Die reëlings van jul wittebrood is seker een van dié opwindendste reëlings om te tref gedurende trou beplanning. ʼn Wittebrood moet ontspannend en sorgvry wees. Dit is jul eerste vakansie as ‘n getroude paartjie en die kosbaarste vakansie wat julle ooit sal hê!
Almal is uniek en julle wittebrood moet ‘n ware weerspieëling van albei jul styl, smaak en belangstellings wees. Julle gaan nie noodwendig saam stem op een bestemming nie. Dink dan daaraan om ʼn middeweg te vind deur die vakansie in twee te deel. Daar is altyd opsies – onthou julle gaan om kwaliteit tyd saam te spandeer en te ontspan na al die trou reëlings.
Die opsies is eindeloos! Of dit nou is om een van Indonesië se tropiese oerwoude te gaan besoek, eksotiese drankies op ʼn eiland in Mauritius, Zanzibar of Thailand te drink, of ‘n regte Franse noga in een van die mees romantiese stede te eet, terwyl julle hand aan hand onder die Eiffel toring stap. Niks is onmoontlik nie!
Daar is spesiale winskopies om elke hoek en draai. Daar wag ‘n ongelooflike avontuur wanneer julle jul eerste vakansie saam aanpak en die eerste hoofstuk in julle lewe saam begin.
Gebruik ‘n professionele persoon vir die reëlings
Jy los nie jou trouplanne in ʼn amateur se hande nie, hoekom jou Wittebrood? Gebruik ʼn reisagent wat sommer jou reis advokaat ook word! As jy ʼn reisagent gebruik, hoef jy nie die internet plat te soek vir spesiale aanbiedinge nie. ʼn Reisagent kos nie meer as wat jy op die internet kan kry nie. Inteendeel, jy kan baie baie geld spaar deur ʼn reisagent te gebruik! Hulle het ongelooflike pakkette en laaste minuut aanbiedings.
Met voorkennis van ongelooflike bestemmings, toegang tot die beste pryse na al die trou kostes, asook ondersteuning tot wanneer julle vertrek, sal julle ʼn sorgvrye wittebrood hê.
Vind ook uit of jou reisagentskap ’n wittebrood register (“honeymoon registry”) het, sodat gaste tot jul wittebrood-vakansie kan bydra as ʼn trou geskenk.
ʼn Paar wenke om julle wittebrood reëlings sorgvry te maak:
- Maak ʼn lysie van julle droom bestemmings volgens jul smaak, belangstellings en begin vroeg met die beplanning. Hoe vroeёr jy bespreek, hoe beter pryse sal jy kry. Hoe voller die akkommodasie en vlugte raak, hoe meer styg die prys.
- Moenie te veel plekke wil verken op een slag nie, maar geniet eerder die plekke waarna julle wil gaan. Moenie meer as vier bestemmings kies in een reis nie. Dit kan lank vat om van een stad na die ander te kom en dit vat kwaliteit tyd wat julle saam kan spandeer weg.
- Kyk watter bestemmings bied meer waarde vir geld. Thailand het gereeld ʼn aanbieding waar jy betaal vir 5 nagte en bly vir 7 nagte. Kyk ook na bestemmings wat nader aan Suid-Afrika is, soos Zanzibar en Mauritius waar jy minder sal betaal en langer kan bly.
- Bespaar deur buite seisoen te bespreek. As julle ’n oorsese wittebrood verkies, soek na ’n bestemming wie se buite seisoen tydperk (die tydperk reg voor en na hoog seisoen) met jou reis datums ooreenstem. Dit bespaar geld en voorsien meer privaatheid.
- Oorweeg ʼn alles-insluitende (”‘All inclusive”) pakket. Daar is geen onaangename verrassings nie! Die meeste tariewe sluit vlugte, akkommodasie, etes, aktiwiteite, vermaak, fooitjies, belasting en lughawe belasting in. plaaslike drankies word gewoonlik ook ingesluit – veral in Mauritius en Zanzibar.
Baie belangrike punte wat volg:
- Maak seker julle paspoorte is geldig vir 6 maand na julle terugkom datum. Dit is baie belangrik!
- As julle oorsee gaan, maak seker julle neem reis versekering uit. Dit is baie belangrik vir ingeval jul bagasie verlore raak, of een van julle kry seer aan die ander kant van die wêreld. Jy kan nie oorsee gaan as jy nie reisversekering het nie.
- Maak drie stelle kopieё van al jul reis dokumente en kopieё van jul paspoorte. Hou ʼn stel by die huis en vat twee stelle saam met julle in verskillende tasse.
- Maak seker jou kredietkaart werk as jy oorsee gaan. Bevestig als met die bank voor jy gaan.
- As jy geld ruil, doen dit in die land waar jy gaan, nie in Suid-Afrika nie. Dit is altyd goed om die land waar jy gaan se geld eenheid by jou te hê. Baie van die plaaslike markte neem nie kredietkaarte nie.
- Party lande het inkomende of toeriste belasting. Maak seker jou reisagent vertel jou daarvan.
- Meeste hotelle het Wi-Fi so julle het nie nodig om jul selfone se “roaming” op te sit nie. As jy moet, werk dit goedkoper uit om ʼn sim-kaart in die spesifieke land te koop en ʼn paar rand op te sit.
- As jy oorsee gaan, doen navorsing oor die land waar jy gaan. Jy kan ook jou reisagent vra vir inligting rakende die land.
- Neem ʼn internasionale muurprop saam om jou selfoon of i-Pad te laai of selfs ʼn elektroniese skeermes of “hair straightener” as jy dit sal nodig kry.
- Sit altyd ʼn ekstra stel klere in jou handbagasie,
… en onthou
Bo dit alles – geniet julself, neem baie fotos, wees impulsief en waaghalsig! Die vakansie van jul drome wag op julle; So geniet elke oomblik en maak die meeste daarvan sonder om skuldig te voel.
Kry sommer hier op Mooi Troues ‘n reis-agent
As jy opsoek is na ‘n reis-agent om jou wittebrood of volgende wegbreek te help beplan, kontak Annelize Koorts van Flight Centre Associates. Jy kan haar volg op Facebook vir meer inligting oor wegbreek opsies en professionele advies. Jy kan haar ‘n e-pos stuur deur hier te klik of haar kontak op 082 566 4016. Sy spesialiseer in die reëlings van wittebrood. Met jare se ondervinding as ‘n trou beplanner en meer as 20 jaar in die toerisme en reis industrie.
Artikel Krediet:
- Teks: Annelize Koorts
- Foto’s: Pexels