Cronje & Carika se pragtige troue

Cronje en Carika het by die populêre Bon Cap Wyn Landgoed in Robertson hul pragtige troue gevier.  Hierdie pragtige troue is nog ʼn voorbeeld van ‘n lekker plat-op-die-aarde plaastroue met baie styl.

Carika se trourok is regtig iets besonders.  Die trourok bestaan uit baie detail en die kleur is ook heelwat anders as die gewone roomkleur en wit skakerings.

Hulle helder, steeds sagte kleurskema, het onmiddellik ons aandag getrek en pas perfek by hulle stralende persoonlikhede.

Mooi Troues se lesers kan asseblief afrol om na die pragtige troue te kyk.

_1430 _1431 _1432 _1433 _1434 _1435 _1436 _1437 _1438

Hoe het julle verloof geraak?


Carika: Beste van alles, ek het geen idee gehad nie.  Op 18 Januarie het ons na Tafelberg gegaan om op die Sunset ride te gaan.  Die wind was heeltemal te sterk.  Ons het besluit om terug te kom die volgende dag.  Ek kon nie verstaan waarom hy so teleurgesteld was nie.  Min het ek geweet waarom hy so graag na Tafelberg wou gaan.

Die volgende dag het ons ʼn piekniekmandjie met koffie, toebroodjies, vonkelwyn en ‘n kombers gepak.  Dit was ʼn pragtige dag.  Ons het met die kabel karretjie opgegaan en ʼn asemrowende uitsig gehad. Ons het werklik ʼn beeldskone land. Nadat ons ʼn gemaklike plekkie gevind het en ons toebroodjies en koffie geniet het, het ons net gesit en die skoonheid van die berg en uitsig ingeneem.

Cronje het my toe gevra of dit ʼn perfekte oomblik is vir my? Ek het geantwoord: ” Ja.  Ek is by my gunsteling persoon, bo-op Tafelberg, met die mooiste uitsig op ʼn pragtige dag in die natuur.” Ek het omgedraai, want my selfoon het ʼn geluid gemaak.  Toe ek weer terug draai, was hy op sy een knie en het my gevra om sy vrou te wees.  Ek het ja geantwoord en hy het die mooiste ring op my vinger gesit.  Ek het hom gesoen en begin huil van vreugde.

_1439 _1440 _1441 _1442 _1443 _1444 _1445 _1446 _1447 _1448 _1449 _1450 _1451 _1452 _1453 _1454 _1455 _1456 _1457 _1458 _1459 _1460 _1461 _1462 _1463

Wat het jou troudag so spesiaal gemaak vir jou?


Cronje:

Reg nadat die seremonie klaar is, terwyl die gaste besig was om uit te beweeg, het die liedjie Kiss me, deur Ed Sheeran, begin speel. Alhoewel ons spesifiek gevra het vir hierdie liedjie om gespeel te word, weke vóór die troue, het ek heeltemal vergeet. Die kombinasie van emosies het my heeltemal oorweldig. Dit was soos ʼn Nicholas Sparks movie. Ek het oor gekyk na my pragtige bruid, wat alreeds in trane was en ek het nagevolg. Dáárdie intieme oomblikke tussen ons is verewig gegraveer in my geheue en kan nie na daardie liedjie luister sonder om hoendervleis en ʼn knop in my keel te kry nie.

Carika:

Ummmmm, die hele troue? Veral toe my pa my met die paadjie afgebring het. Al wat ek kon sien was vir Cronje. Ek het nie enigiemand anders agtergekom nie. Dit was net Cronje en ek. Tydens die seremonie het ons na mekaar gekyk en hande vasgehou. Dit was so onwerklik. Ek trou met my beste vriend. Toe die tyd aanbreek om mekaar te soen was dit onbeskryflik. Die liedjie Kiss me wat begin speel het maak soveel emosies wakker en dryf my steeds tot trane.

_1464 _1465 _1466 _1467 _1468 _1469 _1470 _1471 _1472 _1473 _1474 _1475 _1476 _1477 _1478 _1479 _1480 _1481 _1482

Mooi Troues Diensverskaffers:

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: