Tobie & Anri se piekniek op ‘n dak fotosessie

Hierdie fotosessie bied inspirasie vir paartjies wat ‘n oulik en romantiese idee soek vir hul verlowing fotosessie in ‘n stedelike gebied.  Baie mense droom van ‘n piekniek op ‘n dak met die uitsigte van die stad.  Tobie en Anri het ‘n heerlike piekniek geniet!  Die sonsondergang en stadsliggies het so ‘n romantiese atmosfeer geskep.  As dit vir jou idillies klink, rol af en geniet Tobie en Anri se verlowing foto’s.

Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?


Ons was op lentedag, in ons eerste jaar van universiteit, aan mekaar voorgestel deur ʼn gemeenskaplike vriendin. Ons het deur ons universiteitsloopbane beste vriende geword, gereeld saam koffie gedrink, kerk toe gegaan en raad gegee/gevra.  Daar is egter ʼn tyd en ʼn plek vir alles.  Dit was eers nadat ons saam by my niggie se troue in Oktober 2015 was, waar ons besef het dat hierdie meer as ʼn vriendskap is. Die Here se tydsberekening is net perfek!  My beste vriend het my kêrel geword, en na 3 jaar my verloofde.

Vertel ons wie het wie gevra om te trou?


Tobie het in Augustus verlede jaar gevra dat ons een dag by die Blyde River Canyon gaan stap.  Dit was nie ʼn vreemde versoek nie, omdat ons gereeld saam gaan stap.  Na 2 km in die roete, het ons by die mooiste punt van die staproete, met die mooiste uitsig oor die Blyde Rivier aangekom – Dit was asemrowend!  Tobie het genoem dat ons bietjie rustig moet sit en water drink en biltong eet.  Minwetend dat hy iets beplan, het ek die idee afgeskiet omdat ons nog nie ver genoeg gestap het  om al ‘n breuk te vat nie.  Gelukkig het dit so uitgewerk dat ons dieselfde paadjie weer terug moes stap, en op dieselfde punt waar ons vroeër gestop het, het Tobie my gevra om virewig sy beste vriendin en sy vrou te wees!

Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?


Dit was als Samatha se idee!  Ek het gehoop om iets stedelik te doen omdat ons trou foto’s in die natuur gaan wees.  Sy het ons gevra wat ons gunsteling ete/afspraak idee is en daarna was dit eenvoudig – ʼn dak piekniek met pizza en wyn!

Wat het jul laat besluit oor die verlowing fotosessie?


Ons het glad nie beplan om ʼn verlowingsessie te hê nie, maar SupraPhotography het ʼn kompetisie gehad waar ʼn paartjie ʼn fotosessie van hulle keuse kon wen. Toyt ons verbasing het ons gewen! Sy het ons só gemaklik voor die kamera laat voel.  Ons het haar sommer dadelik vir ons troue ook bespreek!

Vertel ons meer wat het jul ingedagte vir jul droom troue?


Ons sal dit graag so simplisties as moontlik wil hou. Ons wil graag die Here (die grootste bron van liefde) by alle aspekte van die dag intrek en dan die ook die geleentheid gebruik om lekker met ons hartsmense te kuier.

Diensverskaffers: