Wenke vir ʼn verlowing fotosessie

As jy hierdie artikel lees, is daar ʼn goeie kans dat jy reeds besluit het om ʼn verlowing fotosessie te beplan.  Verlowing fotosessies kan ʼn senutergende proses wees, veral as jy of jou ander helfte ongemaklik voor die kamera is.  Of jul alreeds verloof is, of nog net oor die idee daarvan gepraat het … Wil ons graag ʼn paar wenke vir ʼn verlowing fotosessie aan ons lesers gee, om lesers te help om meer voorbereid en gemaklik te voel oor hul verlowing fotosessie.  Hou hierdie wenke in gedagte voor jou komende verlowing fotosessie!

Laat jou inspirasie vloei en laat jou kreatiewe kant uit kom


Daar is ʼn goeie kans dat julle ʼn paar idees vir jul troudag het.  Miskien iets wat jy op Pinterest of Instagram gesien het?  Skraap al jou idees bymekaar en stuur dit vir jou gekose fotograaf aan.  Om inspirasie en idees vanaf kliënte te kry laat toe dat ʼn fotograaf jou styl en jou smaak beter leer ken en so sal hul begin dink aan maniere om dit uit te beeld.

ʼn Verlowing fotosessie is die perfekte geleentheid om met ʼn paar kreatiewe idees te speel wat te veel tyd sal neem op die groot dag en jul te lank van jul gaste sal kan wegneem.  By ʼn verlowing fotosessie kan jul, jul tyd neem.  Paartjies kan met die hulp van hul fotograaf die fotosessie mooi beplan en dit sal toelaat dat jul die beste tyd van die dag, bestemming, dalk selfs die beste weer kan kies, om iets super spesiaal te skep!

Leer jul fotograaf ken


Julle sal baie tyd saam met jul gekose fotograaf spandeer op jul troudag.  Hulle sal daar wees om die hele dag vir julle te dokumenteer.  Van voorbereiding tot na die eerste dans, ʼn verlowing fotosessie is ʼn goeie manier om mekaar te leer ken voor die troue.  Hierdeur sal julle nie totale vreemdelinge wees nie.  Maak ʼn afspraak met jul fotograaf vir ʼn ontmoeting vooraf.  Gaan vir ʼn koffie en sit lekker rustig en gesels oor jul verwagtinge, as ook julself en jul toekomstige troudag.

Skep die toneel


Die perfekte bestemming is alles, so voordat julle na jul buurtpark gaan vir verlowings foto’s, dink aan wat julle regtig geniet as ʼn paartjie en watter plekke dit weerspieël.  As jul gunsteling aktiwiteit is om saam ʼn lekker koppie koffie te geniet terwyl jul snoesig op die rusbank sit en Netflix kyk, is ʼn tuis-fotosessie dalk perfek vir julle verlowing fotosessie.  Klik gerus hier om inspirasie op Mooi Troues se webtuiste te kry vir so ʼn fotosessie.

Is julle ʼn avontuurlustige paartjie wat jul naweke deurbring in die natuurskoon?  Beplan dalk dan jul verlowing fotosessie in die bos of tussen die berge!  Paartjies kan self hul gunsteling aktiwiteite, soos fietsry or wildritte in sluit.

Wanneer dit by die bestemming van jul verlowing fotosessie kom, kies vir ʼn plek wat ʼn betekenis vir julle het as ʼn paartjie, soos ʼn bekende woonbuurt wat julle as tuis beskou, of ʼn plek wat ʼn spesiale keerpunt vir jou verhouding was – ʼn eerste afspraak, ʼn eerste “Ek is lief vir jou” ens.  Waar ookal jul kies om die fotosessie te hê, maak seker julle kies iewers waar jul weet julle gemaklik sal voel om te lag, te soen en julself kan wees.

Indien ʼn spesiale plek nie tot gedagte kom nie?  Gaan na Mooi Troues se webtuiste toe om inspirasie te vind van talle verlowing fotosessies.  Dit mag dalk help om idees te kry vir jul verlowing fotosessie.

Wat moet ek na ʼn verlowing fotosessie dra, of bring?


Die simplistiese antwoord: enige iets waarvan jy hou!  So lank jy gemaklik voel en iets dra waarin jy vrylik kan beweeg.  As jy klere kies wat te styf is, sal jy moontlik jou hele sessie spandeer om jou uitrusting reg te trek.  As jy iets kies wat jy nog nooit vantevore gedra het nie, sal jy bekommerd wees oor hoe jy daarin lyk of dalk ontdek dat dit eintlik net nie “jy” is nie.  Al hierdie ongemak sal in jou foto’s kan voorkom en dis die laaste ding wat mens wil hê!  Hierdie foto’s sal jou persoonlikheid verteenwoordigend, en jy moet soos jouself voel en daarom soos jouself aantrek en gemaklik wees teen alle tye!

