Katjie van die baan gestileerde fotosessie

Ons by Mooi Troues is vreeslik opgewonde om dié gestileerde fotosessie met ons lesers te kan deel en paartjies wat graag dalk hul troeteldiere deel wil maak sal aanklank kry in die foto’s hieronder van die Katjie van die baan gestileerde fotosessie.

Ons sê by voorbaat baie dankie aan ‘n paar Mooi Troues adverteerders wat hierdie besonderse oulike fotosessie moontlik gemaak het.  Strawberry Wedding and Events vir die koördinering en stilering, die pragtige foto’s en oulike video snit heel onder was gedoen deur die talentvolle Perfectblue Photography en die asemrowende venue is 401 Rozendal.

Indien jy opsoek is na algemene inspirasie vir jou troue kan jy afrol en die gestileerde fotosessie se foto’s geniet.



Wie het die fotosessie gereël?


Strawberry Wedding & Events (voorheen bekend as Strawberry events)




Inspirasie vir die fotosessie?


Die inspirasie vir hierdie fotosessie het beslis begin by die Sphynx katte wat deel was van die fotosessie.  Ons wou hulle kleur en mooi natuur bietjie in die fotosessie uitbeeld.





Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Ons het al op vele geleenthede saamgewerk en dit is ‘n absolute fees, ons is almal ‘kreatiewe siele’ en het dadelik van die konsep gehou.








Agter die skerms inligting van die fotosessie?


Om met enige diertjies ‘n foto sessie te beplan is altyd ‘n groot uitdaging, een van die katjies was baie gemaklik voor die kamera en die ander een was bietjie meer skaam.








Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?


Dit is altyd lekker om te sien hoe al die verskillende elemente bymekaar kom, die modelle was ook almal baie gemaklik voor die kamera wat tog altyd ‘n mens se werk makliker maak.









Advies wat aan paartjies gegee kan word wat die inspirasie wil volg?


Om jou troeteldiere by jou troue in te sluit is altyd moontlik, en as hulle daar is kan jy hulle net sowel deel maak van die dag en pragtige oomblikke vasvang.







Diensverskaffers