Connor & Anika se Natuurlike Paartjie Fotosessie in die Botaniese Tuine

Connor en Anika se warm paartjie fotosessie bied volop inspirasie vir enige paartjie wat die opregte emosie van hul verhouding op ’n natuurlike en betekenisvolle manier wil vasvang. Hoewel die paartjie nog nie verloof is nie, wys hierdie fotosessie hoe waardevol dit is om die spesiale oomblikke van ’n verhouding te verewig.

Die botaniese tuine het die perfekte agtergrond gebied, terwyl die goue middagson hul vreugdevolle persoonlikhede pragtig beklemtoon het. Kreatiewe fotografie gaan dikwels oor die vasvang van spontane oomblikke en hierdie fotosessie is ’n uitstekende voorbeeld daarvan. Die paartjie se ontspanne houdings weerspieël hul speelse verhouding, van hartlike omhelsings en spontane lag tot innige blikke terwyl hulle mekaar vashou.

Die natuurlike beligting en sagte goue gloed skep ’n warm, romantiese atmosfeer in elke foto en vier die ses jaar wat hulle reeds saam is op ’n besonderse manier.

Foto’s doen soveel meer as om net ’n oomblik vas te lê. Hulle vertel ’n storie en wys iets van die liefde en gemak wat tussen twee mense bestaan. Hierdie fotosessie bied ook mooi idees vir paartjies wat hul eie spesiale oomblikke voor die kamera wil vasvang.

En dalk is dit juis wat hierdie foto’s onder in die artikel van Connor en Anika so besonders maak. Daar is niks geforseerd aan hulle nie. Hulle is eenvoudig saam, hulle lag, geniet mekaar se geselskap en laat die oomblik sy eie gang gaan. Dit is die soort herinneringe waarna ’n mens later met ’n glimlag terugkyk.

Die eerste ontmoeting:


Ons het ontmoet op Hoërskool aan die einde van Graad 10. Ek onthou nog my eerste gedagte toe ek hom ontmoet het was dat hy lyk soos ʼn skilpad en dat ek die girl jammer kry wat eendag met hom uitgaan. Hy het my nie gelike nie, want ek het baie aggresief voorgekom as ek opgewonde was. Maar soos die tyd aangegaan het en die nar wat hy is, het hy my so maak lag dat ons is Graad 11 gevoelens begin kry het vir mekaar en ons verhouding begin het. Ons het dit wel eers official gemaak na matriek, maar amptelik al 6 jaar saam.

Gunstelling eienskappe van mekaar:


Sy is baie expressive en oop met haar emosies as sy excited is. Sy maak hierdie squeel geluide, dis so cute. Almal weet as sy excited is. Dis soos ʼn klein dogtertjie wat ʼn nuwe pop gekry het.

Ek is mal oor sy tergende humor. As ek kwaad is oor iets onnodig dan sal hy my so terg dat ek begin huil van die lag. Hy maak my altyd vreugde voel en soveel liefde. Sy dankbaarheid vir alles ook. Maak nie saak wat jy gee of doen nie, maak nie saak wie dit is nie. Hy is altyd so ongelooflik dankbaar.

Drome as paartjie:


Ons wil baie reis en die wêreld saam sien. Die ander droom is om ʼn groot plot te besit met sewe kinders, maar huidiglik het die negotiation nog net tot 5 gekom met hom. Die totale farmlife vrou en die man wat besigheid doen. Hy is te lief vir besigheid om dit te los.

Dinge wat die paartjie hou van om saam te doen:


Ons is mal oor rondry om na huise te kyk en baie eet. Ons is mal daaroor om te veel snacks te koop vir ʼn 1 uur movie en dan te moet rush om al die snacks klaar te eet voor ons ouers dit sien. Veral Masterchef, ons is groot foodies!

Rede vir die fotosessie:


Ek was verplig om dit te doen. Nee, ek grap! Anika het hierdie ding met foto’s, sy sê dit capture die emosie van wat werklik in ons harte aangaan. Sy kry sommer hoendervleis as mense foto’s van ons neem. Ek hou eintlik net van games.

So elkeen het maar sy ding: my ma hou van airfryers, Anika hou van dishwashers en fotosessies en ek hou van games. Maar ons het gedink dit sal lekker wees om hierdie oomblikke saam vas te vang en dalk vir eendag iets mooi te hê om in die huis te sit.

Inspirasie agter die fotosessie:


Die son, ons persoonlikhede is so loud en joyful. En al hoe ek dit kan beskryf in ʼn foto is as die son mens komplimenteer. Die hitte en die goud wat oor ons glimlagte skyn en ons lag weergalm. Ons is mal oor die natuur, so die botaniese tuine was net perfek vir die tyd en wie ons is.

Visie vir ʼn romantiese afspraak:


Connor is mal oor kos saam maak en snacks eet en movies kyk. Ek sukkel nog met saam kos maak, want ek en hy doen dit n bietjie anders.

My idee van romanties is enigiets waar ek lag. Ek dink aand twee gevalle. Een was toe Connor ‘n blanket en pillow fort in my sitkamer gebou met soveel snacks en The Hobbit movie. Die ander keer was toe ons by die see gaan stap het op ‘n sypaadjie in die mistige reën en sop nat gesit en roomys eet het. Ons het op die rotse gesit en oor alles onder die son gepraat tot die son gaan sak het. Dit was een van die romantieste oomblike wat ons al gehad het.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: