Brendon & Marilise se bruilofsfees

Duck Point Vaal River Wedding & Function Venue

Brendon & Marilise het presies geweet wat hul vir hul elegante troue wil hê en die eindresultaat was perfek.  Die venue, trou dekor en Marilise se trourok is presies wat hul vir hul troudag in gedagte gehad het en hul het net lof vir dié diensverskaffers.

Hulle deel wel met Mooi Troues se lesers dat hul ongelukkig was met een van hul trou diensverskaffers.  Mooi Troues se lesers kan self meer hier oor lees hier onder.  Ons trots ons self daaraan om met betroubare trou diensverskaffers te werk.  Mooi Troues se lesers kan gerus voel en baie maklik trou diensverskaffers opspoor op Mooi Troues se ingeboude aanlyn trougids.  Klik eenvoudig hier om na ons aanlyn trougids te gaan.

Rol af en geniet Brendon en Marilise se elegante troue.

diaan daniels elegante troue elegante troue elegante troue elegante troue

Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?


Datum: 18 Augustus 2018 en ouderdom: Albei 25 jaar oud

Dit was die enigste datum wat die venue beskikbaar gehad het in Augustus en dit het so uniek uit gewerk ons was 8 jaar saam en het op die 18de van die 8ste maand 2018 getrou.

Diaan Daniels elegante troue Diaan Daniels elegante troue elegante troue Duck Point Vaal River Wedding & Function Venue elegante troue sa wedding photographers sa wedding photographers sa wedding photographers sa wedding photographers diaan daniels sa wedding photographers sa wedding photographers

Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?


Ons was saam op skool gewees van Graad 1 af.  Het mekaar nooit raak gesien nie tot en met Graad 10.  Brendon het my uit gevra na ons Engelse vraestel en daarna was ons saam vir 3 jaar tot hy die groot vraag gevra het.  Hy het my verras en een middag na klas opgetel en ons is na sy ouers se huis toe waar hy ‘n groot hart uit roos blare gemaak het en op sy knie gegaan op 6 Februarie 2013.

sa wedding photographers sa wedding photographers sa wedding photographers sa wedding photographers sa wedding photographers sa wedding photographers sa wedding photographers sa wedding photographers sa wedding photographers sa wedding photographers

Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?


Dit is elke meisie se droom om eendag ‘n trourok te kry wat haar spesiaal gaan laat voel op die groot dag.  So het ek ook sekere rokke in gedagte gehad en baie rokke aan gepas, maar niks het my soos n prinses laat voel nie.  Ek het toe by Diaan Daniels Couture ‘n afspraak gemaak vir my droom trou rok.  Die oomblik toe ek die regte rok aan getrek het, het ek myself gesien in die kerk staan en kon ek net nie die trane keer nie.  Op daardie stadium het ek dadelik geweet dit is my droom trourok.

sa wedding photographers sa wedding photographers sa wedding photographers sa wedding photographers bridal couple bridal couple sa wedding photographers sa wedding photographers sa wedding photographers sa wedding photographers sa wedding photographers bridal couple

Vertel ons meer van jul ringe.


Ek wou baie graag my verloof ring gehou het omdat ek mal is daaroor en dit vir my baie sentimentele waarde dra.  So ons het na die plek toe gegaan wat my verloof ring ontwerp het om vir my trou pant te ontwerp wat by my ring sal pas.

Brendon wou ook ‘n unieke ring gehad het.  Ons het baie gesoek vir mooi mans ringe en op die einde vir hom n “hout/ titanium” ring laat maak in die Kaap.  Ek het ook aan die binne kant vir hom ‘n boodskap laat graveer wat hy dan op ons trou dag eers gesien het.

sa wedding photographersbridal couplediaan daniels diaan daniels

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.


Ons fotograaf was Stafan Kotze van Salt ‘n Pepper.  Ons het hulle ontmoet by die trou-skou op Oakfield Farm, waar hulle ‘n stalletjie gehad het.  Hulle is uitstekend en het baie goeie diens gelewer. Ons het ook ‘n besonderse pakket gehad wat absoluut die moeite werd was.   Stefan en sy span het ‘n uitstekende en unieke atmosfeer geskep wat almal op hulle gemak laat voel het.  Ons sal hulle definitief aanbeveel aan ander paartjies.

Ons videograaf Jermaine Naidoo van Camsol video en sy span was net so professioneel gewees.  Die span het ons dag net baie meer spesiaal gemaak, hulle het al die belangrikste oomblikke vas gevang en dit vir ons moontlik gemaak om weer te kan beleef.   Dit was regtig sak pas gewees en uit en uit die moeite werd.  Hulle werk ongelooflik saam as ‘n span en het verskriklik baie moeite gedoen.

bridal couple bridal couple diaan daniels diaan daniels

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?


Die merkwaardigste deel van die dag was die oomblik toe ons mekaar gesien het in die kerk.  Dit was onbeskryflik gewees, asof ‘n berg van jou skouers af val en of alles en almal net verdwyn en vir daai oomblik is dit net jy en jou man wat ‘n gelofte aan mekaar maak voor God.

As daar iets is wat ons sou verander het,  sou ons ‘n ander platejoggie gekry het.  Ons het baie duur betaal en dit was baie onprofessionele diens, daar was ook baie probleme met die klank gewees.  Haar aandag was baie af gely deur die metgesel wat sy op aangedring het.  Buiten dit het dit ons nie onder gekry nie ons het ons gate uit geniet en heel aand lekker gedans.

diaan daniels diaan daniels diaan daniels elegante troue

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Ek het die venue op Via TV gesien en dadelik geweet dis waar ek wil trou.  Ek het my man gebel en hy het gesê ek moet kyk of ek ‘n afspraak kan kry by die venue.  So het ek dadelik gebel en ‘n afspraak gemaak.  Toe Brendon die venue sien het hy dadelik vir my gesê dis ons venue.  Ons het opslag verlief geraak op die venue en dit was perfek gewees vir die elegante en unieke troue wat ons wou gehad het.

Die dekor wou ons elegant en stylvol hê sodat dit by die venue sal pas.  Ek wou ook n moderne Roosgoud effek gehad het om dit meer egosentries te maak.  Voor die troue het ek baie foto’s gesoek op Pinterest en ek moet se dit was ‘n groot inspirasie gewees.  Soms verander mens se idees, maar Flower and Decor Spot het presies verstaan wat ons wou hê en hulle het absoluut top professionele diens gelewer.

elegante troueelegante troue

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Bruid se advies: Neem soveel as moontlik van jou dag in.  Moet nie stres op die dag van die troue oor klein goedjies nie, alles sal uit werk soos wat dit moet.  Onthou jy trou net een keer so moet nie skik vir minder as wat jy oor gedroom het nie.

Bruidegom: Ek dink dit is belangrik om dans lesse te vat.  Dit gee mens net meer self vertroue.  Onthou dit is jou dag ook maak seker jy geniet elke oomblik van hierdie spesiale dag, want dit gebeur net een keer.

elegante troue Duck Point Vaal River Wedding & Function Venue

Vertel ons meer van jul Wittebrood


Ons was Mauritius toe vir ons wittebrood met ‘n “alles ingesluit” pakket, wat stunning was.  Ons het in Maritim Hotel gebly wat vir ons uitstekende diens gelewer het.  Hulle het regtig uit hulle pad uit gegaan om seker te maak ons was gelukkig.  Ons kon met die pakket van al hulle fasiliteite gebruik het byvoorbeeld, alle kosse, alle skemerkelkies en peuselhappies, snorkel, roei boot, kajak, water ski en natuurlik die spa.  Daar was kerslig en son sak etes op die strand, wat onvergeetlik was.  Ons beplan om elke jaar ten minste een keer terug te gaan vir vakansie.

wedding cakes wedding cakes

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou? Hoeveel gaste het julle onthaal?


Ons begroting was R191 500.00 gewees met alles in gesluit.  Ons het so veel moontlik by die begroting probeer hou deur op ander plekke wat minder belangrik was te sny; byvoorbeeld op dankie sê geskenke (Elkeen het n Spa hamper gekry). ‘Ons moes op die einde meer betaal het vir die bruidegom se ring, ekstra blomme vir die tafels en in die kerk, dans lesse en n vrylik beskikbare gin kroeg.  Die totaal vir die troue was toe gewees R207 576.30

Ons wittebrood het ons nie n begroting voor gehad nie, maar die koste van die wittebrood was R 64600.00

Totaal= R 272 176.30

Ons het net 60 gaste gehad so dit was ”n klein troue met net die naaste familie en vriende.  Deur die troue klein te hou kon ons alles doen en maak soos ons dit graag wou gehad het.

chef bosch chef bosch chef bosch

Vertel ons meer oor jul eerste dans


Ons het dans lesse gevat vir ons eerste dans sodat dit perfek moet wees.  Die liedjie wat ons gekies het was “Jy slaan die wind in my seile” van 4Werke.   Ons het die liedjie gekies omdat dit presies beskryf hoe ons albei voel en ons albei het net verlief geraak op die liedjie.  Dis ‘n lekker op gewekte maar tog diep liedjie wat dit die perfekte liedjie gemaak het om die atmosfeer te skep vir die res van die aand.

elegante troue diaan daniels diaan daniels elegante troue

Diensverskaffer: