Darren & Kayla se oulike bosveld fotosessie

Darren en Kayla se oulike bosveld fotosessie is die perfekte inspirasie vir verliefde paartjies wat ʼn fotosessie wil reël.  By Mooi Troues deel ons nie altyd net regte troue en verlowing fotosessies nie.  Ons hou ook daarvan om af en toe ʼn oulike paartjie fotosessie met jou te deel.  Dit help die paartjies wat nie verloof is nie en ʼn fotosessie wil hê, ʼn idee te gee hoe om dit te doen.

As jy ʼn fotosessie beplan en opsoek is na ʼn fotograaf, besoek Mooi Troues se Trougids.  In ons trougids sal jul fantastiese fotograwe vind wat julle fotosessie ʼn sukses sal maak.  Advies wat ons vir verliefde paartjies kan gee vir hul fotosessie is die volgende.   Kies ʼn plek vir jou fotosessie waar julle gemaklik sal wees.  As julle bang is om voor mense foto’s te neem, moet nie.  Kies dan ʼn meer privaat plek.

ʼn Ander brokkie advies is, om te kyk na verskillende fotograwe se werk.  Vra jou kêrel of meisie waarvan hy/sy hou.  Beplan dan om die styl van die fotograaf.  Verskillende fotograwe het verskillende style.  Kies een wat julle die beste uitbeeld.  Geniet Darren en Kayla se pragtige paartjie fotosessie hieronder.

cute couple photosession cute couple photosession

Die eerste ontmoeting:


Ons het ontmoet by die kerk, Woord en lewe in Boksburg.  Ek en Darren albei is deel van die orkes.  Darren en ek was vir lank eers goeie vriende gewees, maar ons was van die begin af al mal oor mekaar, ons was net te hardkoppig om dit te erken! Ons is nou 5 maande in ʼn verhouding.

cute couple photosession cute couple photosession cute couple photosession cute couple photosession

Gunsteling eienskappe van mekaar:


Kayla: My gunsteling eienskap van Darren is hoe lief hy vir God is.  En sy vermoë om almal te laat lag.  Ek is lief vir hoe lief hy my het, en dat hy elke dag seker maak dat ek dit weet.

Darren: Daar is 3 dinge van Kayla wat vir my altyd sal uitstaan, dit is haar liefde vir God en die mense om haar, haar manier van lag in snaakse (asook nie snaakse) situasies, en dat sy altyd die mooi in elke persoon en omstandigheid sien.

cute couple photosession cute couple photosession cute couple photosession cute couple photosession

Dinge wat die paartjie hou van om saam te doen:


Ons hou daarvan om saam musiek te maak, foto’s te neem, nuwe plekke te sien en nuwe mense te ontmoet.

cute couple photosession cute couple photosession cute couple photosession

Rede vir die fotosessie:


Gwen het ons genader om die fotosessie te doen, en ons kon nie vinnig genoeg ja sê nie. Sy is ʼn ongelooflike fotograaf, met so ʼn pragtige hart!

cute couple photosession cute couple photosession

Inspirasie agter die fotosessie:


Ons het dit heeltemal in Gwen se hande gelos, want ons heg haar vorige foto’s gesien en ons was mal oor haar styl.

cute couple photosessioncute couple photosession

Visie vir ʼn romantiese afspraak:


Ons hou daarvan om saam op “road trips” te gaan, sonder om te weet waarheen ons op pad is en die sonsondergange te kyk.  Ons dans graag saam, met of sonder musiek waar ook al ons gaan.  Solank dit kos insluit is Darren gelukkig.

cute couple photosessioncute couple photosession

KOVID 19 se uitwerking op jul verhouding:


Baie mense sien die Kovid-19 tydperk as ʼn baie slegte ervaring, maar vir ons was dit regtig ʼn tydperk waar ons kon groei as ʼn paartjie.  Ons het soveel meer van mekaar en bymekaar geleer.  Alhoewel ons nie regtig kon uitgaan en dinge gaan doen het nie, het ons nogsteeds die beste gemaak van elke oomblik saam.  Dit het ons laat besef dat ʼn verhouding nie altyd net gaan oor hoeveel jy saam kan doen nie, maar hoeveel waarde daar is in wat jy saam doen.

cute couple photosessioncute couple photosession

Klik hier vir diensverskaffers