Malcolm & Kirsten se reuse verrassing verlowing

Hier by Mooi Troues is ons erg opgewonde om met ons lesers die inskrywing van Malcolm en Kirsten se verrassing verlowing te deel.  Kirsten was heeltemal onbewus van Malcolm se planne toe hul op ‘n helikopter rit gaan.  Hul vriende en familie het vir hul op die grond gewag en was bewus van Malcolm se planne.  Die fotograwe het ook reg gestaan met hul kamera vir die verrassing verlowing.  Die foto’s wat ons hieronder met ons lesers deel beeld al die egte emosies uit.  Kirsten was behoorlik verras toe Malcolm op sy knieg gaan en haar vra om te trou.  Ons lesers kan nou afrol en die verrassing verlowing fotosessie van Malcolm en Kirsten ten volle geniet.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons het ontmoet op hoërskool en toe verlief geraak.  Malcolm het saam met my broer rugby gespeel en ek het elke naweek gaan kyk hoe my broer speel.  My ma het Malcolm eendag op die veld vir my uit gewys en die res was geskiedenis.  Jy kan sê ek het die eerste skuif gemaak.  Ons het vir 10 jaar uitgegaan en op 10 jaar herdenking het Malcolm my gevra om te trou.

Die groot vraag:


Al ons vriende en familie was betrokke – Ons is albei vreeslike sosiale persone en sou dit nooi sonder hulle gedoen het nie.  Dit was ʼn reuse verassing naweek weg, hy het my gevra na ʼn helikopter vlug na ʼn pragtige berg in Tzaneen.  Hy het ook die hele Game Lodge uitgeboek vir die hele naweek vir die familie.  Dit was net verrassing bo verrassing.  Dit was vreeslik romanties en ons het nog nooit details bespreek nie.

Hoekom ons mekaar liefhet:


Ek en Malcolm balanseer mekaar baie goed uit.  Hy kan baie avontuurlustig wees en het ʼn goeie sin vir humor.  Ons lag baie saam en hy het my geleer om nie die lewe te ernstig op te neem nie..  Ek probeer Malcolm gegrond hou in sy besige lewe en dit lyk asof hy ook daarvan hou dat ek baie kook 😉

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons gaan volgende jaar Desember in Kaapstad trou.  So ons sal dan vir 18 maande verloof wees – dit was moeilik om ʼn datum te kry wat nie bots met rugby wedstryde nie.

Die verloofring:


Die verloofring was ʼn absolute verrassing.  Hy het wel geweet dat ek van iets eenvoudig en van hoë gehalte hou.  Hy het die perfekte steen gekies en ek hou absoluut van my ring.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ons is gewoonlik nie foto mense nie, maar een van my beste vriende het daarop aangedring dat Malcolm ʼn fotograaf en ʼn videograaf moet kry om die spesiale oomblik vas te vang, en ons is baie dankbaar daarvoor!

Ons sal beslis die foto’s in ons nuwe huis opsit!

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Die doel van die fotosessie was rou emosies vas te vang – Nicolene en Cyle was saam met ons op die berg en het foto’s geneem toe die Malcolm my vra om te troue.  Die foto’s van die familie en vriend se reaksies was ook vir ons so spesiaal. soos in ware tyd vas gevang.

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :


Ons is baie opgewonde om verloof te wees en ons droomtroue te  begin beplan.  Ons het ook ʼn wonderlike troubeplanner wat ons help gedurende ons besige skedule.  Ongelukkig spandeer ons baie tyd uitmekaar tydens die verlowing, omrede ek in Johannesburg werk en Malcolm in Japan speel.  Daar is baie besluite oor FaceTime geneem!

Visie vir droomtroue:


Ons hoop vir ʼn naweek troue wat almal kan geniet.  Ons wil ons unie vier en sorgvry wees vir die naweek.  Ek leun na ʼn elegante formele affêre met ʼn paar verrassings vir ons gaste.  Ons gaan nie ʼn tradisionele troue hê nie!  Ek gee graag aandag aan detail en om ons gaste te bederf met goeie kos, lekker musiek en baie liefde!

KOVID 19 se uitwerking op jul trou reëlings:


Nie regtig omdat ons eers volgende jaar gaan trou.  Dit was ʼn bietjie moeilik om na Kaapstad te vlieg vir ʼn beperkte aantal mense vir ʼn venue besigtiging en rok aanpassing, maar verder niks wat hierdie pragtige geleentheid sou bederf nie!

Klik hier vir diensverskaffers