Stefan & Mulan paartjie fotosessie

Ons is gek daaroor om verliefde paartjies se stories met ons lesers te deel.  Stefan en Mulan se paartjie fotosessie bied tonne inspirasie vir paartjies wat opsoek is na inspirasie vir hul eie fotosessie.   ʼn Liefdesverhaal wat al eintlik op skool begin en toe later weer aangegaan het.   Die paartjie vertel dat hul van verskillende avonture hou.  Dit is altyd belangrik om ʼn avontuurlustige lewenstyl te hê en te streef na die positiewe in die lewe.

Baie paartjies kontak Mooi Troues om te vra wat hul moet aantrek vir hul fotosessies.  Dié paartjie fotosessie is weereens ʼn bewys dat jy dit simplisties, maar baie mooi kan doen.   Deur neutrale kleurskakerings aan te trek, trek dit die aandag na die paartjie en die emosies, meer as na die kleredrag.  So kry jy foto’s gevul met emosie.  Dit lê ook klem op die foto’s se agtergrond.  Die paartjie se fotosessie is letterlik iets wat jy vanaf ʼn Pinterest bord sal kry.

Vir meer inspirasie en om die paartjie se liefdesverhaal te lees, rol af.

Die eerste ontmoeting:


Ons het mekaar op skool ontmoet en was vriend tot ek (Mulan) geskuif het na ʼn ander skool. Dit is waar ons paadjies geskei het tot in met metriek.  Toe ons mekaar weer raak geloop het en lekker begin kuier het, ons het meer begin gesels en mekaar persoonlik beter leer ken. Ons verhouding het toe baie sterker geword. Van daar af het ons net saam gegroei as ʼn paartjie en is al 2 jaar saam in ʼn verhouding.

Gunsteling eienskappe van mekaar:


Stefan

Mulan se guns telling eienskap vir my is dat sy het ʼn manier om my gestel altyd te lig en my altyd lus vir die lewe te maak voel met haar teenwoordigheid, sy straal ʼn lig van positiwiteit uit. Sy gee my altyd moed vir die toekomend en ondersteun my baie. Ek voel sommer baie gelukkiger as sy in die omtrek is omdat sy altyd ʼn glimlag op haar gesignaleerd het.

Mulan

Stefan se guns telling eienskap vir my is dat hy my altyd motiveer om my doelwitte te bereik. Hy gee my energie en motivering om aan te hou. As hy by my is sien ek kans vir enige iets, omdat hy ondersteunend is en hy laat my veilig voel.

Drome as paartjie:


Ons drome as ʼn paartjie is om geestelik saam te groei en om sterk fondasies saam te nou waar ons saam ʼn lewe kan begin met vriende en familie. Ons sal baie graag deur die wêreld wil toer en nuwe avonture saam aan pak.

Dinge wat die paartjie hou van om saam te doen:


Ons hou baie van avonture, soos bv. musiek byeenkomste, konserte, om te gaan stap in die berg.  Ons hou daarvan om nuwe goed saam uit te toets, ons al twee is lief vir die natuur, so ons geniet dit om na luie park en aap heiligdomme toe te gaan. Asook om per ritte op ʼn wildreservaat te doen.

Rede vir die fotosessie:


Toe @meisiekindfotografie ons benader het, het ons dit met beide hande aangegryp.  Omdat dit die eerste keer was dat ons n fotosessie saam gedoen het.  Ons het dit meer gesien as ʼn avontuur, dit was iets wat ons so baie geniet het en eintlik ook oor ge-stres het, dit was ʼn uitdaging om te sien hoe ons saam voor n kamera sou optree.  Die feit dat ons pragtige foto’s Gerry het van ons saam is ook nog ʼn rede hoekom ons ingestem het.

Inspirasie agter die fotosessie:


Ons wou baie graag foto’s gehad het wat baie uniek en anders is as die normale paartjie fotosessie. Die plek en stel moes baie natuurlik en minimalisties gewees het maar tog ook ʼn WOW effek oordra.

Visie vir ʼn romantiese afspraak:


Mulan – Stefan is nie baie romanties nie, maar daar sal geleenthede wees waar hy baie moeite doen en my regtig bederf, soos bv. ʼn film aand met lekker pizza en ʼn goeie film by die huis onder ʼn fort wat hy self gebou het met feetjie liggies en lakens, waar ons kwaliteit tyd kan saam spandeer. Ek beskou romanties as hy sommer net by my huis opdaag met ʼn bos Blomme of MCC vir geen rede nie. Daar hoef nie altyd spesifieke geleentheid vir ʼn bederf te wees nie, soos ʼn oproep uit die bloute of ʼn verassing waar ek kan sien hy het baie moeite in geuit en somber net vir omdat, beteken baie vir my.

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: