Kleurvolle Somer Trou Inspirasie

As jy dit oorweeg om ʼn somer-troue met helder blomme en dekor te hê, is jy beslis op die regte plek!  Hierdie gestileerde fotosessie is propvol kleurvolle somer trou inspirasie wat jou sal help om jou spesiale dag in ʼn japtrap te reël!  Die talentvolle groep diensverskaffers wys jou dat jy nie vir een oomblik hoef te vrees vir kleur nie – hoe meer hoe beter!  Maar, jy moet wel sekermaak dat al die verskillende elemente mekaar komplimenteer en nie té oorweldigend is nie.  Hierdie gestileerde fotosessie is gevul met idees vir die paartjie se persoonlike styl, skryfbehoeftes, dekor, beligting, paartjie fotosessie, troukoek, en sommer alles wat met ʼn troue gepaard gaan!  Jy kan dit dus gebruik vir inspirasie om jou eie unieke weergawe van ʼn kleurvolle somer troue te beplan, of jy kan die betrokke diensverskaffers kontak om jou droom-dag moeiteloos te beplan.

Rol af vir idees vir ʼn kleurvolle somer troue en onthou asseblief om dié inskrywing met almal te deel.

Wie het die fotosessie gereël?


Calista Vermaak van Daring Decor and Events het die fotosessie gereël.

Inspirasie agter die fotosessie:


Ek het nog altyd gehou van helder kleure – hoe meer kleur hoe beter!  Ek het gedink dat dit perfek sal werk vir somer troues.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Ek het uitgereik na Unaresa (Fern Green Photography) en Wilme van Niekerk (Cradle Valley Guesthouse) in die hoop om hierdie fotosessie ʼn realiteit te kan maak.  Toe ek die groen lig van albei gekry het, het ek en Unaresa begin beplan!  Ons het van albei kante af die res van die verskaffers bymekaar gekry, en wat ʼn ongelooflike span was dit nie aan die einde nie!  Ek het elke oomblik geniet en dit was wonderlik om almal te ontmoet en nou te weet ek het wonderlike mense om saam mee te kan werk in die toekoms.

Agter die skerms van die fotosessie:


Ons het absoluut geen probleme gehad nie!  Behalwe vir ons perd-model wat met tye ons blomme wou eet, was dit ʼn seepglad produksie!

Merkwaardigste deel van die fotosessie:


Ek dink persoonlik toe ons die sonsondergang foto’s begin neem het.  Dit was net absoluut asemrowend met die berge in die agtergrond.  Natuurlik was die pragtige blomme ook ʼn hoogtepunt!

Dekor:


Ons het besluit op ʼn blomme-loper vir die tafel, omdat ons dit ʼn asimmetriese gevoel wou skep – iets wat mens nie sommer by ʼn troue sal sien nie.  Ons het ook baie helder blomme en die vrugte ingebring om dit daardie regte lewendige somer gevoel te gee.

Die glas borde en helder servet het die tafel saamgebind, omdat dit nie weggeraak het met die tafel nie.  Ons kan ook nie vergeet van die pragtige mosterd chiffon loper wat langs die tafel gehang het nie!  Daardie helder ontploffing van kleur was net wat nodig was om die hele tafel saam te trek.

Kleurskema:


Ons het besluit hoe helderder die kleure, hoe beter!  Ons het van die begin af met ʼn tipe “sonsondergang” pallet gewerk en aan die einde die finale kleure aanmekaar gesit.

Venue en Ligging:


Cradle Valley Guesthouse is vir my een van die mooiste venues!  Wilme en Kobus van Niekerk (die eienaars) het net die mooiste handewerk om Cradle Valley te maak wat dit vandag is.  Dit het begin met ʼn leë stuk plot en is vandag ʼn pragtige venue.

Die rustieke gevoel is vir my pragtig en die oop konsep kapel en die hout tafels in die onthaalarea is ideaal vir daardie wegbreek van die stad.  Selfs hulle kamers is ongelooflik vir gaste wat sal wil oornag!  Die mees bekende deel van die venue, wat ek dink Cradle Valley voor bekend is, is die pragtige groot dam met die berge in die agtergrond.

Trourok en bruidegom pak:


Vir die bruidegom pak het ons besluit op ʼn eenvoudige voorkoms; Cappuccino broek en ʼn tradisionele wit hemp.  Maar, om die blomme gevoel deur te trek, het ons ʼn blomme das van JCClick bygesit.

Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:


Gaan groot en gaan helder!  Moenie bang wees vir kleur nie.  Kleur is iets wat ʼn mens onthou.   As julle iets wil doen wat die oog sal vang en die tonge laat klap, is dit om kleur in te bring by jul trou-dekor.

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: