Chris & Liezl se Pragtige Troue in Stellenbosch

Met opgewondenheid deel ons Chris en Liezl se pragtige troue in Stellenbosch met julle.  Omring deur prentjie mooi uitsigte wat uitkyk oor die landerye en die mooi berge in die agtergrond. Le Fox is ʼn trou koördineerder wat spesialiseer in luukse troubeplanning en het ʼn fantastiese werk gedoen met Liezl en Chris se troudag.

Liezl het so mooi gelyk op haar troudag met haar pragtige trourok wat soveel detail op het en die lang sluier.  Chris het self baie deftig gelyk in sy swart troupak.

Voordat gaste die onthaal binne gegaan het, het hulle die uitsigte geniet met ʼn paar drankies en musiek vermaak deur Shout Music Company.  Musiek is só belangrik by enige troue, omrede dit almal goed laat voel en maak jou trou gaste ook bietjie meer ontspanne.

Wit en Groen is altyd ʼn wenner vir ʼn moderne troue en dit is nie so gekoppel aan ʼn spesifieke tydperk nie.  Iets wat altyd baie stylvol sal wees.  Die dekor elemente is eenvoudig en modern en pas so mooi in by die hele estetika van die trou venue.  Hire Haus is ʼn fantastiese trou dekor verskaffer waar jy dekor items vir jou troue kan huur.  So sal jy ook ʼn pragtige troue kan hê soos die een.

Chris het Liezl verras met ʼn heerlike plaaslike wittebrood na Durban in KwaZulu-Natal.  Rol af om meer te lees oor die paartjie se storie en om meer te sien van Chris en Liezl se pragtige proue.

Paartjie se Liefdesreis:


Ek en Chris het beide by dieselfde ouditeursfirma gewerk en het gedurende ons klerkskap ontmoet.  Chris en ek was op dieselfde ouditspan en die res is basies geskiedenis!   Ons verlowing was ongelooflik, ons het vakansie gehou in Santorini en toe sak Chris neer op een knie gedurende die mooiste sonsondergang!  Ek het absoluut niks verwag nie en dit was só spesiaal.

Die Verlowing Tydperk:


Ons was redelik lank verloof (omtrent 2 jaar) Kovid het ongelukkig ʼn rol gespeel.  Die troue was van Desember 2020 uitgestel tot Desember 2021.  Ons woon tans in Amsterdam en ʼn troubeplanner was ʼn absolute moet vir ons!!

Trou Begroting:


Al wat ons kan sê is dat ons redelik ons trou begroting oorskry het.  Ons het het net so oor die 80 gaste gehad.  Die kleiner goedjies som vinnig op!

Die Besluitnemingsproses:


Alle besluite is gesamentlik deur my en Chris geneem.  Dit was maklik, want ons het geweet wat ons wil hê.

Ons het natuurlik baie albei ons ma’s se opinie gevra en hulle het ons baie gehelp!  Ons het die groep klein gehou, want te veel opinies is oorweldigend.

Merkwaardigste Oomblikke:


Liezl:

Die eerste keer toe Chris my sien by die kansel afstap en Chris het dié ongelooflikste toespraak op my gemaak, almal was in trane.

Chris:

Die hele dag was ʼn hoogtepunt en die eerste dans het ek meer geniet as wat ek gedink het.  Ek is nie eintlik ʼn danser nie!

Paartjie se styl:


Ons hou van stylvol en nie oorbodig nie.  My trourok was stylvol en elegant en Chris se pak was ʼn klassieke swart.

Ons trouringe is ook eenvoudig, ek het ʼn ovaal ring en ʼn eenvoudig diamant pand langs dit.  Chris se ring is ʼn dun goue pand.

Gunsteling Diensverskaffers:


Ons troubeplanner het alles so maklik gemaak vir ons en Elzahn is net ongelooflik en sy het gehelp met detail agter die skerms wat ons nie eers van bewus was op die dag vd troue nie.  Alles het seepglad verloop!!

Ons fotograaf was ook ongelooflik, mens voel sommer tuis voor die lens en die fotos was so vinnig dat ons weer kon teruggaan en die tyd saam ons familie en vriende geniet en dan kon ons so ook spesiale ‘in the moment’ oomblikke vasvang met jou familie ens.

Vermaak:


Ons het vir die voordrankies Emma de Goede gehad wat jazz gesing het.  ONGELOOFLIK!  En vir die onthaal het ons ʼn platejoggie gehad wat die gaste op die dansvloer gehou het!!

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Ons kan regtig se ons sal NIKS verander aan ons troudag nie, niks het verkeerd gegaan nie.  As ons kan wens ons vir presies dieselfde dag weer net so!!!  Cliché, maar beste dag ooit.

Venue & Dekor:


Ons het op eerste oogopslag verlief geraak op Louisvale.  Die uitsig (vir beide die seremonie en voordrankies) en die spasie vir die onthaal was net ongelooflik!!  Om nie eers die kos te noem nie!  Ons trou dekor wou ons eenvoudig hou en wat by ons pas en het gekies vir die klassieke wit, groen en natuurlik kandelare.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Van beide van ons: Ons het voor die tyd gesê ons moet oomblikke saam neem deur die dag om alles in te neem en dis presies wat ons gedoen het.  Ons het so deur die dag net gesê vir mekaar: “Wow hoe ongelooflik is hierdie nie?”.

Wittebrood:


Die wittebrood was vir my (Liezl) ʼn verassing!  Ons het Durban toe gevlieg en toe op ʼn safari gegaan en in die bos gebly in ‘glamping’ tente by Rhino Sands.  Dit was ʼn absolute bederf en vir ons is dit ekstra spesiaal om toeris in SA te speel omdat ons oorsee bly.  Ons was ook by the Oyster Box Hotel.  Ons het die tyd verdeel tussen die twee plekke.

Eerste Dans:


Ons het op ‘Keith Urban se Somebody like you‘ gedans.  Ons het gevoel dit het ʼn lekker ritme en ons hou net baie van die liedjie.  Dit was ook lekker om dan direk daarna die dansvloer oop te maak na so ʼn liedjie!  Ons het gesokkie en het lekker voor die tyd in ons woonstel geoefen.

    Artikel Diensverskaffers:

    [section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers:

    [endsection]