Erlou & Megan se Rustieke Klein Karoo Troue naby Ladismith

Erlou en Megan het hul trou naby Ladismith, in die hartjie van die Klein Karoo, gevier met ’n styl wat ʼn eenvoudige atmosfeer uitstraal. Die fokus was op ’n ontspanne, rustige atmosfeer wat die natuurlike skoonheid van die omgewing beklemtoon het.

Megan se trourok is ’n harmonieuse kombinasie van twee style wat klassieke elegansie met ’n moderne flair saamsmelt. Die bokant van die rok bekoor met ’n delikate kant ontwerp wat oorgaan in ’n lae, elegante oop rug. Hierdie fyn kantwerk word pragtig gekontrasteer deur die onderkant van die rok, waar die fokus na tekstuur en beweging verskuif. Die romp is gemaak van ’n ryk, vloeiende materiaal wat met elke tree grasieus saam beweeg. ’n Waaghalsige, dog stylvolle hoë spleet voeg ’n speelse kinkel by die silhoeët en beklemtoon die moderne aanslag van die ontwerp.

Erlou het haar pragtig aangevul in sy bruin troupak. Die aardse skakering het perfek by die Karoo-landskap ingepas en ’n warm, gesofistikeerde gevoel aan die paartjie se algehele voorkoms verleen.

Die dekor styl was minimalisties, met ’n sagte saliegroen kleurskema wat die buitelug na binne gebring het. Tafels is versier met bloekomblare en olyftakke, terwyl blomme spaarsamig gebruik is. ’n Oorvloed klein liggies het ’n warm atmosfeer geskep en die natuurlike groen skakerings pragtig beklemtoon.

Paartjies wat droom van ’n soortgelyke, rustige Karoo troue kan gerus Mooi Troues se aanlyn trougids besoek om die ideale diensverskaffers te vind.

Trourok:


Vir baie bruide is die soektog na die perfekte rok ʼn ontdekkingsreis. Dit is algemeen dat ʼn bruid aanvanklik onseker is oor die spesifieke styl of silhoeët wat haar die beste sal pas. Die proses behels dikwels die pas van verskeie style-van die klassieke “A-lyn” en “Ball Gown” tot die meer moderne “Mermaid” of “Sheath” ontwerpe. In baie gevalle vind bruide dat hulle elemente van verskillende rokke bewonder, wat lei tot die behoefte aanʼn pasgemaakte ontwerp.

In my eie ervaring het ek aanvanklik geen vaste idee gehad van watter tipe rok ek wou hê nie. Dit was eers nadat ek verskeie rokke gepas het, dat ek besef het my droomrok bestaan uit ʼn kombinasie van twee verskillende style. Ek was verlief op die bokant van een rok, wat ʼn elegante oop rug gehad het, maar ek het die onderkant van ʼn ander rok verkies as gevolg van die materiaal en spleet. Hierdie kreatiewe samesmelting het my toegelaat om ʼn unieke voorkoms te skep wat beide klassieke elegansie en moderne flair. Die keuse van materiale soos kant, en die presiese meting van die liggaam om ʼn perfekte pasvorm te verseker. My rok het my verwagtinge oortref en was so gemaklik.

My een vereiste was dat ek MOET lekker daarin kon dans en ek HET!

Verloof- en Trouringe:


Ek het begin kyk na ringe maar in my kop het ek geweet ek soek iets anders, iets buite gewoon. Ek het ʼn paar voorbeelde op die internet gekry en vir Erlou gewys, toe kom ek op Ivanka se Instagram profiel (Ever vow) af en sien ʼn ring só naby aan wat ek wou gehad het en haar page was meer as net ringe, dis was vol van Jesus, gebed en convenent! Presies wat ons voor gebid het.

Ons het ʼn koffie date met Ivanka gehad om te beplan hoe my ring gaan lyk en die excitement was real. Sy was so opgewonde saam met ons en hierdie hele journey van die eerste keer tot die eindproduk was ʼn absolute blessing gewees.

Ek het die aand toe sy vir Erlou laat weet het die ring is klaar (via my ma, ek het later eers alles uitgevind ʼn droom gehad dat my ring kla is, maar Erlou het net gesê nee dit is nie en weggestap want hy sukkel om geheime te hou.

ʼn Week later het Erlou my gevra om te trou. My troupant het sy ook gemaak en pas perfek in my verloof ring in.

Paartjie se Verlowing:


ʼn Rustige Saterdagmiddag drink ons koffie saam met my ouers onder die boom. Ek en Erlou het beplan om die aand te gaan uiteet met ʼn geskenkbewys wat my ma by ʼn vriendin gekry het, maar besluit toe om dit vir ons te gee (min wetend dit was alles deel van die plan).

My pa vra toe of Erlou en my boetie, sal ry na die kruis toe in Oudtshoorn wat my pa ʼn paar jaar terug laat opsit het, om te kyk of hulle dalk die ligte van die kruis aan die brand kan kry. Ek noem toe dat ek en Erlou planne het vir die aand en vra of hulle dit nie liewers more kan gaan doen nie, maar Erlou stem ten volle in en sê dis doodreg so oom, ons sal dit gaan doen. Hulle is daar weg.

Na so uur en ʼn half sê my ma ek kan maar solank gaan regmaak vir die aand, sy sal my sommer by Erlou gaan aflaai. My ma kry toe ʼn oproep van “my ouma” en al wat ek hoor is dis doodreg ma ek sal die biltong bring (Ek het later gehoor dat dit Erlou was, wat die ring vergeet het en gevra het my ma moet dit saambring).

Erlou het my by my ma kom optel en gesê ons moet net gou weer ry na die kruis toe want my boetie is nog daar en hulle sukkel om die ligte aan te kry. 25 Mei 2024 het Erlou my bo by die 14 meter kruis in Oudshoorn gevra om te trou. Jesus se teenwoordigheid was so tasbaar gewees, met die mooiste sonsondergang wat Oudtshoorn al ooit beleef het. Ons het saam nagmaal gehou en Bybel gelees. Daardie aand het ek verloof geraak aan my eerste kêrel.

Trou Dekor en Styl:


Vir my troue het ek besluit op ʼn styl wat spreek van eenvoudige elegansie en natuurlike skoonheid.

Die algehele styl was minimalisties maar atmosferies, met die fokus daarop om ʼn ontspanne omgewing van rus te skep.

My kleurskema was ʼn sagte sage-groen, ʼn skakering wat die natuurlike elemente van die venue perfek aangevul en die buitelug na binne gebring het.

Die dekor het hoofsaaklik bestaan uit bloekomblare en olyftakke, wat saam metʼn oorvloed van klein liggies ʼn warm atmosfeer geskep het. Deur blomme slegs spaarsamig “hier en daar” te gebruik, kon die natuurlike groen skakerings en die sagte beligting die fokuspunt vorm, wat gelei het totʼn tydlose en gesofistikeerde voorkoms wat presies my visie uitgebeeld het.

Trou Begroting en Beplanning:


Die troue het ongeveer 90 gaste gehad, met ’n totale begroting van R120 000. Die paartjie het hul spesiale dag oor ’n tydperk van 9 maande beplan.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: