Stylvol & Elegante Boudoir fotosessie

Vandag se fotosessie is gereël om die vrystelling van fotograaf se webtuiste verder te bemark.  Hierdie fotograaf neem uitstekende foto’s soos onder gesien kan word.  Alhoewel die fotosessie in onderklere is, is dit stylvol en elegant, iets wat nie algemeen te siene is by die tipe fotosessies nie.  Alle diensverskaffers het goed saamgewerk om ‘n natuurlike en elegante fotosessie saam te bring wat tot ‘n fantastiese eindresultaat gelei het.

bridal boudoir photography bridal boudoir photography bridal boudoir photographybridal boudoir photography

Wie het die fotosessie gereël?


Nadia van Wildflower Photography – Ek het die fotosessie gereël om saam die bekendstelling van my webwerf vrygestel te word.

bridal boudoir photography bridal boudoir photography bridal boudoir photography

Wat is die inspirasie vir die fotosessie?


Die inspirasie is Boudoir fotos vir elke vrou.  Om spontaan te wees is al wat jy nodig het.

bridal boudoir photography bridal boudoir photography bridal boudoir photography bridal boudoir photography bridal boudoir photography

Hoe is die diensverskaffers gekies om saam te werk?


Hare & Grimering – Flawless Professional Make Up by Donique – Donique is die pragtige model ook. Venue – De La Mas Bridal Suite – Hulle bruid kamer het die mooiste natuurlike lig wat inkom.  Hulle het ook pragtige meubels wat jy kan inkorporeer. Met onderklere van Cotton on Body , wou ek  graag wys dat jy nie nodig het om duisende rande te spandeer nie.  Een of twee van Cotton on se “bralette” pakkies is perfek.

bridal boudoir photography bridal boudoir photography bridal boudoir photography bridal boudoir photography bridal boudoir photography bridal boudoir photography bridal boudoir photography bridal boudoir photography bridal boudoir photography bridal boudoir photography bridal boudoir photography

Advies aan bruide wat die inspirasie wil volg?


Die beste advies wat ek kan gee is om iemand te kry met wie jy gemaklik voel om die fotos te neem.  Bring maar n bottel sjampanje saam vir die senuwees 😉 En die belangrikste is om dit net te geniet.  Dit is n baie goeie idee vir n eerste huweliks-herdenking indien jy dit nie graag as trougeskenk wil gee nie.  Papier is die tradisionele geskenk vir een jaar, ‘n persoonlike leer album is perfek vir die geleentheid.

bridal boudoir photography

Diensverskaffers