Andante Country Wedding & Events Venue se opedag

Andante Country Wedding & Events Venue se Opedag was werklik iets besonders.  Dit was meer as net ‘n opedag; dit was ‘n liefdevolle samekoms van familie en vriende om ‘n nuwe begin vir Andante te vier.  Hierdie juweel is geleë tussen groen weivelde en pragtige natuurskoon wat reg deur die jaar blom.  Die venue is warm en hartlik en weerspieël ware liefde en omgee.  Elke werknemer is toegewyd om vir paartjies ‘n unieke en spesiale ervaring op hul troudag te bied.  Andante se doel is om elke paartjie wat op hulle plaas die ja woord sê, deel van die familie te maak.  Hul familie brei elke naweek uit en die liefde word vasgevang tussen die mure van die huislike venue.

Andante Venue Andante Venue Andante Venue

Andante Venue se storie


Andante is uit liefde gebou.  Vriende en familie het bymekaargekom en saam gebou aan my ma se droom.  My ma, Troes Keyter, is ‘n jaar terug aan kanker oorlede.  Vandag kyk sy neer op ons en aanskou hoe haar droom vlerke kry.  Die opedag is met die hulp van Maya, ons sjef, Lynley, ons bloemis en Trevor ons dekor verskaffer gereël.  Ons hoop hierdie samekoms ‘n jaarlikse fees te maak.

Andante Venue Andante Venue Andante Venue Andante Venue Andante Venue Andante Venue Andante Venue

Inspirasie vir die opedag


Die inspirasie het gekom met die idee dat Augustus my ma se verjaarsdag maand is.  Ons wou graag iets wil reël ter herinnering aan haar en om haar werk te eer.  Andante is hierdie jaar slegs twee jaar in die bedryf.  Ons kliënte weet dat ons ‘n goeie aanslag het as dit kom by besigheid.  Elke kliënt word deel van ons familie, asook van die geskiedenis van ons venue.  Ons het gepoog om by die opedag ons storie aan toekomstige te kliënte vertel en hulle ‘n voorsmakie te gee van ‘n ervaring by Andante.

Andante Venue Andante Venue Andante Venue Andante Venue Andante Venue Andante Venue Andante VenueAndante Venue Andante Venue Andante Venue Andante Venue Andante Venue Andante Venue Andante Venue Andante Venue

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Die Here het ons bymekaar gebring.  Elkeen van hulle is deel van die top verskaffers in die industrie.  Hulle glo dat ‘n span meer saam kan bereik as een bootjie wat alleen in die groot oseaan dobber.  Maya is al van dag een af deel van die familie;  Ons terg altyd dat sy al deel is van die meubels!  Die res van die span het na my ma se dood gekom.  Ek was heeltemal in die diep kant gegooi en ek moes vinnig leer swem.  Ek het niemand genader nie, almal het net perfek in plek geval en deel van die familie geraak.  Elkeen van ons voel ons het meer as ‘n werk – ons het ‘n passie.  Hulle is my rots en anker; Nie net by die werk nie maar in my hart ook.

Andante Venue Andante Venue Andante Venue Andante Venue Andante Venue Andante Venue

Agter die skerms inligting 


Ek is beslis in die diep kant ingegooi na die bou van Andante.  Enige persoon wat iets nuuts aanpak weet dat mens maar altyd bekommernisse het.  Gaan mense kom? Wat gaan hulle sê?  Daar het baie gebede opgegaan.  Die dag het ‘n reuse sukses uitgedraai!  Meer as 1000 mense het ons kom ondersteun. Ek kon nie vir ‘n beter naweek gevra het nie.  Alles het perfek uitgedraai!

Andante Venue Andante Venue Andante Venue Andante Venue Andante Venue Andante Venue

Die spesiaalste deel van die dag


Net die kans om so iets te kon aanpak was vir my genoeg.  Omdat dit ter herdenking van my ma was, was dit nóg meer spesiaal.  Sondagmiddag nadat almal weg het ek alleen op die stoep gestaan en reflekteer op die sukses van die dag.  Maya vat my toe om die nek en se: “Jou Ma sou trots gewees het.  Dankie dat jy my toelaat om deel te wees van jou lewe.”  Daar het die damwal se sluise oopgegaan en ek het besef dat maak nie saak hoeveel tyd verby gaan nie, my ma se stem sal nooit weer die plek laat lag nie.  Dit is nou my werk.

Andante Venue Andante Venue Andante Venue Andante Venue Andante Venue Andante Venue

Advies wat aan paartjies gegee kan word wat die inspirasie wil volg.


My advies sal wees om seker dat die troue ‘n refleksie is van julle as paartjie; Jy trou immers net eenkeer.  Kies die mense noukeurig saam wie jy wil werk.  Mense wie sie ekstra myl sal gaan wat jou nie net sien as nog ‘n tjek nie.  Mense dink ‘n troue is net ‘n dag, maar troues word maande, selfs jare voor die tyd gereël.  Dus moet jy seker maak dat jy die hele proses geniet. ‘n Troue is twee mense wat voor God hulle ewige liefde aan mekaar beloof; Dit moet mens nooit vergeet nie.  ‘n Mooi gesig raak oud, maar ‘n hart verouder nooit.

Andante Venue Andante Venue Andante Venue

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

  • Spyseniering: Fusion Fantasy
  • Blomme & Dekor: Floral Creations
  • Fotograaf: Boundless Hearts Photography
  • Troukoek: Tart by Werner
  • Musiek: Lee Saunders musiek & Ashton Cusins (verskeie instrumente)