Philip & Melanie se Sonsondergang verlowing

Die paartjie, Philip en Melanie, se sonsondergang verlowing is prentjie mooi en dit maak jou hart sommer so warm voel.  Jy kan sien dat Melanie en Philip die fotosessie behoorlik geniet en benut het.  Met sulke pragtige foto’s sien ons uit om hul trou foto’s te sien.

Die paartjie wat in Desember trou vertel dat hul troue ʼn gesellige geleentheid gaan wees met lekker kos, goeie geselskap en lekker musiek.

Daar is soveel redes wat ons kan gee hoekom jy ʼn verlowing fotosessie moet doen.  Een van die redes is om jou meer gemaklik te maak voor die kamera.  Ander is om jou fotograaf beter te leer ken.  Melanie en Philip se rede was om foto’s vir hul nuwe huis se muur te kry!  Dit is ʼn fantastiese rede.  Daar moet altyd ʼn spasie iewers in die huis wees vir goeie herinneringe.

Is jy verloof?  Besoek Mooi Troues se Trougids en vind fantastiese diensverskaffers wat professioneel en betroubaar is vir jou troue. Geniet Melanie en Philip se verlowing fotosessie hieronder.

sunset engagement sunset engagement sunset engagement sunset engagement

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons het ontmoet op Tinder.  Ons was ʼn jaar en 11 maande in ʼn verhouding voor ons verloof geraak het.

sunset engagement sunset engagement sunset engagement sunset engagement sunset engagement sunset engagement sunset engagement sunset engagement

Die groot vraag:


Ons het reg gemaak op kersdag om by familie te gaan eet.  Ek het sy kers geskenkies vir hom gegee om oop te maak.  Toe gee hy vir my ʼn boks met my geskenk (sy ma het hom gehelp met hierdie hele geskenkie).  Die boks het baie lig gevoel.  Binne die boks was ʼn boks met ʼn kaartjie.  Binne die boks was nog kleiner en kleiner boksies met nog kaartjies.

Die briefies was dierbaar.  Dit het beskryf hoe ons al twee deur moeilike tye gegaan het, met Philip wat werkloos was vir amper drie maande en ons al twee wat op geneem was in die hospitaal. In die kleinste boksie was daar niks, net ʼn kaartjie.  Nadat ek die laaste kaartjie gelees het, het ek gedink ‘ag siestog hy het nie tyd gehad om iets te koop nie’ maar toe laat hy my op staan en toe gaan hy neer op sy knieg en vra my om te trou.  Ek was so geskok!

sunset engagement sunset engagement sunset engagement sunset engagement sunset engagement sunset engagement sunset engagement sunset engagement

Hoekom ons mekaar liefhet:


Melanie – My gunsteling eienskap van Philip is die feit dat hy dalk hierdie groot, sterk man is maar sy hartjie is so klein en sag met die mooiste hart.

Philip – Jy glimlag altyd as ek by die huis kom en dit maak alles beter, en natuurlik haar sprankelende persoonlikheid.

sunset engagement sunset engagement sunset engagement sunset engagement

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Nie lank nie.  Ons sou nou September 2020 getrou het, maar ons het toe besluit om te skuif na die 15de Desember 2020.

sunset engagement sunset engagement sunset engagement sunset engagement sunset engagement sunset engagement

Die verloofring:


Philip het vir my lank terug gevra dat ek idees van ringe moet stuur.  Ek het toe ʼn prentjie gestuur en gesê dit is my droom ring, maar ek is te bang om met so groot ring rond te loop.  Philip het toe die prentjie vir sy stief ma gewys en hulle het saam die ring ontwerp en vir ʼn juwelier gevra om te maak.

sunset engagement sunset engagement sunset engagement sunset engagement sunset engagement sunset engagement

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ek en Philip het nie baie foto’s saam nie omdat ek maar skaam is en hy nie van fotos hou nie.  Toe besluit ek net ons moet natuurlik nou foto’s gaan neem van ons verlowing.  Ons het ook huis gekoop onlangs en ʼn hele muur met leë fotorame, so dit is tyd om die raampies vol foto’s te maak.

sunset engagement sunset engagement sunset engagement sunset engagement sunset engagement sunset engagement sunset engagement sunset engagement

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ons al twee is mal oor die bos en nadat ek na ons fotograaf se vorige verlowings fotos gekyk het, het ons besluit oor die bos en natuurlik die sonsondergang.

sunset engagement sunset engagement sunset engagement sunset engagement sunset engagement sunset engagement

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :


Ek is maar bang ek mis iewers iets en dan op die groot dag besef ek dat ek iets groot gemis het.  Ek het die geheue van ʼn goudvissie so ek is maar baie benoud ek vergeet iets.

sunset engagement sunset engagement sunset engagement sunset engagement sunset engagement sunset engagement

Visie vir droomtroue:


Ons wil nie ʼn stywe, tradisionele troue hê nie. Ons wil hê dit moet gemaklik en baie gesellig wees met lekker kos, goeie geselskap en lekker musiek.

sunset engagement sunset engagement sunset engagement sunset engagement sunset engagement

KOVID 19 se uitwerking op jul trou reëlings:


Ons datum was die 11de September, maar ons het besluit dit sou beter wees om te skuif na die 15de Desember as gevolg van die hoeveelheid gaste en die inperking.

sunset engagement sunset engagement sunset engagement sunset engagement

Klik hier vir diensverskaffers