Kobus & Lize se fotosessie in Tsitsikamma

Kobus en Lize vier hul verlowing én 10 jaar herdenking met ‘n fotosessie in Tsitsikamma.  Dít is ook die einste plek waar hulle verloof geraak het, daarom was dit die perfekte ligging vir hul heel eerste professionele fotosessie.  Hulle ken die omgewing en het gemaklik voor die kamera geposeer.  Kobus en Lize het besluit om die fotograaf wat ook hul troufoto’s gaan neem.  Dit was dus die perfekte geleentheid vir die drie om mekaar beter te leer ken voor die groot dag aanbreek.  Die fotosessie het afgeskop met ‘n heerlike piekniek en ‘n bottel vonkelwyn om die atmosfeer te verlig.  Daarna het hulle die woud ingevaar en elke deeltjie van dié romantiese ligging benut.

Rol af om na die fotosessie in Tsitsikamma se ongelooflike natuurskoon te kyk.

Shaula Greyvenstein Photography Engagement photos in Tsitsikamma Shaula Greyvenstein Photography Engagement photos in Tsitsikamma Shaula Greyvenstein Photography

Vertel ons oor jul eerste ontmoeting?


Ek en Kobus is hoërskool-liefdes.  Ons was albei in Hoërskool Framesby in Port Elizabeth en is van Graad 11 af in ‘n verhouding.  Ons het maar altyd ‘n oog op mekaar gehad, maar was albei skamerig toe ons net in hoërskool ingekom het.  Die gesprekke was kort en kragtig totdat ons die moed bymekaar geskraap het om mekaar beter te leer ken.  Ons is vanjaar al 10 jaar saam.

Shaula Greyvenstein Photography Engagement photos in Tsitsikamma Shaula Greyvenstein Photography Engagement photos in Tsitsikamma Shaula Greyvenstein Photography Engagement photos in Tsitsikamma Shaula Greyvenstein Photography Engagement photos in Tsitsikamma Shaula Greyvenstein Photography Engagement photos in Tsitsikamma Shaula Greyvenstein Photography Engagement photos in Tsitsikamma Shaula Greyvenstein Photography Engagement photos in Tsitsikamma Shaula Greyvenstein Photography Engagement photos in Tsitsikamma Shaula Greyvenstein Photography Engagement photos in Tsitsikamma Shaula Greyvenstein Photography Engagement photos in Tsitsikamma Shaula Greyvenstein Photography Engagement photos in Tsitsikamma Shaula Greyvenstein Photography Engagement photos in Tsitsikamma Shaula Greyvenstein Photography Engagement photos in Tsitsikamma Shaula Greyvenstein Photography Engagement photos in Tsitsikamma Shaula Greyvenstein Photography Engagement photos in Tsitsikamma Shaula Greyvenstein Photography Engagement photos in Tsitsikamma Shaula Greyvenstein Photography Engagement photos in Tsitsikamma Engagement photos in Tsitsikamma Engagement photos in Tsitsikamma Engagement photos in Tsitsikamma Engagement photos in Tsitsikamma

Vertel ons meer oor die verlowing


Dit was die grootste verrassing!  Kobus het altyd gesê hy wil dit ‘n verrassing hou.  Hy is baie goed met geheime hou!  Ons het vir vriende gaan kuier in Knysna oor Paasnaweek en Kobus het genoem dat ek sommer vir ons ‘n aand in Tsitsikamma ook moet bespreek.  Ons het in ‘n pragtige plekkie daar gebly.  Toe ons die middag van die Tsitsikamma Village af terug kom vir aandete, het hy net daar in ons kamer op sy knie gegaan!  Ek het dit glad nie verwag nie en my eerste reaksie was “wat doen jy? Het jy my pa gevra?”  Ek het vir so minuut of twee aan bomskok gelei, maar toe dit eers insink, was ek in die wolke!

Shaula Greyvenstein Photography Shaula Greyvenstein Photography Shaula Greyvenstein Photography Shaula Greyvenstein Photography Shaula Greyvenstein Photography Shaula Greyvenstein Photography

Wat is onderskeidelik julle gunsteling eienskappe van mekaar?


Lize: Sy positiwiteit en sin vir humor.  Hy leer my om dinge met ‘n knippie sout te vat.

Kobus: Haar omgee en liefde vir ander.  Sy is baie onselfsugtig.

Shaula Greyvenstein Photography Shaula Greyvenstein Photography Shaula Greyvenstein Photography Shaula Greyvenstein Photography Shaula Greyvenstein Photography Shaula Greyvenstein Photography

Hoe lank beplan julle om verloof te wees voor julle troudag?


Ons trou die 4de April 2020.

Engagement photos in Tsitsikamma Engagement photos in Tsitsikamma Engagement photos in Tsitsikamma Engagement photos in Tsitsikamma

Vertel ons meer oor die verloofring


Dit was ook ‘n groot verrassing!  Kobus het met ‘n fyn oor geluister as ek vir my vriendinne vertel het waarvan ek hou.  Ek kon nie self `n meer perfekte ring gekies het nie!  Dis so spesiaal omdat ek weet dit iets is waarvan hy ook hou.

Engagement photos in Tsitsikamma Engagement photos in Tsitsikamma Engagement photos in Tsitsikamma Engagement photos in Tsitsikamma Shaula Greyvenstein Photography

Wat het julle laat besluit om ‘n verlowing fotosessie te doen?


Ons wou graag vir Shaula voor die troue ontmoet sodat ons gemakliker sal wees op die troudag.  Ons is al amper 10 jaar saam en het nog nooit ‘n fotosessie saam gedoen nie, so dit was die perfekte geleentheid.  Die foto’s beslis in ons huis gebruik word.

Shaula Greyvenstein Photography Shaula Greyvenstein Photography Shaula Greyvenstein Photography Shaula Greyvenstein Photography

Wat was jul inspirasie agter die fotosessie in terme van plek en styl van jul foto’s?


Ons het gevoel Tsitsikamma is die gepaste plek omdat ons daar verloof geraak het.  Ons is albei baie lief vir die natuur en voel gemaklik daar.  Dit was die lekkerste ervaring en Shaula het ons so gemaklik laat voel.

Engagement photos in Tsitsikamma Engagement photos in Tsitsikamma Engagement photos in Tsitsikamma Engagement photos in Tsitsikamma Engagement photos in Tsitsikamma vEngagement photos in Tsitsikamma

Wat is jul verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk?


Ons geniet verloof wees baie.  Troue beplan is ook lekker tot dusver – Kobus is meer van `n waarnemer as dit by die beplanning kom.  Dis nog `n paar maande voor die troue so ons sal seker nog die “trou stres” waarvan almal praat ervaar soos die groot dag nader kom.  Kobus is gelukkig nie iemand wat stres nie, so hopelik dra hy die rustigheid oor na my.

Shaula Greyvenstein Shaula Greyvenstein Shaula Greyvenstein Shaula Greyvenstein

Wat het julle ingedagte vir jul droom troue?


Ons grootste droom is dat dit ‘n lekker kuier moet wees wat al ons gunsteling mense geniet.  Die musiek moet lekker wees en almal moet lekker eet.  Ek hoop ook ons kan die dag en aand inneem en dat die tyd nie so sal vlieg soos wat almal sê nie.

Engagement photos in Tsitsikamma Engagement photos in Tsitsikamma Engagement photos in Tsitsikamma

Klik hier vir meer diensverskaffers