Edward & Mona-Liza se spesiale plaas verlowing

Edward en Mona-Liza het albei groot planne vir die toekoms gehad voordat Cupido sy ding in die Ermelo omgewing gaan doen het.  Mona-Liza het vir Edward net betyds weggeraap voordat talle meisies vir hom op Boer soek ʼn Vrou sou inskryf.  Hierdie pragtige paartjie se spesiale plaas verlowing kan aan almal bewys dat liefde met die eerste oogopslag nog bestaan!

Edward het met sy sjarme en bietjie sarkasme Mona-Liza se hart laat smelt.  Nadat hy haar hart gewen het, het hy sy mees romantiese truuks uitgehaal en vir Mona-Liza op hul spesiale plekkie op sy plaas gevra om te trou.  Boonop het hy ʼn fotograaf ook gereël om hulle spesiale oomblik vas te vang!

Rol af en geniet Edward en Mona-Liza se verlowing.

Boer soek 'n Vrou Boer soek 'n Vrou Boer soek 'n Vrou Boer soek 'n Vrou

Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?


Edward is ʼn plaas boer in die Ermelo/Estancia omgewing.  Hy het groot geword op die plaas en was in Morgenzon Lanbou Akademie op skool.  Ek (Mona-Liza) het groot geword op ʼn klein plaasdorpie, Hendrina.  Na skool het ek vir langer as twee jaar Amerika en Australië toe gegaan.  Ek het vir ʼn paar weke terug gekom Suid-Afrika toe vir my ouers te kom kuier.  Daarna sou ek weer op my volgende vlug Dubai toe vertrek.

Edward was deur vriende ingeskryf vir Boer soek ʼn Vrou.  Ons albei het groot planne vir die toekoms gehad, minwetend dat sy eerste Facebook boodskap ons albei se toekoms planne so bietjie gaan verander!  Edward het my kom oplaai  by my ouerhuis vir ʼn afspraak.  Ek het ʼn ligte sweet van senuweeagtigheid uitgeslaan toe breek Edward maar die ys met ʼn grappie; Hy het vir my sy bakkie se deur oopgemaak en gesê hy is nie ʼn gentleman nie, hy is net bang ek stamp sy nuwe bakkie!  Net hier was ons Dubai en Boer soek ʼn Vrou planne iets van die verlede.

Ek dink dis die eerlikheid, opregtheid en liefde wat ons van dag een af na mekaar toe aangetrek het.  Hy het my maak lag soos nog niemand vantevore.  Ons het ʼn bottel wyn opgedrink en gelag tot ons nie meer kon nie!  Dit was beslis liefde met die eerste oogopslag.

Boer soek 'n Vrou Boer soek 'n Vrou Boer soek 'n Vrou Boer soek 'n Vrou Boer soek 'n Vrou Boer soek 'n Vrou Boer soek 'n Vrou Boer soek 'n Vrou Boer soek 'n Vrou

Vertel ons wie het wie gevra om te trou?


Edward het my gevra om te trou.  Dit was die grootste verassing van my lewe!  Ek het absoluut niks verwag nie.

Boer soek 'n Vrou Boer soek 'n Vrou Boer soek 'n Vrou Boer soek 'n Vrou Boer soek 'n Vrou Boer soek 'n Vrou Boer soek 'n Vrou Boer soek 'n Vrou Boer soek 'n Vrou Boer soek 'n Vrou

Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?


Ek (Edward) het ʼn baie spesiale plekkie, genaamd die bos, op my plaas.  Dit is gevul met hoë bome, rotse, ʼn waterval en die mooiste natuurlewe!  Ek het Mona-Liza al baie soontoe vir piekniek afsprake en geselsies gevat.  Ons is albei baie lief vir die natuur; Dus was die bos vir ons ʼn baie spesiale plek om bymekaar te kom en te  ontsnap van die wêreld as dinge te veel raak.  Wyn en kaas op die rotse onder die bome, met die geluide van die waterval het ons soms net terug gebring aarde toe!

Ek het geweet dis hiér waar ek my vrou gaan vra om te trou.  Mona-Liza is ʼn regte plaasmeisie;  Sonneblomme en veldblomme is vir haar mooier as ʼn bos gekoopte rose.  Op ʼn plaas so entjie van myne af, is daar ʼn sonneblom boer.  Toe die ring klaar aan Mona-Liza se vinger is, het sy aangedring ons dat ons na die sonneblom land moet gaan vir nog foto’s!

Boer soek 'n Vrou Boer soek 'n Vrou Boer soek 'n Vrou Boer soek 'n Vrou Boer soek 'n Vrou Boer soek 'n Vrou Boer soek 'n Vrou

 Wat het jul laat besluit oor die verlowing fotosessie?


Die verlowing fotosessie was ook deel van die verrassing vir Mona-Liza.  Ek het met een van Mona-Liza se gunsteling fotograwe en vriendin, Zanje Faure gewerk.  Sy het my ook gehelp het om die hele verrassing te beplan; Ons manne kort soms net ʼn vroulike hand met daardie finale afronding!

Boer soek 'n Vrou Boer soek 'n Vrou Boer soek 'n Vrou Boer soek 'n Vrou Boer soek 'n Vrou Boer soek 'n Vrou

Vertel ons meer wat het jul ingedagte vir jul droom troue?


Ons albei weet wat ons wil hê as dit by ons troue kom; Vir ons gaan dit egter meer oor die liefde en die storie agter die troue as oor die rok en die koek.  Ons het nog niks beplan nie, maar ons werk daaraan.  Niks jaag ons nie. Vir nou geniet ons mekaar, ons jong liefde en die splinternuwe fase in ons albei se lewens.

Boer soek 'n Vrou Boer soek 'n Vrou Boer soek 'n Vrou Boer soek 'n Vrou Boer soek 'n Vrou

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: