Ryan & Sonnika se mooi troue

Ryan en Sonnika het ‘n baie mooi troudag gehad wat ons bly s dat ons dit vandag met julle kan deel.

Lees onder die paartjie se liefdesverhaal wat gelei het tot dié mooie dag.

Regte Troue Sonnika en Ryan_0001 Regte Troue Sonnika en Ryan_0002 Regte Troue Sonnika en Ryan_0003 Regte Troue Sonnika en Ryan_0004 Regte Troue Sonnika en Ryan_0005 Regte Troue Sonnika en Ryan_0006


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

My boetie het ons voorgestel aan mekaar.  Ons het altwee pas uit verhoudings gekom wat sleg geëindig het, maar op die eerste aand wat ons ontmoet het was dit alles vergete!  Ons kon nie afskeid neem van mekaar nie.  Almal het huis toe gegaan, en ons het nog gekuier.

Toe ons eindelik huistoe wou gaan is die selfoon se battery pap en ons kan nie ons geleentheid bel nie!  Ons het huis toe geloop daai aand – ek onthou my skoene het my seergemaak en daar was ‘n stadium wat Ryan my gedra het!

‘n Interessante eerste aand!


Regte Troue Sonnika en Ryan_0007 Regte Troue Sonnika en Ryan_0008


Hoe het julle verloof geraak?

Ons was vir ‘n paar dae by Stormsrivier.  Ons het die Otter wandelpad geloop, en onder die waterval verloof geraak.  Dit was baie romanties, daar was niemand toe Ryan my gevra het nie, en net daarna het ander mense opgedaag net betyds om ‘n paar fotos van ons te neem in die oomblik.


Regte Troue Sonnika en Ryan_0009 Regte Troue Sonnika en Ryan_0010 Regte Troue Sonnika en Ryan_0011 Regte Troue Sonnika en Ryan_0012


Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?

Ons is so 4 jaar saam toe ons verloof geraak het, en daarna net oor twee jaar verloof!

Dit was ‘n lang verhouding anngesien ons albei nog studeer het toe ons ontmoet het, en toe moes spaar vir die troue.


Regte Troue Sonnika en Ryan_0013 Regte Troue Sonnika en Ryan_0014 Regte Troue Sonnika en Ryan_0015 Regte Troue Sonnika en Ryan_0016 Regte Troue Sonnika en Ryan_0017 Regte Troue Sonnika en Ryan_0018 Regte Troue Sonnika en Ryan_0019 Regte Troue Sonnika en Ryan_0020


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Ons advies sal wees om nie te ‘settle’ nie.

Met ons trou beplanning het ons baie keer die antwoord gekry “mens kry dit nie in P.E. nie”.  Ons wou byvoorbeeld elektriese kandelare vir ons onthaal gehad het, en dit het baie tyd en afsprake met verskaffers geneem om reg te kry. Ons is so bly dat ons aanhou soek het, en op die ou einde die troue van ons drome gehad het.  Ook, die klein goedjies maak saak, en mense sal agter kom as jy moeite en tyd daaraan spandeer het.

Dit gebeur net een keer, maak dit spesiaal!


Regte Troue Sonnika en Ryan_0021 Regte Troue Sonnika en Ryan_0022 Regte Troue Sonnika en Ryan_0023 Regte Troue Sonnika en Ryan_0024 Regte Troue Sonnika en Ryan_0025 Regte Troue Sonnika en Ryan_0026 Regte Troue Sonnika en Ryan_0027 Regte Troue Sonnika en Ryan_0028 Regte Troue Sonnika en Ryan_0029 Regte Troue Sonnika en Ryan_0030 Regte Troue Sonnika en Ryan_0031 Regte Troue Sonnika en Ryan_0032 Regte Troue Sonnika en Ryan_0033 Regte Troue Sonnika en Ryan_0034 Regte Troue Sonnika en Ryan_0035

Diensverskaffers: