Ons gesels met Lucille Scheepers Photography

Hier by Mooi Troues het ons fantastiese diensverskaffers op ons aanlyn trougids en ons wil ons lesers bekend maak die diensverskaffers.  Dié artikel hieronder is ʼn onderhoud-styl artikel met die vriendelike en talentvolle fotograaf, Lucille Scheepers Photography.  Lucille is ʼn troufotograaf gebaseer in Somerset-Wes in die Wes-Kaap en neem graag troues af om dié provinsie.  Sy noem dat sy graag sal reis om paartjies se droomdag op die mooiste manier vas te vang.  Lucille se styl van fotografie is sag en natuurlik .

Paartjies wat wat besig is om hul troue te beplan moet asseblief afrol en die pragtige foto’s van Lucille Scheepers Photography waardeer.  Lees haar antwoorde op ons vrae en leer die persoon agter die kamera beter te leer ken.

Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography

Vertel ons hoe jy begin het met fotografie?


My liefde vir fotografie het begin toe ek matriek was in 2008.  Ek het in 2009 fotografie en grafiese ontwerp gaan studeer.   2011 het ek voltyds begin foto’s neem.

Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography

Hoe het jy besluit om te fokus op trou fotografie?


My droom was nog altyd om troues af te neem.  Ek het in 2012 my eerste troue afgeneem.  Ek is baie lief daarvoor omdat ek glo elke troue ʼn unieke liefdes sprokies verhaal vertel.

Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography

Waar is jy geleë en waar is jy beskikbaar om paartjies se troues af te neem?


Wes-Kaap, Somerset-Wes – Ek het al oral oor Suid-Afrika foto’s geneem.  Ek is meestal beskikbaar in die Wes-Kaap.

Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography

As jy nie ʼn trou fotograaf was nie, watter werk sou jy graag wou doen?


As ek nie ʼn trou fotograaf was nie, sou ek in die skoonheid bedryf gewees het.  Ek sou ʼn skoonheid terapeut gewees het.  Nes foto’s neem hou ek van skoonheid.  Seker hoekom ek my “editing” natuurlik en mooi hou.

Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography

Van waar vind jy inspirasie vir jou pragtige foto’s?


My inspirasie kry elk by elke bruidspaar – hulle  vertel my hul eie liefdes storie en dit inspireer my om elke troue uniek af te neem.  Dis vir my lekker om elke paartjie te ontmoet en hulle beter te leer ken.  Te sien hoe lief hul mekaar het.  Dis die “magic” in my foto’s.

Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography

Indien Mooi Troues se lesers jou wil boek, hoe sal dit werk?


Toekomstige bruide kan my boek deur vir my ʼn epos te stuur na info@lucillephotography.co.za met die volgende volledige inligting.  Naam, Van, Area en hul gekose datum.  Ek sal terugvoering gee oor my beskikbaarheid.  Besprekings word verkieslik 6-12 maande vooraf bespreek.

Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography

As jy een plek in die buiteland kan kies waar jy graag ʼn troue wil afneem?


Definitief Italië of Parys  – Dis beide baie romanties en ek is mal oor die stede self.  Ek sal graag eendag daar ʼn troue wil doen.

Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography

Watter advies kan jy gee aan paartjies wat opsoek is na ʼn trou fotograaf?


Kies jou trou fotograaf reg.  Jy moet gemaklik wees met hom/haar.  Weet hoe haar “style” van af neem is en ek dink om ʼn verhouding met jou fotograaf te hê maak jou troudag net soveel lekkerder.

Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography Lucille Scheepers Photography

Artikel Krediet

Mooi Troues Diensverskaffers:

Klik hier vir meer diensverskaffers