Wittebrood by Garden Route Game Lodge

Geniet jou droom wittebrood by die Garden Room Game Lodge net voor Mosselbaai.  Ons het ‘n naweek geniet by die Garden Route Game Lodge in hulle Sunset Ridge kamers.  Ons het dit so baie geniet, ons wou nie huistoe gaan nie!  Die lekker ding van die Garden Route Game Lodge is die feit dat dit naby genoeg is aan die stad, maar ver genoeg weg is om ‘n hele ander ervaring as die normale te hê.  Mens  kan een met die natuur en wilde diere te wees.

Die area is Malaria vry, wat nog ‘n groot voordeel is.  Dit kan jou baie onnodige mediese besoeke spaar!  Jy kan ook die reservaat maklik besoek sonder ‘n 4×4.  Dit is ‘n groot voordeel vir paartjies wat nie ‘n 4×4 het nie.  Garden Route Game Lodge is ‘n privaat wild reservaat en ‘n oases waar jy jou skoene kan uitskop en net ordentlik kan ontspan sonder om jouself oor enigiets te bekommer!

Gedurende ons verblyf het ons oggend en aand wild-ritte gehad. Die naweek wat ons gegaan het, het dit vreeslik gereën en was dit bietjie nat, maar ons het dit nogsteeds baie geniet, want ons het Warm-waterbottels en ponjo’s gekry om ons warm te hou.  Ons was so opgewonde die reën het nie saak gemaak nie.  Op ons wild-ritte het ons Olifante, Renosters, Jagluiperd Seekoei, Buffels, Springbokke, Kameelperde, Hiëna en Leeus gesien.   Die wild-ritte neem tussen twee en drie ure.

Pakette


Die kamers asook die hoof lodge het gratis Wi-Fi vir gaste om te gebruik indien jy, jou romantiese wegbreek met jou vriende en familie wil deel op sosiale media.

Die Garden Route Game Lodge het ‘n Wittebrood Safari pakket beskikbaar.  Jy sal in hulle Sunset Ridge suites bly, wat hulle luukse suites is.  Ingesluti is ‘n buite bad in ‘n Boma vir ekstra privaatheid of ‘n massiewe binne-bad wat uitloop op die buite bad-area.  Jy sal ook verwelkom word met ‘n welkom drankie.  Hulle wittebrood pakket is ‘n twee nagte pakket. Dit sluit in twee nagte in die Sunset Ridge suite, ontbyt en aandete daagliks.   Jy kan jou ontbyt op jou suite se privaat dek geniet of jy kan na die Serengeti Restaurant gaan.

Daaglikse sonsopkoms en sonsak safari’s en skemerkelkies en vingerhappies op die wild-ritte.   Wittebrood paartjies kan ook ‘n “soet bord”  en Fynbos blomme in die kamer verwag en ‘n heerlike bottel yskoue Cap Classique in die kamer.  Jy sal ‘n romantiese “omslaanproses om reg te maak vir slaap” kry vir jou eerste nag se verblyf.   Die getroude paartjie sal ook ‘n rug massering kry by die Ayana Spa.

Die Garden Route Game Lodge het ‘n lekker groot restaurant area met ‘n buite dek wat oor die reservaat uitkyk.  Daar is ook ‘n kroeg area waar jy drankies kan geniet en ‘n winkeltjie wat oulike geskenkies verkoop.

Reptiel Park


Ons het ook die Reptiel Park besoek waar jy slange en krokodille in lewende lywe kan aanskou.  Hulle het ‘n toer elke dag, maar anders kan jy ook self gaan soos ons en net daar rondloop en kyk.

Swembad


Hulle is tans besig om ‘n splinternuwe swembad area te bou.  Ons het dit ongelukkig nie afgeneem het nie, want dit was nog in die finale bou proses en amper klaar.  Dit gaan fantasties wees!  Ons het die planne daarvan gesien en ook die bou perseel besoek.  Ons kan al klaar ons self in dink hoe jy ‘n heerlike drankie langs die swembad kan geniet en in die Afrika son lê en ontspan.

Daar is ook ander verblyf beskikbaar by Garden Route Game Lodge as jy na iets kleiner soek.  Klik hier om na al hulle verskillende verblyf opsies te kyk.

Bespreek jou wittebrood by Garden Route Game Lodge.  Jy kan hulle ‘n e-pos stuur na reservations@grgamelodge.co.za of hulle bel by 028 735 1200.