Jaco & Bellamy se klassieke bruilofsfees

Hier by Mooi Troues deel ons graag met ons lesers meer van Jaco en Bellamy se klassieke bruilofsfees.  Die paartjie styl is so elegant en deftig.  Dis bitter mooi!

Jaco en Bellamy se klassieke bruilofsfees het plaasgevind by die ongelooflike Belair Pavilion.  Dié trou venue in Paarl is so  besonders mooi.  Belair is bekend vir hul ongelooflike tuine, waarmee min kan vergelyk.  Die onthaal area is so  uniek en bestaan uit staal pilare, met glas deure wat reg rondom oop maak na die prentjie mooi tuine.

Die trou koördineerder is ook uit die boonste rakke.  Sy het tot Bellamy se redding gekom net voor sy by die trougang moes afloop.  Tracy van Trunk Events weet presies hoe die beste van ʼn situasie te maak.  Vanaf die beplanning en konseptualisering van die ontwerp en styl van die geleentheid;  bied Tracy ʼn uiters praktiese diens aan al haar kliënte.

Die trou dekor was so besonders mooi en die hele konsep van Jaco en Bellamy se klassieke bruilofsfees was net ongelooflik.  Hire Haus het hulself beslis oortref en hulle gebruik gekombineerde talente om seker te maak dat al hul kliënte goed versorg word.  Hul doel is dat jou trou dekor alles is waaraan jy ooit gedroom het en soveel meer.

Rol gerus af en geniet meer oor Jaco en Bellamy se klassieke bruilofsfees.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het mekaar op Tygerberg Kampus ontmoet toe Bellamy Arbeidsterapie en Jaco Medies swot.  Ons het vir sewe jaar uitgegaan voordat Jaco op een knieg gegaan het by Nambiti Game Reserve in Oktober 2019.

Die Verlowing Tydperk:


Ons was vir 1 jaar 5 maande verloof.  Ons het Tracy van Trunk Events gebruik as ons trou beplanner en sy was net so ongelooflik!

Finansiële Aspekte:


Ons het nie ʼn vaste begroting gehad nie, maar ons het ʼn Excel-sigblad gebruik om ons finansies dop te hou.  Ons het 110 gaste gehad.

Merkwaardigste Oomblikke:


My sluier het afgewaai, die enigste oomblik wat die wind gewaai het daardie dag, net toe ek by die trougang afstap.  Ek het dit darem gevang terwyl dit afgewaai het.  My pa het gesukkel om uit te vind hoe om my sluier weer terug op te sit.  Gelukkig het Tracy van Trunk Events vinnig ingespring en my gehelp.

Die ʼnie-so-perfek’ oomblikke:


Net toe my sluier af waai, maar dit het eintlik komieklike verligting verskaf en almal het hande geklap toe ek by die trougang afstap, die tweede keer.

Spesiale Tradisies:


Nee, ons wou net hê dat ons gaste baie geliefd sal voel.  Ons het onmiddelik die koek gesny na die konfetti gegooi is en ons het kort toesprake gehad.

Paartjie se styl:


Jaco se styl is baie funky en hy hou baie van “verskillende” voorkomste.  Ek het 3 woorde gekies om my rok te beskryf: sexy, elegant and deftig.  Jaco wou ook ʼn ander tipe kleur kies vir sy pak en toe kies hy vlootblou.

Die Besluitnemingsproses:


Bellamy het meestal van die dekor beplan, maar Jaco was deel van al die finale besluite.  Jaco se ma was baie betrokke met die keuse van die dekor, want sy is baie stylvol.  Nog ʼn baie goeie vriend, wat ook in die geleentheids-beplanning industrie is het vir ons ook wonderlike advies gegee in verband met die kleurskema en om dekor elemente mooi saam te laat werk.

Gunsteling Diensverskaffers:


Fotograwe – Thunder and Love Photography.  Hulle eienaardige en prettige persoonlikhede het ons so gemaklik laat voel.  Ons het ʼn wonderlike tyd gehad met Shan en Simon.

Venue & Dekor:


ʼn Vriendin het Bel Air aan ons voorgestel en ons was onmiddelik verlief op die venue.  ʼn Mens hoef nie eers baie dekor te gebruik nie, want die venue self is net so mooi.  Ons wou baie simplisties gaan, maar ook sjiek.

KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:


Ons moes gelukkig nie ons oorpronklike troudatum skuif nie.  Baie van die gaste en ouma’s en oupa’s, wat oorsee bly, kon ongelukkig nie ons troue bywoon nie.

Eerste Dans:


Ja, ons het en het vir dansklasse gegaan wat so baie gehelp het.  Beide van ons wou ʼn tipe van ʼn sokkie doen, maar sonder die sokkie musiek.  Ons dans instrukteur het gehelp om ons sokkie bewegings met ons liedjie te pas.  Ons het “She’s The One” by Robbie Williams gespeel.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Geniet dit en maak tyd om alleen te wees om te reflekteer en om die dag en mekaar te waardeer.

Wittebrood:


Ons was Hermanus toe en het by ʼn vriendin se huis gebly.  Dit was so lekker ontspannend en ons het op rustige avonture gegaan het.

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Diensverskaffers: