

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.


Ek het Margaux se werk geken deur my besigheid, ons was mal oor haar styl. Ons het haar ontmoet vir koffie en dadelik so goed oor die weg gekom.  Ek glo dit is belangrik om gemaklik te wees met jou trou fotograaf, mens sien dit dadelik in fotos.  Margaux doen ook videografie en ons wou graag videografie ook gehad het.  So dit was ʼn natuurlike keuse om haar vir beide te gebruik.  Sy laat mens so gemaklik voel, haar styl is natuurlik, sy vang elke klein detail vas en is werklik net wonderlik.

Hoe het julle die venue gekies?


Ons het lank na ‘n venue gesoek.  Met 21 gaste is daar min opsies gewees, toe begin ons na lodges / gaste huise te soek.  Van die fotos af was ons mal oor Sky Lodge. Hul het genoeg oor slaap plek gehad, ‘n ongelooflike mooi uitsig oor die dam, en ons mag daar getrou het.  En toe is die koel deur die kerk.

Wat was die inspirasie agter jul dekor?


Omdat ek self in die trou industrie werk is ek baie bewus van tendense.

Ons wou graag alles baie klassiek en tydloos hou.  Ons het met Wit, Grys, en metale (Goud, Silwer, Roosgoud en Koper) gewerk.  Die venue met die uitsig was reeds so mooi ons hoef nie te veel by gelas het nie.

Wat sou julle verander indien moontlik?


Niks nie, dit was werklik ʼn wonderlike dag.  Klein goedjies het hier en daar nie volgens plan gegaan nie maar ons het aangepas en voortgegaan.

 

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Moenie dat die troue groter as julle raak nie.  Neem ander mense se opinies in ag maar hou by julle eie besluite.  Dit is ʼn spesiale dag vir julle albei, maar die belangrikste deel is julle huwelik na die troue.  Die tafeldoek en strooimeisie rokke wat nie presies die selfde kleur is nie gaan geen betekenis aan julle huwelik gee nie.

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou?


Ons begroting was R60 000, ons het besluit om geld te spandeer op plekke wat belangrik is vir ons en verder te sny.  Kos, fotograaf en die tafel was belangrik vir ons, ons het net een lang tafel gehad want ons wou hê almal moet saam kan kuier soos een groot familie.

Vertel ons meer van jul Wittebrood


Ons het na die troue net op ʼn klein wittebrood gegaan naby ons venue by Hartbeespoort dam, omdat ons in Junie Parys toe was.  Parys in die somer is wonderlik!


Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: