12 Stap Trou Beplanning Advies Reeks se Artikel 8

Mooi Troues se lesers kan ons 12-stap trou beplanning advies reeks van artikels volg wat maandeliks op Mooi Troues gepubliseer sal word. In hierdie advies artikels gee ons vir jou elke maand ʼn lys van items waaraan jy moet aandag gee. Ons het die trou beplanning opgebreek in kleiner stukkies, sodat dit nie só oorweldigend is om alles op eenslag te lees nie.

Om ʼn troue te beplan is baie stresvol, veral as jy ʼn selfdoen troue wil hou. Mooi Troues help jou om dit maklik en stresvry te doen met ons reeks opvolgende advies artikels. Klik hier vir meer advies artikels.

Ons het die vorige keer die sewende van ons twaalf maande trou beplanning aftiklys gedeel. Teen die tyd moes julle al meeste van jul trou diensverskaffer bespreek het. Dinge behoort nou bietjie meer struktuur te kry en die vloei van die trou beplanning moet al bietjie meer aan die gang wees.

As julle nog nie die punte in ons vorige artikels gedoen het nie, moet nie stres nie, jul kan dit doen teen jul eie spoed. Hierdie artikels is slegs ʼn riglyn vir jou om te gebruik om jou troue minder stresvol te maak deur ʼn jaar voor die tyd al met die beplanning proses te begin. Daar is paartjies wat daarvan hou om hulle troue in korter tydperke te doen, met bietjie meer stres. Daar is niks fout daarmee nie.

Vir ons agste artikel van ons 12-stap trou stap trou beplanning advies reeks, rol af.

Wat jul teen die tyd moes gedoen het:


As julle nog nie begin het nie, moenie stres nie. Daar is steeds tyd. Dit beteken net julle moet nou meer gefokus werk met julle trou beplanning.

Hier is ’n riglyn van wat teen hierdie stadium afgehandel behoort te wees:

  • Die begroting moet gefinaliseer wees.
  • Die troudatum moet bevestig wees.
  • Die trou venue moet bespreek wees.
  • Belangrike trou diensverskaffers moet bespreek wees.
  • Fotograwe en videograwe moet bevestig wees.
  • ’n Duidelike trou konsep en dekor styl moet gekies wees.
  • Jul trou versekering moet in plek wees.
  • Die gastelys van buitelandse gaste moet gefinaliseer wees.
  • Trourok keuses moet gefinaliseer wees.
  • Die bruidegom se pak moet besluit wees.
  • Seremonie besonderhede moet bespreek wees.
  • Jul huweliksbevestiger moet ontmoet wees.
  • Klank, musiek en platejoggie moet bespreek wees.
  • Verblyf opsies moet gefinaliseer wees.
  • ’n Dekor lys moet opgestel wees.
  • Die troukoek moet gefinaliseer wees.
  • Jul wittebrood moet beplan wees.
  • Repetisie aandete planne moet begin het.
  • Trou skryfbehoeftes moet gefinaliseer wees.
  • Save the Date moet uitgestuur wees.
  • Grimering en hare moet bespreek wees.
  • ’n Aktiwiteite lys vir buitelandse gaste moet gereed wees.
  • Jul verlowing fotosessie moet bevestig wees.
  • Vervoer vir gaste moet bespreek wees.
  • Danslesse moet begin het.
  • Jul musieklys moet saamgestel wees.
  • Spyseniering moet gefinaliseer wees.
  • Paspoorte en visums moet in orde wees indien nodig.

Finaliseer jul Diensverskaffers databasis:


Hou ’n volledige lys van al julle trou diensverskaffers. Dit sluit beide bevestigde en moontlike opsies in. Hierdie lys help julle om tred te hou met besprekings, betalings en belangrike notas.

Wanneer alles op een plek is, voel die hele proses baie meer beheerbaar. Dit help ook om vinnig te sien wat nog gedoen moet word.

Mooi Troues se Trougids is ’n wonderlike bron vir professionele trou diensverskaffers. Julle kan daar alles vind van romantiese trou venues tot kreatiewe verskaffers wat julle dag uniek maak.

Bruidegom se uitrusting:


Teen hierdie tyd behoort die bruidegom en sy strooijonkers se uitrustings gefinaliseer te wees. Maak seker almal pas hul pakke betyds aan.

’n Pak wat perfek sit, maak ’n groot verskil aan die algehele voorkoms. Indien nodig, laat klein verstellings professioneel doen sodat alles netjies en stylvol lyk.

Bruid se bykomstighede:


Nou is die tyd om aandag te gee aan die fyn detail. Bruid bykomstighede sluit items in soos juweliersware, skoene, haarbykomstighede en selfs iets warm vir koeler aande.

Hierdie klein elemente dra baie by tot jou tydlose trou mode en algehele voorkoms. Maak ’n lys en werk sistematies daardeur, sodat niks vergeet word nie.

Troupant:


As julle nog nie jul trouringe gekies of ontwerp het nie, is dit nou die regte tyd. Gee julleself genoeg tyd om iets te kies wat werklik by julle styl pas.

Indien julle ’n unieke ontwerp wil hê, onthou dat dit tyd neem om te maak. Sodra julle ringe gereed is, maak seker dit word verseker vir ekstra gemoedsrus.

Dink aan gaste geskenke:


Teen hierdie stadium is julle gastelys redelik finaal. Begin dink aan gaste geskenke as deel van die algehele gaste se ervaring.

Hierdie geskenkies hoef nie duur te wees nie. Dit kan iets eenvoudig en persoonlik wees wat julle styl weerspieël. Indien julle iets self wil maak, begin betyds.

Onthou, dit is nie ’n moet nie. Baie paartjies kies om dit uit te laat en fokus eerder op ander elemente van hul elegante onthaal.

Geskenk register:


’n Trou geskenk register maak dit makliker vir gaste om iets te kies wat julle werklik nodig het. Dit help om dubbele geskenke te vermy en maak die proses eenvoudiger vir almal.

Baie winkels bied hierdie diens aan, beide in winkel en aanlyn. Party bied selfs ekstra voordele of bonusse wanneer gaste items van julle lys koop.

Kies ’n verskeidenheid items in verskillende prysklasse. So kan elke gas iets kies wat binne hul begroting pas en steeds deel voel van julle spesiale dag.

Artikel Krediet:

  • Foto’s: Pexels
  • Artikel: Mooi Troues