Danré en Monique se warm, rustieke troue was ’n viering van verfynde eenvoud en intieme liefde. Hul gekose styl, modern-rustiek genoem, het ’n tydlose en romantiese atmosfeer geskep waarin elke gas onmiddellik welkom gevoel het. Met ’n fyn oog vir detail het die paartjie bewys dat natuurlike elemente en luukse afwerkings mekaar pragtig kan aanvul.
Monique het gestraal in ’n ivoorkleurige bandelose trourok van sagte tule. Fyn blommetjies op die rok het ’n dromerige tekstuur bygevoeg, terwyl die korset-styl bolyf en die vloeiende A-lyn romp ’n elegante silhoeët geskep het wat nooit uit die mode gaan nie.
Danré het haar perfek aangevul in ’n stylvolle donkerblou troupak, afgerond met ’n wit formele hemp en ’n sjiek wynrooi das. Bruin leer-formele skoene het die aardse houttone van die dekor op ’n stylvolle manier komplementeer.
Die kleurskema was ’n harmonieuse mengsel van sagte saliegroen, ivoor en warm neutrale kleure. Om die palet meer diepte te gee, is aksente van diep wynrooi en natuurlike houttone bygevoeg. Die dekor was elegant en minimalisties, met natuurlike teksture soos volop groenigheid, bloekomblaar en fyn blommetjies wat die tafels sag en uitnodigend gemaak het. ’n Warm atmosfeer is geskep deur glasvase met drywende kerse wat ’n sagte gloed oor die venue gesprei het. Goue detail en helder glasware het ’n tikkie gesofistikeerdheid by die rustieke omgewing gevoeg.
Elke element van Danré en Monique se dag is doelbewus gekies om ’n atmosfeer van rustige luuksheid te skep. Dit was ’n ware viering van liefde wat sowel modern as diep gewortel in tradisie gevoel het.
Beplan jy ’n troue wat rustieke sjarme met moderne elegansie kombineer? Besoek Mooi Troues se trougids vir die beste diensverskaffers en venues om ’n warm, intieme atmosfeer vir jou groot dag te skep.

Trourok:
’n Ivoorkleurige strapless trourok van sagte tule met fyn blommetjies, ’n korset-styl bolyf en ’n ligte, vloeiende A-lyn romp wat ’n tydlose en elegante silhoeët skep.

Paartjie se Verlowing:
Ons het nog in Stellenbosch gewoon, en my man het voorgestel dat ons vir ’n lang naweek in September net bietjie weggaan. Ek het toe besluit om vir ons ’n naweek in Mosselbaai te reël. Al voor die tyd het hy heeltyd genoem dat hy graag die Knysna Elephant Park wil besoek, aangesien nie een van ons dit al ooit gedoen het nie.
Ons is toe Mosselbaai toe oor die langnaweek van 24 September 2024 — juis die naweek wat dit so erg in Mosselbaai gevloed het. Op 24 September het ons deur na Knysna gery om by die olifante te gaan kuier en hulle te voer. Weens die swaar reën wou hulle aanvanklik die ervaring kanselleer, maar my man het aangedring dat ons voortgaan, aangesien ons reeds op pad was.
Toe ons daar aankom, is ons geneem om die olifante te sien en te voer vir omtrent ’n halfuur tot ’n uur. Daarna het my man gereël dat ons saam met die olifante sou uitstap en foto’s saam met hulle neem. Die olifante was reeds buite en almal het vir ons gewag, toe dit skielik begin sous. Ons het toe saam met die ranger onder ’n klein dakkie gaan staan en wag dat die reën bedaar.
’n Wonderlike Oomblik
Terwyl ons daar staan, het ons met die ranger begin gesels, en hy het oor die Here met ons gepraat. Hy het toe sy hand uitgesteek en gebid dat die Here die reën net vir ’n rukkie sal laat ophou, sodat ons hierdie spesiale oomblik saam met die olifante kan beleef. En toe — ongelooflik genoeg — hou dit op reën.
Ons kon toe uiteindelik na die olifante toe stap. Vier of vyf groot, majestueuse olifante — ware gentle giants — het reg voor ons gestaan. Die ranger het vir my gewys waar ek moet staan vir ’n foto. Net toe ek omdraai, is my man op sy knie en vra my om met hom te trou.
Dit was sonder twyfel die mees spesiale oomblik van my lewe. Kort daarna het dit weer katte en honde begin reën, en in daardie oomblik het ek net besef: die Here het die reën laat ophou — net vir ons, net vir daardie oomblik.

Verloof- en Trouringe:
Monique verloofring: 1.5ct oval modified brilliant cut moissanite met ‘n hidden halo – die pant is gemaak van platinum. Gemaak deur Ring Artisan.
Monique troupant: 6x 2mm Round brilliant cut GH moissanite, 9K white gold. Gemaak deur Ring Artisan.
Danré troupant: Swart Tungsten Carbide ring gemaak deur Aphrodite Diamonds.

Trou Dekor en Styl:
Ons kleurskema het bestaan uit sagte saliegroen, ivoor en warm neutrale kleure, met aksente van diep wynrooi en natuurlike houttone. Die dekor was elegant en minimalisties, met volop groenigheid soos bloekomblaar en fyn blommetjies. Glasvase met drywende kerse het ’n sagte, warm atmosfeer geskep, terwyl goue detail en helder glasware ’n luukse afronding gegee het. Die algehele styl van ons troue was modern-rustiek met ’n tydlose, romantiese gevoel — warm, intiem en verfynd.

Trou Begroting en Beplanning:
Die paartjie het self aan hul troue beplan vir 89 gaste met ’n begroting van R200 000. Hulle het ongeveer een jaar aan die beplanning van hul spesiale dag bestee.

- Fotograaf: Heidi-Mari Photography | Kontak
- Venue: Bell and Blossom Wedding Venue | Kontak
- Blomme: Flower Bloss | Kontak
- Bruidegom-pak: Black Tie | Kontak
- Gaste Geskenke: Brielle Events| Kontak
- Grimering: Eve Image| Kontak
- Hare: Eve Image| Kontak
- Huurdienste: Illume Lights| Kontak
- Koördineerder: Macayla Barlow| Kontak
- Kroegdiens: Bell and Blossom Wedding Venue| Kontak
- Musiek: Kilowatt Productions| Kontak
- Platejoggie: Kilowatt Productions| Kontak
- Paartjie se verblyf: Bell and Blossom Wedding Venue| Kontak
- Strooijonkers bykomstighede: Black Tie| Kontak
- Skoene: Shein
- Skryfbehoeftes: Self gedoen
- Spyseniering: Bell and Blossom Wedding Venue| Kontak
- Trourok: Once Worn Bridal| Kontak
- Bruid se Trouring: Ring Artisan| Kontak
- Bruidegom se Trouring: Aphrodite Diamonds| Kontak
- Troukoek: Baking Squirrel| Kontak
- Videograaf: Heidi-Mari Photography| Kontak
- Wittebrood Bestemming: Mauritius
- Wittebrood Plek: Veranda Paul et Virginie| Kontak

