Christopher & Hogan se troue

Dit was liefde met eerste oogopslag toe Christopher die mooi blou oog meisie tydens ‘n vakansie in Natal ontmoet. Op 31 Desember 2013 vra hy haar op die rotste van Jongensfontein se strand, met bruisende branders in die agtergrond, om met haar te trou. Daar moes nog meer water in die see loop voordat hulle die knoop deurhaak .

Op hul troudag straal Hogan in ‘n elegante trourok van Chiqwawa. Die skouers is afgerond met delikate kant aan die bostuk wat die bruid perfek pas. Dit is ‘n droom rok wat Hogan soos ‘n prinses laat voel. Alhoewel die bruidegom se senuwees geknaag het, het hy ontspanne gelyk in ‘n wit hemp en kakiebroek met kruisbande.

Die fotograaf, Mandi Scholtz, vaar uitstekende in haar taak om op die paartjie se groot dag elke oomblik mooi  vas te vang sodat hulle die herinnering vir ewig kan koester. Die paartjie sit kaalvoet op die rotse en herroep waarskynlik die dag toe hulle op die rotse verloof geraak het.  Ons hou van die foto van Hogan wat ‘n spesiale oomblik met haar bruidsmeisie deel. Die paartjie verlaat die kerk terwyl familie en vriende  roosblare oor hul strooi. Albei straal van geluk met die besluit wat hulle saam geneem het om altyd seker te maak dat hulle toekomsdrome en doelwitte in die lewe dieselfde sal bly.


Christopher en Hogan se troue op Mooi Troues_0001 Christopher en Hogan se troue op Mooi Troues_0002 Christopher en Hogan se troue op Mooi Troues_0003


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ons het mekaar vir die eerste keer by Natalspa in 2007 ontmoet. Dit was Desember vakansie en het ‘n gevoel gehad dat dit definitief meer as net ‘n vakansie romanse sal wees. Dit was definitief ‘love at first sight’!


Christopher en Hogan se troue op Mooi Troues_0004

 

 

Christopher en Hogan se troue op Mooi Troues_0005Christopher en Hogan se troue op Mooi Troues_0006Christopher en Hogan se troue op Mooi Troues_0007 Christopher en Hogan se troue op Mooi Troues_0008


Hoe het julle verloof geraak?

Christopher het my in Jongensfontein, op die rotse, op die 31 Des 2013, gevra om te trou.


Christopher en Hogan se troue op Mooi Troues_0009Christopher en Hogan se troue op Mooi Troues_0010


Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?

Ons was 8 jaar saam.


Christopher en Hogan se troue op Mooi Troues_0011 Christopher en Hogan se troue op Mooi Troues_0012


 

Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Kommunikasie is definitief een van die belangrikste elemente om in jou verhouding aan te leer en toe te pas. Sorteer die klein goedjies uit waaroor julle verskil en maak seker dat julle toekomsdrome en doelwitte ooreenstem.


Christopher en Hogan se troue op Mooi Troues_0013 Christopher en Hogan se troue op Mooi Troues_0014Christopher en Hogan se troue op Mooi Troues_0015 Christopher en Hogan se troue op Mooi Troues_0016 Christopher en Hogan se troue op Mooi Troues_0018 Christopher en Hogan se troue op Mooi Troues_0019Christopher en Hogan se troue op Mooi Troues_0020Christopher en Hogan se troue op Mooi Troues_0021Christopher en Hogan se troue op Mooi Troues_0022Christopher en Hogan se troue op Mooi Troues_0023Christopher en Hogan se troue op Mooi Troues_0024Christopher en Hogan se troue op Mooi Troues_0025Christopher en Hogan se troue op Mooi Troues_0026Christopher en Hogan se troue op Mooi Troues_0027Christopher en Hogan se troue op Mooi Troues_0028


Diensverskaffers:

  • Fotograaf: Mandi Scholtz Photography
  • Kerk: NG Kerk Stilbaai
    Pastoor: Jan Kleynhans
  • Rokke: Chiqwawa