Marom & Yakira se tradisionele Joodse troue

Suid-Afrika spog met ʼn ryk kulturele verskeidenheid.  By Mooi Troues is ons bevoorreg om met ons lesers ʼn tradisionele Joodse troue te deel.  In Marom & Yakira se troue leer ons meer oor die mooi tradisies van ʼn tradisionele Joodse troue.  Baie dankie aan die paartjie wat dié tradisies baie goed vir ons verduidelik.

‘n Baie oulike element wat vir ons uitgestaan het is hoe Marom aan Yakira gevra het om sy vrou te word.  Ons hou ook van die gebruik van baie feetjie liggies wat ‘n romantiese atmosfeer in hul venue geskep het.

Mooi Troues se lesers sal Marom en Yakira se liefdes verhaal ook baie geniet.  Hulle het slegs 6 maande gevat om hul sprokies troue te beplan. Julle kan nou afrol en die foto’s hieronder geniet wat die paartjie vir ewige herinneringe sal hê.

traditional Jewish wedding traditional Jewish weddingtraditional Jewish wedding traditional Jewish wedding

Paartjie se Liefdesreis


Ons het by die sinagoge ontmoet en vir 5 jaar uitgegaan voordat Marom my gevra het om te trou.  Hy het ʼn skattejag met 10 bestemmings regoor Johannesburg beplan. Elke bestemming het ʼn nota met ʼn raaisel op gehad, wat ek moes ontsyfer voordat ek na die volgende plek kon gaan.  Al die plekke het betekenis in ons verhouding gehad, byvoorbeeld waar ons ontmoet het, waar ons op ons eerste afspraak was, ens.  Die eindbestemming was by Sandton Biblioteek omdat ons dieselfde liefde vir boeke en lees deel.  Hy het buite die biblioteek my gevra om te trou, tesame met ʼn fotograaf wat die verlowing kon afneem.

traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish weddingtraditional Jewish wedding

Die Verlowing Tydperk


Ons was vir ses maande verloof voor ons troudag.  Ons het nie ʼn troubeplanner in hierdie tydperk gehad nie, maar ons families het ons baie bygestaan en gehelp om die spesiale dag te beplan.

traditional Jewish weddingtraditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding

Finansiële Aspekte


Joodse troues is geneig om groot troues te wees; Dus het ons 300 gaste gehad.  Ons moes ook ʼn ekstra fooi vir die venue betaal om Kosher Spyseniering in te bring.  Ons het vooraf besluit op ʼn begroting van R1,000 per gas, maar ons het ongelukkig effens oor hierdie begroting spandeer.

Voordat ons met die beplanning begin het, het ons bespreek wat vir ons die belangrikste aspekte is, waarop ons nie gaan kostes sny nie, asook aspekte waarop ons minder kan spandeer.  Dit het ons baie gehelp om verskillende kwotasies by diensteverskaffers kry.

traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding

Merkwaardigste Oomblikke


Daar was so baie spesiale oomblikke op ons troudag.  ʼn Oomblik wat uitstaan was beslis toe ons mekaar vir die eerste keer sien. Toe ons aangekondig word as ʼn getroude paartjie was ook werklik ʼn droom wat waar geword het.  Na die seremonie het ons gaste bietjie saam gekuier, en ons het ʼn paar foto’s geneem en ʼn tydjie alleen spandeer voor die onthaal begin het.  Hierdie paar minute was vir ons baie spesiaal, omdat ons al die emosies en opgewondenheid alleen kon inneem voordat al die dansery begin!  Ek sal beslis aanbeveel dat toekomstige bruidspare ook ʼn tydjie op hul eie uitsit voordat die seremonie begin.

traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding

Spesiale Tradisies


Omdat dit ʼn Joodse troue was, was daar baie spesiale tradisies. Ons het vir ʼn week voor die troue mekaar nie gesien nie. Ons het mekaar tydens die seremonie vir die eerste keer gesien.  So voor die seremonie het ons apart foto’s met ons families geneem, maar eers na die seremonie kon ons foto’s saam neem.

Ons seremonie het bestaan uit Marom wat sing en ons trou dokument teken tydens ʼn ete met sy vriende.  Daarna het hy na ʼn area gegaan waar ek saam my vriendinne gewag het.  Hy het my as sy bruid geïdentifiseer en met ʼn sluier toegemaak.

Hy het toe na die trou area geloop, wat ons die Chuppah noem, tesame met sy ouers wat hom aan albei kante vergesel.  Daarna het die strooimeisies by die paadjie afgestap en dan uiteindelik het ek by die paadjie afgestap saam my ouers weerskante van my.

Ons het ʼn tradisionele seremonie in Hebreeus en Aramaic gehad, begelei deur ʼn Rabbi.  Marom het my as sy vrou geneem en belowe om altyd vir my te sorg.  Hy het ʼn eenvoudige troupand aan die ringvinger van my linkerhand gesit. Die seremonie is af geïndig met die breek van glas om die vernietiging van ons heilige tempel in Jerusalem te herdenk.  Daarna is ons as paartjie weg begelei terwyl familie en vriende dans en tradisionele liedjies sing.  Daar het ook tradisionele Joodse dans plaasgevind, waar die mans en vrouens in aparte sirkels dans.

Joodse troues is altyd baie ryk in kultuur; Ons was baie gelukkig om Joodse kultuur van Oos Europa met Joodse kultuur van Morocco en Egipte te verenig om albei ons ryk erfenis te eer.

traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding

Paartjie se styl


Ek het vir my strooimeisies maroen materiaal gegee sodat hulle bymekaar kan pas.  Ek het nie omgegee watter styl hul kies nie.  Solank as wat dit die regte kleur was en hulle mooi en gemaklik gevoel het, was ek tevrede.  Marom het vir sy strooijonkers gevra om grys pakke en wit hemde aan te trek en ons het vir hulle maroen dasse gegee om te werk.

traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding

Venue & Dekor


Ons was opsoek na ʼn venue met ʼn pragtige buite-area.  Die venue moes ook natuurlik groot genoeg wees om 300 gaste te onthaal.  Terwyl ons na verskillende opsies op die internet gekyk het, het Idle Wild ons oog gevang.  Dit het werklik al ons verwagtinge oortref.

In terme van dekor het ons iets romanties ingedagte gehad, met baie feetjie liggies en groenigheid.  Met die hulp van Pinterest en ʼn dekor ontwerper met ʼn liefde vir feetjie liggies, was ons in staat om ʼn pragtige prentjie te skep.  Ons het besluit om feetjie liggies op die dak en die mure te hê.  Daar was pragtige lang hout tafels met lang rye groenigheid en afwisselende metaal hoepels en hout bome.  Dit was werklik mooier as wat ek ooit voor kom hoop.

traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding

Vermaak


ʼn Groep musikante het ons gaste vermaak met tradisionele musiek.  Daarna het ʼn platejoggie oorgeneem wat ʼn verskeidenheid liedjies gespeel het wat ons gaste op die dansvloer gehou het gedurende die aand.  Daar was ook mense wat foto’s van ons gaste geneem het en dit op magnete uitgedruk het.

traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding

Eerste Dans


Ons het besluit om nie ʼn eerste dans te hê nie.  Dit is nie verpligtend by Joodse troues nie, en met Marom se twee linker voete het ons besluit om eerder hierdie tradisie te laat vaar.

traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding traditional Jewish wedding

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir diensverskaffers