Francois & Michelle se liefdevolle veld verlowings fotosessie

Vanaf verby mekaar leef gedurende hoërskool, na ʼn kort Facebook interaksie … Toe heen-en-weer gesels oor Whatsapp, het Francois en Michelle uit eindelik die volgende stap geneem en saam op ʼn “koffie-date” gegaan.  Alhoewel dit begin het as net jou alledaagse koffie afspraak, het dit vinnig na meer verander.  Een aktiwiteit na die ander, het hierdie paartjie se afspraak ʼn 18-ure lank “koffie-date” geword.  Spring voorentoe na ʼn liefdevolle veld verlowings fotosessie, wat deur en deur hierdie paartjie se liefde vir mekaar weerspieël.

Francois en Michelle se liefdesverhaal wys vir ons dat mens soms mens se lewensmaat al lankal ontmoet het, sonder dat jy dit besef.  Wie weet, jou ander helfte mag dalk nog die hele tyd ‘onder jou neus wees’!

Rol af om meer te lees oor Francois en Michelle se liefdevolle veld verlowings fotosessie.  Mooi Troues se lesers sal definitief baat deur om hierdeur te lees.  Veral as jul onseker is oor die voordele van ʼn verlowings fotosessie, voor jul groot dag.  Baie mense mag dalk dink dit is onnodig maar dit is nie noodwendig waar nie.  Om so ʼn fotosessie uit te voer voor jou troudag kan die hoeveelheid stres op die groot dag baie verminder.  So kry die paartjie byvoorbeeld ʼn kans om vooraf gemaklik te raak voor die kamera!

Saam met die verlowings fotosessie inspirasie te vind hieronder, kan Mooi Troues se lesers na ons aanlyn trougids toe gaan, indien jul opsoek is na enige diensverskaffers vir albei jul verlowing fotosessie en jul toekomstige troudag.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons was in dieselfde hoërskool, maar ons het mekaar nooit regtig geken nie … Alles het begin met ‘n Facebook vriend versoek, gevolg deur ʼn Facebook boodskap.  Van daar af het nie ʼn dag verby gegaan wat ons nie met mekaar gepraat het nie.

Ons het vir ʼn maand lank heen-en-weer gesels oor Whatsapp. Toe het ons uiteindelik besluit om op ‘n “koffie-date” te gaan.  Een aktiwiteit na die ander, het dié afspraak van ʼn uur se beplande koffie na ʼn 18-ure afspraak verander.  Om 4-uur die volgende oggend het ons nogsteeds lekker gesels.  Ons wou net nie die “koffie-date” beëindig en vir mekaar totsiens sê nie!

Die groot vraag:


Ek (Francois) was van plan om die cliché verlowing op die strand te doen. Weens KOVID-19 regulasies sou dit wel nie uitwerk nie, want ons het besluit om by die huis te bly en nie see toe te gaan nie.  Ek moes toe aan ʼn ander plan dink … Michelle is ʼn baie groot familie mens.  Toe ons hoor ons gaan vir Versoeningsdag na haar familie toe het ek geweet ek gaan dit daar voor almal doen.

Nadat al die geskenke uitgedeel was, het almal rustig saam gekuier.  Ek het vir haar ʼn boks met al ons herinneringe in gegee en vir haar gesê dat dit nou tyd is om nuwes te maak.   Ek het toe almal se aandag gekry en tot almal se verbasing, net daar op my knieë gegaan en haar gevra om met my te trou.

Die verloofring:


Met geen idee van ʼn verlowing wat oppad is nie, het ek (Michelle) baie skimpe na Francois se kant toe gegooi.  Soos alle meisies het ek in ʼn subtiele manier genoem wat ek graag eendag sou wou hê in ʼn ring.  Ek het al my idees vir hom verduidelik.  Hy het na die tyd ruk vir my gese dat ek heeltemal te besluiteloos is en as hy vir my moes wag om ʼn ring te kies sou ons nooit verloof raak nie! Hy het toe die ontwerp proses in sy eie hande geneem.  Aan die ou einde het hy die perfekte ring ontwerp.  Die verloofring was steeds vir my (Michelle) totaal en al ʼn verrassing, hy het alles wat ek vir hom gesê het in ag geneem.  Ek sal niks daarvan verander nie!

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ons wou hoofsaaklik ʼn veld verlowings fotosessie doen sodat ons die foto’s kon gebruik vir ons trou-uitnodigings.  Eers later het ons besef dat ʼn verlowings fotosessie eintlik meer bonusse het as net ʼn paar liefdevolle foto’s!  Om ʼn verlowings fotosessie te beplan en uit te voer het baie bates.  Dit kan die hoeveelheid stres en druk van ons groot dag redelik baie verminder, omdat ons na die foto sessie meer gemaklik is met ons gekose fotograaf.  Boonop dit, weet ons nou wat om te verwag van ons troudag se foto’s.  Ons hou van die styl en tipe fotos wat hulle neem so ons sal beslis gelukkig wees met ons troudag se foto’s!  Te danke aan die liefdevolle veld verlowings fotosessie, kan ons in die toekoms oor een minder ding bekommer!

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

  • Fotograaf: Silwer White Media
  • Fotosessie Venue: Serengeti
  • Verloofring: Lorien Manufacturing Juwellers