Floors en Ronelle se groot dag in die mooi Overberg-streek was vol romantiese styl. Die paartjie het gekies om hul liefde te vier by die pragtige Murasie Wedding Venue, ’n venue met soveel natuurlike mooi dat min dekor nodig was. Met ’n eenvoudige maar elegante idee het hulle ’n atmosfeer geskep wat altyd mooi sal bly.
Ronelle se trourok was die perfekte voorbeeld dat die rok waarvan jy droom soms heeltemal anders lyk wanneer jy dit aantrek. Sy het met ’n sekere styl in gedagte begin soek, maar toe sy die heel eerste rok aanpas het alles verander. Dit was glad nie wat sy verwag het nie, maar die rok het dadelik reg gevoel. Geen ander rok kon daarna dieselfde gevoel gee nie. Dit wys net weer dat jou droomrok jou soms op die beste manier verras.
Die trou dekor het gefokus op eenvoud en skoon lyne. Ronelle het besluit om die kleure meestal wit te hou met klein swart detail wat ’n mooi en moderne gevoel geskep het.
In plaas van baie dekor het die paartjie gefokus op sagte beligting. Kerse en feetjieliggies het die ruimte warm, romanties en baie spesiaal laat voel.
Hierdie mooi troue in die Overberg wys hoe besonders eenvoud kan wees wanneer alles met liefde beplan word. Droom jy ook oor jou eie unieke troudag? Besoek Mooi Troues se aanlyn trougids om die perfekte venue en diensverskaffers vir jou styl te ontdek.

Trourok:
Dit was die heel eerste rok wat ek aangepas het en glad nie die idee wat ek in my kop gehad het nie. Maar elke ander rok daarna het net nie reg gevoel nie. Die rok het ʼn korset bo kant, met 2 V-punte. Dit is ʼn pragtige satyn materiaal met ʼn lang sleep wat later ingevou kan word om lekker te dans ook!

Meer oor Murasie Wedding Venue:
Droom jy van ’n moderne plaastroue omring deur mooi natuur? Murasie Wedding Venue bied die perfekte mengsel van styl, liefde en rus. Hierdie bekroonde venue, wenner van die 2021 KFM Best of the Cape-toekenning vir beste trou venue in die Wes-Kaap, het ou klipmure, ’n rustige dam, mooi tuine en ’n besondere seremonieplek onder ’n groot ou eikeboom. Met verskillende blyplek-opsies en ’n ontspanne naweekgevoel is Murasie die ideale plek vir spesiale trou-herinneringe. Besoek Murasie Wedding Venue vir meer inligting.

Paartjie se Verlowing:
Floors moes kamstig rugby oefen, terwyl ek en my Ma gaan shop het in die Kaap. My vriendin het in trane gebel en gevra of ons laat middag kan gaan koffie, op pad na die restaurant het sy my afgelaai op my en Floors se gunsteling padjie na die see. Hy het in die reën (heeltemal onvoorspelbaar) staan en wag, nadat hy die hele padjie met foto’s van ons op gemaak het.

Verloof- en Trouringe:
My verloofring is gemaak uit dun 9kt goud, wat rondom die ovaal steen gaan. Ek het gekies om na die tyd self my troupant te ontwerp en dit is ook 9kt goud in ʼn breër pant wat rondom my ring pas. Floors het sy Oupa (naamgenoot) se ring geërf, wat heel toevallig ook 9kt goud ook is.

Trou Dekor en Styl:
My tema vir die troue was klassiek. Ek wil hê ons kleinkinders moet nog eendag na die foto’s kan kyk en dink dit is steeds stylvol. Ek hou ook persoonlik meer van minimalisme en het besluit om die kleurskema wit met bietjie swart te hou. Ons venue is pragtig en het nie baie dekor verreis nie. My idee was om dat die kerse en fairy lights lig moet skep om die atmosfeer romanties te maak

Trou Begroting en Beplanning:
Met 105 gaste en ’n selfdoen troue wat binne ses maande beplan is, was hul droomdag ekstra spesiaal aangesien die troue gewen is.

- Fotograaf: Candid Photography | Kontak
- Venue: Murasie Wedding Venue| Kontak
- Blomme: Smith Artistry | Kontak
- Bruidegom-pak: Eurosuits
- Dekor: Husband Wife team | Kontak
- Grimering: Straal Sunel | Kontak
- Juweliersware: Tanzanite and Diamonds Hermanus | Kontak
- Koördineerder: Murasie Wedding Venue| Kontak
- Kroegdiens: Murasie Wedding Venue| Kontak
- Musiek: DJ Wessel
- Paartjie se verblyf: Murasie Wedding Venue| Kontak
- Spyseniering: Peaberry catering| Kontak
- Strooimeisie-rokke: Pretpakkie| Kontak
- Tente: Murasie Wedding Venue| Kontak
- Trourok: Once Worn Bridal| Kontak
- Bruid se Trouring: Tanzanite and Diamonds Hermanus | Kontak
- Troukoek: Carla’s Cakeworks| Kontak
- Videograaf: Walker Media| Kontak
- Wittebrood Bestemming: Mauritius – Grande Bay
- Wittebrood Plek: Tarsia Resort and Hotel