Het jy kinders of troeteldiere? Bring hulle saam!

Baie paartjies het reeds kinders.  As dit die geval is, maak die meeste uit hierdie geleentheid en bring hulle ook saam om dit in ʼn gesinsportretsessie te maak.  Dieselfde geld as jy troeteldiere het wat ʼn groot deel van jul lewe is.  Bring hulle ook saam!  Troeteldiere kan ʼn fotosessie baie meer gemaklik en spesiaal maak.  Hulle teenwoordigheid beteken die fokus is nie net op julle twee nie.

Indien jul besluit om jul kinders or troeteldier saam te bring, bring ʼn vriend of ʼn familielid saam wat graag die kinders of die troeteldier kan kyk.  Sodat julle twee ook kan ontspan en ʼn paar foto’s alleen kan neem.

Professionele hare en grimering vir jou fotosessie, hoekom nie!

As lesers selfversekerd voel in jul hare en grimering vaardighede, kan jul die volgende wenk oorslaan.  Maar as jy egter nog nooit grimering vir foto’s gedoen het nie, of as jy nie regtig seker is wat om met jou hare te doen nie … Sal ʼn professionele grimering en haarstilis dalk ʼn goeie idee wees!  Foto’s vereis meer grimering as jou daaglikse ‘lippie en maskara’.  Jy wil nie uitgewas lyk op jou verlowings foto’s nie.  Professionele grimering sal maak dat jou natuurlike skoonheid beklemtoon word en mooi opgetel word deur die kamera.

Om ʼn professionele haar en grimering stilis te bespreek vir jou verlowing fotosessie is ook ʼn fantastiese idee.  Sien dit as ʼn toetsloop voor jou troudag!  Soek jy nog na ʼn betroubare grimering en haarstilis in jou area?  Klik hier om na Mooi Troues se trougids te besoek, daar sal lesers talle opsies in die verskeie provinsies vind.

Skeduleer die verlowing fotosessie om die son


Het jy al van die “goue uur” gehoor?  Die term wat gebruik word om die tyd van die dag net voor die son sak se skoonheid te beskryf.  Dit is wanneer jy wil foto’s laat neem as jy daardie pragtige, warm goue lig in jul foto’s soek.  Om bewus te wees van wanneer die son gaan sak is baie belangrik.  Doen ʼn bietjie navorsing en vind uit hoelaat sonsondergang in jul area plaasvind.  Hierdeur sal jul jul dag kan beplan sodat julle genoeg tyd het vir jul verlowing fotosessie, voordat die mooi lig weg is.

Die vroeë middag klink dalk soos ʼn goeie tyd vir foto’s maar dit is nie noodwendig waar nie.  Dit is gewoonlik die besiger tye by verskeie bestemmings en die lig is dan baie “harder”, omdat die son direk oor die hoof is.  Vroeë oggendlig kan ook magies wees!  As julle ʼn paartjie is wat hou van om vroeg op te staan kan jul gerus ʼn sonsopkoms verlowing fotosessie oorweeg.

Maak ʼn dag daaruit


ʼn Verlowing fotosessie kan ʼn dag lange afspraak wees, en hoekom nie.  Dit klink vir ons soos pret!  Deur om ʼn dag daaruit te maak gee dit vir julle nie net genoeg tyd en jul sal nie gejaagd voel nie. Dit gee ook vil jul as ‘n paartjie die geleedheid om ‘n dag saam te geniet en verder te “bond”.  Begin jul dag met ‘n lieflike ontbyt by jul gunsteling koffiewinkel.  Nooi jul fotograaf om jul daar te ontmoet, om ʼn paar foto’s te neem.  Van daar af kan julle na die volgende bestemming toe gaan.  So kan die dag verloop, van plek tot plek.  Tot dat julle jul verlowing fotosessie beëindig, met die perfekte sonsondergang in die agtergrond.

oulike verlowing in Parys

Ter afsluiting


Te danke aan die bogenoemde wenke, is Mooi Troues se lesers nou meer foto-gereed!  Ons laaste, en meeste belangrikste wenk … Onthou om te ontspan en julself ten volle te geniet gedurende jul verlowing fotosessies!

Nou dat jul jul verlowing fotosessie onder die mou het, is dit dalk tyd om te begin beplan aan jul troudag!  Ons verstaan dat dit oorweldigend kan wees en daarom Mooi Troues vir paartjies die perfekte hulpbron saamgestel.  Gaan na ons trougids toe om diensverskaffers te vind vir enige iets en alles te doen met troubeplanning.

Artikel Krediet